Motoriste moet aanhou e-tol betaal, sê ANC

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste moet voortgaan om hul e-tolrekeninge te betaal terwyl die stelsel hersien word, het die ANC in Gauteng gesê.

“Daar is ʼn wet wat deur die regering goedgekeur is, so hulle moet voortgaan om te betaal terwyl ons probeer om ʼn oplossing te vind,” het Paul Mashatile, provinsiale voorsitter, aan joernaliste gesê. Hy het dié uitlatings gemaak nadat die ANC sy voorlegging gedoen het aan die paneel wat die e-tolstelsel ondersoek.

Die paneel het tydens die voorlegging vir Mashatile gevra of die ANC bereid sal wees om ʼn kompromie aan te gaan rakende sy siening oor die e-tolstelsel. Mashatile het gesê hulle sal volstaan met wat die mense wil hê. “Om vir ons mense te sê hulle sal betaal al hou hulle nie daarvan nie…ons sal nie dit ondersteun nie. “Ons verteenwoordig die mense wat hardop huil en vra dat ʼn las van hulle skouers verwyder word.”

Mashatile het gesê daar is lesse geleer rakende die verwerping van die stelsel en dat die publiek van mening is dat hulle nie behoorlik gekonsulteer is voor die stelsel die groen lig gekry het nie. “Ons moet aanvaar dat ons ʼn langer konsultasieproses moes gehad het.” Volgens die ANC moes daar alternatiewe oorweeg geword het voor die stelsel geïmplementeer is. Die party het voorgestel dat die brandstofheffing verhoog word om die koste van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) te delg.

David Makhura, premier van Gauteng, het die paneel in Julie op die been gebring om die sosio-ekonomiese impak van e-tol in Gauteng te ondersoek. Die paneel sal maandelikse verslae indien en moet teen 30 November ’n finale verslag en voorstelle aan Makhura verskaf.

Klik hier om vorige berigte oor e-tol te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Boesman ·

“Motoriste moet voortgaan om hul e-tolrekeninge te betaal terwyl die stelsel hersien word, het die ANC in Gauteng gesê. ”

Ek sal nie.

Estelle ·

ANC versoek! Hoekom? Sodat dit reeds “FAT CATS” nog groter “FAT CATS” kan word!!! Ek sal ook nie betaal nie!

se-net ·

Nie n manier, dat ek betaal nie!!!!!!Nie in hierdie leeftyd nie!!!!!!!!!!

Paul ·

Ek ook nie. Die rekening wat ‘n mens kry gee die koste aan as amper drie maal meer as jou brandstofverbruik is dit in elk geval onbillik en weier ek om te betaal. Die rekening werk gemiddeld uit op R4,70/km en brandstof sowat R1,65/km.

Hans Somsen ·

Sure boet, and please don`t forget the coming Gauteng elections…….. lololol we are `The Movement” and we will gonna break your house down!!! ;-)

scalla ·

waar gaan al die jaarlikse lisensie gelde heen, wat van die belasting op brandstof ens, weier om dit te betaal

Salomie ·

Ons betaal alreeds 2 keer petrol belasting soos dit is…Waarom het zuma die etol stelsel dan goed gekeur van die begin af??? Die regering veroorsaak dat ons land se ekonomie in sy peetjie is…

Paplepel ·

Wag daarvoor. Iemand gaan nog sy mond verbypraat. Ek het so ‘n krieweling in my binneste dat die e-tol moes help betaal vir die wapen transaksies. Daar was baie meer wapens aangekoop as wat in die media berig was.

scalla ·

Is daar nie dalk staats pensioen gelde gebruik vir die oprigting gebruik nie en nou kan dit nie terugbetaal word nie, vra maar net?

Paul ·

Ja, die PIC het die R17miljard belegging gemaak met die Staatspensioenfonds se geld sonder om die bydraende werknemers se goedkeuring te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.