Die regering sal voortgaan met sy strategie dat verbruikers verantwoordelik gehou moet word vir die koste om Gauteng se hoofweë te onderhou.
Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag tydens sy tussentydse begrotingsrede gesê die gewraakte e-tol-projek sal voortgaan en verbruikers sal verantwoordelik gehou word vir die koste, met betalings wat nou sterker afgedwing en gereguleer gaan word.
Hy het verder gesê dit is as gevolg van verbruikers wat versuim om hierdie projek te ondersteun dat die provinsie se paaie besig is om verder agteruit te gaan. “Ons kan nie die netwerk onderhou nie.”
“Ek moedig Suid-Afrika aan om asseblief hul rekeninge te vereffen. Ons moet ʼn kultuur van betaling daar stel, omdat die regering se dienste net voort kan gaan as alle verbruikers, wat kan betaal, wel betaal,” het hy bygevoeg.
Die gebrek aan betalings het ook verdere druk op die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk (Sanral) geplaas, wat sedert 2014-’15 elke jaar ʼn verlies van R1 miljard ly. Luidens die tussentydse begroting, wat deur die Nasionale Tesourie uitgereik is, maak die agentskap nie genoeg geld uit die e-tol-portefeulje om sy operasionele koste te dek of skuld te delg nie.
Op mediumtermyn verwag die Tesourie dat Sanral R10,7 miljard van sy skuld en R10,8 miljard in rente aan die regering sal terugbetaal. Die regering het vroeër ʼn waarborgfasiliteit van R38,9 miljard aan die agentskap gegee, waarvan R30,3 miljard teen Maart vanjaar gebruik is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
115 Kommentare
Ons het nie daarvoor gevra nie, so sal nie daarvoor betaal nie!!!! wat verstaan julle nie!!!!
Jammer, dit is nie die verbruikers se skuld nie. Ons betaal reeds deur ander fooie soos lisensies. Dit is julle wat nie geld kan bestuur nie.
Kom ons moedig munisipaliteite sowel as Soweto ens aan om hulle rekening vir die krag wat hulle reeds gebruik het te betaal voor daar gepraat word van e-tol. Daar word belasting betaal en al wat ‘n heffing op petrol gevra vir die instandhouding van paaie. As ek ‘n verbruiker was wat deur e-tol stelsel geraak is sou ek weier om te betaal. Die publiek het nie vir die e-tol stelsel gevra nie. Dis in hulle kele afgedruk.
Die groot vraag bly nog steeds – waarvoor betaal ons belasting???
Gaan vlieg, ek betaal dit nie. Voorheen nooit sulke onkostes gehad nie en ons paaie was altyd in puik kondisie. Tot ons weet wat gebeur het.