Motoriste moet nóú lisensies hernu

lisensie

Argieffoto.

Motoriste met bestuurslisensies wat reeds tussen 26 Maart en 31 Desember verlede jaar verval het, het net nog twee weke kans om dit te hernu. Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Maandag ʼn waarskuwing aan motoriste uitgereik om voor dán hul motorlisensies te hernu omdat die regering aangedui het dat hy nie die datum weer gaan verleng nie.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het in Desember verlede jaar in die Staatskoerant afgekondig dat alle leerlinglisensies, bestuurslisensies en professionele bestuurspermitte wat tussen 26 Maart en 31 Desember 2020 verval het, maande later steeds as geldig beskou sal word. Dit geld ook vir voertuiglisensieskyfies, tydelike bestuurspermitte en padwaardigheidsertifikate wat tussen 26 Maart en 31 Mei vanjaar verval het.

Die grasietydperk is later tot 31 Augustus vanjaar verleng.

Die AA sê ondanks die verlenging van die grasietydperk het baie mense versuim om hierdie dokumente te hernu. Volgens dié organisasie is dit hoofsaaklik te wyte aan die regering se gebroke lisensiehernuwingstelsel en probleme by bestuurslisensie-toetssentrums.

“Motoriste moes met die hernuwing van hul lisensies talle uitdagings hanteer. Dit sluit in motoriste wat by toetssentrums in lang toue moet staan omdat daar ʼn tekort aan personeel of hulpbronne by die sentrums is. Ons het ook talle e-posse en oproepe van mense ontvang wat kla dat rekenaars, drukkers en oogtoetsmasjiene nie by die toetssentrums werk nie,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

Volgens die AA sal dié probleme daartoe lei dat talle motoriste ná die grasietydperk steeds met vervalle lisensies rondry.

“Dit is tyd vir die regering om die probleme rakende die hernuwingstelsel reg te stel. Ons doen weer eens ʼn beroep op die regering om blywende oplossings vir dié probleme te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anel ·

Bestuurslisensie hernuwings is net geld maak storie. Net soos vuurwapenlisensies se hernywings. Dis soos enige toets wat jy afgê het en geslaag het, of eksamen of graad wat jy behaal het. Dit verval nie. Jy het dit verwerf. Maar nou ja.

Prontuit ·

Miskien moet hulle eers hulle eie kantore in orde bring! of mens kom daar dan is hulle toe weens covid of jy staan ure in die ry net om te hoor “sorry come back tomorrow” so ja ons doen dit graag as ons btji meer samewerking kry!!!!

SjN ·

Ek het myne voor vervaldatum hernu in Januarie 2021 en geen Sms tov ontvangserkenning is ontvang soos aan my meegedeel, na 2 maande verder met navraag deel hul my mee dat daar nie fondse is om kaartjies te druk en uit te reik nie, Ek doen weer in Julie navraag en word meegedeel dat my kaart by hul kantoor is en dat daar nie telefoonlyne beskikbaar is agv nie betaling om aansoekers in kennis te stel nie, Ek het darem my kaart gaan afhaal, uiters swak diens.

DieKriek ·

Ek het drie maande gesukkel om n afspraak te kry, 100 km van waar ek woon. Selfs met n afspraak, wag jy 4 ure om gehelp te word. So, die vingerafdrukke, oogtoets en betaling is gedoen. Dis nou al ses maande en die kaartjie is nog net weg. Ek ry nou maar met die ou kaart en kwitansie. Dis n ellendige gemors. ANC.

casper ·

Die form RSA-200 is baie goedkoper as om ‘n lisensie te probeer kry !!

Hardekwas ·

Die eenvoudigste oplossing sou wees om teen die vervaldatum van die kaart net n nuwe oogtoets deur geakrediteerde oogkundiges na aarto te stuur, en hulle reik dan n nuwe kaart uit. Maar nou ja… hier is min geleentheid vir korrupsie en die poskantoor sal nooit die kaarte aflewer nie. Maar dit bly lekker om te droom.

Oom ·

Paar maande gelede het ek ‘n kennisgewing per e-pos ontvang waarin ek meegedeel is dat my lisensie op ‘n sekere datum sal verval. Gelukking het ek toe reeds ‘n lisensie wat 15 jaar geldig is en wat gratis in 2020 aan my uitgereik was. Die lisensieëringsowerheid wat so gaaf was, het gelukkig geen verbintenis met Mbalula, sy kornuite en hul geldmaakskemas nie.

Emile ·

Ek sukkel al maande lank om n afspraak te kry aanlyn op die E-Natis webtuiste. Ek glo nie ek gaan betyds n afspraak kry om die lisensie kaartjie te hernu teen einde Augustus met hierdie hopelose stelsel nie.

Jana ·

Ek het presies dieselfde probleem Emile. Daar is net heeltyd “0 slots available”

casper ·

Die AA moet maar probeer om ‘n afpraak te kry en dan praat ons weer !!!

Misky ·

My man het na 6 maande se heen en weer gesukkel, skel en skreeu sy lisensie gedoen gekry. Hoor niks van hulle nie en gaan weer terug (natuurlik ure lank in ry gestaan en wag), net om te hoor daar is niks op stelsel nie en die kwitansie beteken vir hulle niks nie. So ons begin die proses van voor af. Nou kan ek boeke skryf oor my en my 17 jarige seun se pogings vir nuwe id kaart…….. Alle stelsels, staatsdepartemente is in sy dinges in!!!!! Ons is in Durban en ek al so ver gery as Tongaat/Ballito en Scottburgh aan die ander kant. Niks werk soos dit moet of behoort te werk nie #verbygatvol

Jana ·

Ek sal met die grootste liefde my bestuurslisensie vernuwe as ek actually ‘n afspraak kan kry op hulle online booking sisteem!!!

Hennie J ·

Hulle lewer geen diens aan ons nie,maar ons moet aan hulle grille en giere voldoen. Kyk mooi, our people gaan nie die spertyd haal nie (want hulle het geen selfdissipline nie) en sal op 31 Augustus alles oorstroom net om dan op uitstel aan te dring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.