Motoriste moet vir e-tol betaal, sê Makhura

Argieffoto

Argieffoto

David Makhura, premier van Gauteng, het motoriste gemaan om by die regering se besluit te bly en vir e-tol te betaal, het die Saturday Citizen berig.

“Ons moet die regering se besluit respekteer,” het Makhura tydens ʼn vergadering by die Gallagher-konvensiesentrum in Midrand gesê. “As ek enigiemand in Gauteng kan raad gee, dan is dit om steeds te bly betaal.”

Makhura het verlede jaar ʼn hersieningspaneel op die been gebring om die sosio-ekonomiese impak van e-tol te ondersoek ná talle versoeke om dit te skrap.

Volgens die Citien het sleutelfigure Vrydag die aanbevelings van die paneel, insluitend ‘n ʼn hibriede befondsingsmodel, bespreek.

Die Demokratiese Alliansie het gesê die vergadering is nie doeltreffend nie, aangesien verteenwoordigers van die Nasionale Tesourie, die SA Nasionale Padagentskap (Sanral) en die departement van vervoer nie teenwoordig was nie. “Die afwesigheid van drie groot rolspelers is ʼn duidelike bewys van die regering se besluit om nie e-tol af te skaf nie,” het Neil Campbell, woordvoerder van die DA, gesê.

Intussen het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê die paneel se voorstel oor ʼn hibriede befondsingsmodel beteken bloot dat motoriste steeds e-tol gaan betaal, maar net volgens ʼn ander model. Alberts het bygevoeg die stelsel het geen politieke legitimiteit nie, aangesien dit verwerp word deur die meerderheid van Gauteng se inwoners.

“Die stelsel ignoreer die feit dat e-tol ʼn simptoom van ʼn groter probleem is, en dit is die heffing van hoë belastings in ruil vir swak of geen dienslewering deur die staat,” het Alberts gesê. “Die weiering om e-tol te betaal is vir die meeste mense ʼn manier om ʼn sein aan die regering te stuur dat hulle nie gelukkig is oor hoe die regering belastinggeld bestuur en aanwend nie.”

Volgens Alberts moet die sowat R30 miljard wat elke jaar verlore gaan weens korrupsie, en die sowat R30 miljard en meer wat verlore gaan weens vrugtelose en onreëlmatige uitgawes, eerder aangespreek word as om bykomende belastings soos e-tol te hef. “Indien die regering net een jaar se korrupsie bekamp, sal hy in staat wees om al Sanral se skuld op een slag te delg. Daarom moet ons teruggaan na die eerste beginsel van die Grondwet wat dit baie duidelik stel dat die staat regverdige, deursigtige en effektiewe kwaliteitsdiens aan die publiek moet lewer.”

Hy het gesê daardie verpligting op die staat word elke dag deur onkundige en skelm staatsamptenare verbreek terwyl die ANC-regering se stappe om dit te bekamp, geen vrugte afwerp nie. “Dit word eerder elke jaar net erger,” het Alberts bygevoeg.

Hy sê die staatsdienskommissie se verslag en die tesourie se oorsigverslag oor publieke aankope bevestig hierdie tendense. Die Instituut van Interne Ouditeure het pas ook bekend gemaak dat die ANC-regering volgens hulle navorsing sowat R700 miljard oor die laaste twintig deur wanpraktyke verlore laat gaan het.

“Daarom sê die VF Plus dat daar moreel geen verpligting op Gautengers is om e-tol te betaal tot die regering sy huis in orde kry nie. Die VF Plus, wat deel is van die Tolkhek-Aksiegroep oftewel TAG, gaan met ander organisasies soos OUTA koördineer sodat die verset teen die e-tolstelsel nog groter kan word. Die VF Plus wil ook ʼn beroep op kiesers doen om in 2016 die ANC uit alle Gautengse stadsrade te skop sodat die VF Plus in ʼn opposisiekoalisie dispuut kan verklaar oor e-tol teen die Gautengse provinsiale regering en die nasionale regering.”

E-tol is in Desember 2013 op Gauteng se snelweë in werking gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Willie ·

Voordat ek ñ poging gaan aanwend om te betaal sal Zuma eers vir sy super kraal moet betaal.

Nina ·

Ja-nee, wragtig! Ek stem 100% saam. Geen sent sal uit ons sakke gaan vir e-tol…NOOIT!

Bruno Stef ·

Makhura het met sy verhore en bevindings net politiek gespeel ANC manier om van die onmiddelike hitte ontslae te raak in die hoop dat alles sal vervaag en verdwyn. Dit is dan ook makliker om rustig n klip in die bos te gooi en te kyk wat dan gaan uitspring miskien wen jou eie siening en is jou aansien by die TROG groter.

JoeV ·

“Ons moet die regering se besluit respekteer,” – U het dit verkeerd om, kom “ons respekteer bietjie die mense met beursies die keer” , sien dis hulle wat gaan bepaal of ander projekte van die soort gaan werk of nie.
Die regering in verwysing is dit die een wat besluit om die geld van inkandla te vergeet, vergeet om kragstasies en hospitale te onderhou, daai regering?

scalla ·

Ek weier, waarvoor jaarlikse lisensie geld, heffings ens, daar is staatsdepartemente se pensioengeld gebruik vir die gemors nou kan dit nie terug betaal word nie , kies vir jou n vinger.

Boesman ·

Die probleem boer, is dat die wat die beursies dra nie veel kan doen om hulle belasting geld te weerhou nie. Dit word deur werkgewers afgetrek van ons salarisse.

Tiaan ·

Die regering lei ons om die bos. Dink terug aan 2009 toe al die paaie reg moes wees en al die beligting op die paaie vir 2010 sokker wereld beker. HOEKOM?? Die paaie moes vir die wereldbeker regwees. Net na dit toe word hierdie perslig hekke opgesit. Het sokker nie dalk betaal vir die paaie se opgradering ? Jy kan nie die ANC en sy ” fatcats” vertrou nie.

Swanna ·

Ek wonder wat dink David Makhura van homself. Hy klink nes ou strotkop. Altyd dreigemente en ‘n klomp twak pratery. Ek wonder wie skryf hulle voor hom hierdie twak kwyt te raak. Wat die e-tol betref was die paaie alreeds daar en dit was dit hoog tyd gewees om hulle te opgradeer soos hulle met die elektisitet netwerk veronderstel was om te doen maar toe gee hulle mos hul self prestasie bonnise en vreet so al die geld op en NOU moet ons betaal vir hulle gemors. Wat ‘n sot kop.

Swanna ·

Tiaan, dit was tyd dat die paaie opgegradeer word en soos die Eskom net werk vir die elektrisiteit wat verondertsel was om al klaar inplek te gewees het. Maar toe gee hulle hul self prestasie bonnise en steel so die geld. Met die paaie kan daar nie weer prestasie bonnise gegee word nie maar op ‘n ander manier moet daar geld ingewin word. So dit is hoekom die tol hekke op gesit is om so geld op ‘n wetelike manier geld by ons te steel.

Theresa ·

Ja betaal en betaal!! Dis al wat julle kan sê as julle monde oopgaan. Geld, geld en nogtands geld. Meer en meer en meer moet van die publiek verkry word. Maar julle het nie ‘n benul hoe om met geld te werk nie. Dis hoekom alles ten gronde gaan. Munisipaliteite, Eskom ens ens ens. En intussen word alles wat nog in ‘n mate staan afgebrand deur mense wat glad nie breins het nie en soos bobbejane almal navolg want geweld is mos die inding. Daar is klein kindertjies wat saam klippe gooi en plunder en lag en spring sodat die TVkameras hulle moet afneem. Goeie hemel – en hulle moet nog grootword……..???

ladybug ·

Dis omdat hy nie ‘n dooie sent betaal nie, gee hy nes die res van die regering nie ‘n d@nner om nie! Maak soos julle wil, ek WEIER om dit te betaal!

Ockert de Reuck ·

Ek sal nie betaal nie. Die reenboog nasie is ‘n grap . Ek was nie ‘n rassis nie hulle maak my nou een.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.