Motoriste sal binnekort moet uithaal en wys

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Motoriste moet hulself staal vir nog ʼn petrolprysverhoging.

Die prys van petrol sal 5 September om middernag aansienlik styg.

Die departement van energie het dié aankondiging Sondag in ʼn verklaring gemaak.

Die verklaring het gelui dat diesel met 44 c en petrol met 67 c per liter sal styg.

Paraffien se prys sal met 49 c per liter styg.

Die departement het laat hoor die hoofrede vir die prysverstellings is omdat die rand verswak het teenoor die Amerikaanse dollar tydens die tydperk wat hersien is, en dat die internasionale pryse vir petroleumprodukte oor dieselfde tyd verhoog het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Werner ·

So siek van hierdie blerrie grap van ‘n regering. Wens ek kon emigreer.

anton ·

Stem saam met jou Werner.
Ek weet nie hoe oud jy is nie maar jy moet alles probeer wat jy kan om die land te verlaat.
Dit is wat ek mee besig is tans want glo my daar is nie n kans in die land meer oor vir die blankes nie en baie gaan dit nog later besef, net jammer dit gaan dan dalk te laat wees vir hulle!!!

Dawid ·

“Motoriste sal binnekort moet uithaal en wys”
Ons is al klaar besig om uit te haal en te wys. Daar is amper niks meer oor nie.

Anoniem ·

Behalwe dat ons permanent moet “uithaal en wys” en onder andere die Pad Ongelukke Fonds onderhou, tap al soe taxi ongelukke dit leeg en wag eisers JARE op uitbetalings en intussen gaan hulle gesondheid agteruit!

Tilla ·

Soos dit nou gaan weet ek regtig nie meer waarvoor ek werk nie. Dit is net om te betaal om soggens by die werk te kom en saans by die huis want daar is vir niks anders geld nie.

Johanna Botha ·

Dis maar die junk status wat nou begin deurtrek …kyk maar hoe dinge vasdraai !

Chevy ·

Die lanbousektor gaan dit ook aan die lywe ondervind want voedsel gaan nou ook duurder word vir almal.
Die verhoging het effek op alles in die samelewing.

Adrian ·

Grootskaalse bedrog op sy beste … die politici het geld nodig

andrea van vuren ·

Staats kaste leeggesteel. Nou moet ons betaal!!! Magtig man. Is daar nie iewers iemand wat kan help nie?

Deon ·

Wonder of mens 10 liter coke uit n 2 liter bottel kan sqweeze …… ek wil ook sien hoe dit gedoen word

Pensioenaris ·

Styg brandstofpryse dan styg alles se prys maar nog nooit het enigiets se prys self net effens gedaal wanneer brandstofpryse soms daal nie. Rente (geld waarvoor ons self gewerk en gespaar het!!) en waarvan ons ou mense moet oorleef styg nie en die arme mense wat van die staatspensioen moet oorleef trek al meer noustrop terwyl die regering geld mors. Hierdie nuwe Suid-Afrika is beslis op die afdraende ……

BR ·

Sal iemand verduidelik asb. Volgens Bloomberg was olieprys $51.78 op 1 Aug en $51.69 op
29 Aug. Rand was R13.20/$ op 1Aug en R13.04 op 29 Aug ,maar brandstof styg. WAAROM???

Marcel ·

Dit is mos presies dieselfde ding wat ek nou al vir die afgelope 6 maande sê. Ek skryf elke dag die olie prys asook wisselkoerse se pryse neer en werk dan die prys van olie in rand uit. Die hele maand was dit weereens min of meer konstant gewees soos die vorige maande ook maar steeds styg petrol. Ek dink dit is omdat ons as verbruikers niks aan dit kan doen nie en die regering weet dit. Ons almal kan nie ophou petrol ingooi of so iets nie so hulle kan basies daai prys maak wat hulle wil.

andrea van vuren ·

Liewe BR. Ontwykende antwoorde. Zuma se seun en die Guptas steeds in beheer van ons kosbare Suid-Afrika!

Wim ·

BR
Ek wil dit ook graag weet.Hulle sal wel een of ander verskoning uitdink. Staatskas is leeg gesteel.

Sanet ·

Doen ons nie alreeds nie? Wat moet ons nog uithaal en wys wat ons nie reeds gedoen het nie? Ons lee beursies? :( :(

Josua Keys ·

Waarom “strike” die taxi vereeniging en busdienste nie, want hulle kry steeds petrol teen baie lae tariewe en dit is juis hulle wat die pad ongeluke fonds leeg suig met onnodige ongelukke wat deur sommige van hulle veroorsaak word, as hulle net by padreels hou sal dinge baie verbeter en dit is nie almal van hulle wat sleg bestuur nie maar die meerderheid voel verre vir die lands wette. Waarom staan die nie – blanke Suid Afrikaners nie nou in tye van nood saam nie, dit is nie net die prys van petrol en diesel wat stuig nie maar kospryse gaan die hoogte in skiet, ‘n brood gaan dalk R20 rand uit die sak jaag en die res sal volg. O ja SAL moet ook uit die skuld gehelp word en hulle gebruik biljoene rande se petrol, diesel ens wat nog nie betaal is nie en so verarm Suid Afrika by die dag een van die dae is daar niks meer om te melk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.