Motoriste teen dié Centurion-gevaarsones gewaarsku

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Die Gautengse polisie het ʼn beroep op motoriste gedoen om veral versigtig te wees as hulle van die N14-snelweg en die R511 (Hartbeespoortpad) in die Centurion-omgewing gebruik maak.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die waarskuwing spruit uit ʼn onlangse kaping, ʼn vlaag rooftogte en gryp-en-laat-spaander-voorvalle die afgelope paar maande in die omgewing van Diepsloot.

“In die jongste voorval is ʼn man oor die naweek van sy Toyota Yaris gekaap nadat hy twee onbekende mans opgelaai het, wat langs die R511 geryloop het. Toe die motoris die N14 nader, het die mans ʼn vuurwapen op hom gerig, hom uit sy motor gedwing en daarmee weggery,” het Moloto gesê.

In ʼn afsonderlike voorval is ʼn man beroof toe hy twee vroue opgelaai het wat langs die N14 geryloop het. “Hulle het die man gedwing om langs die snelweg stil te hou nadat hulle ʼn bohaai opgesit het deur te beweer dat die motoris hulle wou verkrag. Drie mans het die stilstaande voertuig genader, ʼn geweer op die man gerig en hom van al sy persoonlike besittings beroof.”

Die verdagtes, en die twee vroue, het te voet van die toneel gevlug.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes vroue gebruik om mans in ʼn lokval te lei deur voor te gee dat hulle gestrand is. Hulle word dan ʼn rygeleentheid gegee, waarna die motoris beroof word.”

Die Erasmia-polisie ondersoek die voorvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Buitestander ·

Kan daar nie meer van Zumpie se impies gebruik gemaak word om die voodvalle hok te slaan nie? Hulle het dan werk vir hul hande en nie onnodige soekte vir Zumpie van stapel te stuur nie?

Fstate ·

As jy in vandag se tyd nog rylopers wil oplaai maak jy jouself ‘n teiken. Die area is ook bekend vir prostitute, vroulik en manlik. Dit laat mens wonder. Ek is woonagtig in die spesifieke area en sien hierdie dinge.

Mitch Beukes ·

Diegene wie in hierdie eeu nog rylopers oplaai, of dit nou mans of vroue is, se kop moet gelees word. Jy verdien om gekaap te word. In Suid Afrika is nie plek vir barmhartige Samaritaan nie. Dit behoort jy mos noual te weet tensy jy jou lyf volstruis hou en kop onder die sand gedruk staan en voorgee alles is doodreg

Scalla ·

Drywers met werks en mpy voertuie laai hul op teen vergoeding, lekker ekstra inkomste verniet, moet maar die gevolge dra, indien die gereg presies weet waar die gevaarsones is moet daar mos opgetree word.

Hannie ·

HERE WANNEER HOU DIT OP? TREE ASB OP! ONS IS MAGTELOOS EN RADELOOS!

Coenie ·

Hannie, dis ‘n noodkreet wat ons oor en oor uiter. Dis seker omdat ek om vergelding bid dat ek (skynbaar) nie gehoor word nie. Die opdrag is egter dat ons moet aanhou.

Alida ·

Lyk my mense leer nooit nie. Jy laai NIEMAND op nie. Somtyds gebruik hulle kinders langs die pad om jou te verplig om te stop. Ry verby. Jy gaan nie geseën word vir die goeie daad wat jy verrig het nie.

Sop ·

Ai my bediende moet elke dag ryloop om by die huis/werk en haar kinders te kom. Daarom laai ek ook soms n vrouens op as hulle veral in die reën ryloop …dit maak my nie stupid nie net menslik

Hannes ·

Ek het vir baie lank in die area gewoon. Meeste is mans wat die prostitute oplaai en dan geroof word. Moes al ‘n paar te hulp snel nadat hulle so beroof was en help die verdagtes aan keer. Die bpg stories waarmee hulle dan vorendag kom waarom hulle daar is is so absurd. Meeste mans het vrouens en kinders by die huis. Ek wonder regtig waar het alles verkeerd begin loop? Net geen meer morele waardes in die land nie. Wat my hartseer maak is dat die meeste blanke afrikaanse mans is. Laat mens dink ne.

Leon ·

Ek staam saam Hannes, dit is ‘n ou bekende area vir prostitusie daai!
En ja as die kop nie wil hoor nie, moet die lyf ongelukkig bloei. Dit klink sleg, maar wanneer gaan mense leer om nie rylopers op te laai nie!

Hoe nou? ·

Rylopers was nog altyd ‘n risiko, in deesdae se tye kan jy werklik nie meer vreemdelinge oplaai nie. Maar hoekom sit hulle nie net ‘n paar slapende Metro Cops op die gevaarsones nie? Dalk skrik die motor of die blou ligte of iets hulle af, wat moet ek nou maak met die feit dat ek weet hulle gaan op ‘n sekere Stopstraat of Robot my ruit stukkend slaan of my kar kaap? My rewolwer saamry en so lank oorhaal as ek stop of wat? Hoe keer jy dit as iemand na jou kar toe aangeloop kom en jou venster stukkend slaan of jou met ‘n wapen aanhou? As jou handsak nie daar is nie, ruk hulle enigiets anders van waarde uit jou kar uit, of kaap die kar, nou hoe nou gemaak?

Werner ·

Ek is Vrydag aand/Sat oggend amper gekaap op dai pad duer n Wit A240 Merc met pik swart vensters.

Anton ·

Die hele probleem is ons regsstelsel en die mense wat daar gestel is om dit toe te pas. Wie was onlangs by Wierdabrug polisie stasie? Dit is vervalle! Sleg agteruit gegaan. In die ou dae was dit bekend as ‘n “charge office”, nou “customer service centre”. Daar is nie diens nie. Die polisiemanne is slordig en stel nie belang om mense te help nie. Die fone lui en niemand antwoord. Dit is die mense wat wet en orde moet handhaaf. Die publiek van veiligheid moet verskaf. Maak my skaam om te se ek het eens uniform gedra. Ons is nou net oorgelaat om onsself te bewapen en te beskerm teen die aanvalle. Dit is ‘n tipiese geval van elkeen vir hom/haar self.

Rina ·

Probleem met die land is dat die blankes ‘n aanpassings mentaliteit het. Niks word beveg nie. Ons sit diefwering op, hoe mure, elektriese heinings ens. In plaas daarvan dat ons die miljoene gebruik wat ons aan sekuriteit spandeer eerder gebruik om die wortel van die kaad uit te roei. Met al die maatreels is ons nog steeds nie veilig in hierdie land nie en word mense links en regs vermoor. Dit is van op ons agter ente sit dat ons gekry het wat ons nou het want as ‘n nasie kan ons nie eers saam staan nie.

Sputnik ·

Heng Rina, gee ‘n bietjie jou raad oor hoe die miljoene gebruik moet word om die probleem aan te spreek? Makliker gesê as gedaan, nê? So gedink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.