Motoriste vas wat drank vervoer

’n 21-jarige vrou het 13 liter drank in haar motor vervoer en is op grond hiervan in hegtenis geneem. (Foto: Verskaf)

Twee motoriste is Vrydagaand in afsonderlike voorvalle in Makhanda (Grahamstad) in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle met liters drank in hulle besit betrap is.

Dié motoriste is gevolglik vir die oortreding van nasionale rampregulasies aangekla.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, is ’n 21-jarige vrou in ’n wit Opel Corsa tydens ’n padblokkade in Queensstraat van die pad afgetrek.

“Sy het 13 liter drank in haar motor vervoer en is op grond hiervan in hegtenis geneem.”

Nóg ’n motoris (30) is in ’n wit Volkswagen Polo voorgekeer waarna die polisie meer as 20 liter drank in die motor gevind het.

Maroela Media het vandeesweek berig dat die verkoop, vervoer en verspreiding van drank ingevolge die gewysigde vlak 4-inperkingsregulasies, wat Sondag deur pres. Cyril Ramaphosa ingestel is, verbied word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Riaan ·

Dit is net so sinneloos soos die arrestasie van mense op die strande, en soos wat ons kan aflei uit vorige Maroela Media berigte gaan die drank maar net geniet word deur die dapper groepie wat die padblokade uitgevoer het, want die kanse is uiters skraal dat die drank ingedien sal word

Theuns ·

Vir Maroela om daaroor te berig sonder om krities te wees is selfs groter sone. Media in deel van probleem.

Willem ·

Ja, lekker sagte teikens ,dis nou weer meer belangrik as om rėrige kriminele te vang

MakersMark ·

Stem saam. Ongelukkig is hier baie mense hier wat argumenteer ja maar dit….nee maar dat……maar waarom bekommerd wees oor wat ander doen ? Ongelukkig raak Afrikaners ook beginsellose, slagoffer mentaliteit mense.

Cherokee ·

Somtyds, soos in uiters seldsaam, duim-op ek jou. Save daai’s, want hier volg weer soos meer as gemiddeld, ‘n duim-af.

Nie Verbaas ·

Maar by Nkandla dans die helfte sonder maskers rond en daaraan word niks gedoen nie. Dit is wat genoem word tipiese ANC konsekwentheid.

Andre ·

En Zuma se saak nou weer uitgestel tot 12 Julie. Groot klug ons regstelsel.

Cherokee ·

Praat jy agter ander aan, of kan jy dit bewys?
Hê hê, natuurlik is jy reg, maar wanneer jy sò storie aan die Anaproved Nationality Crash probeer oortuig, gaan jy sukkel.

Nie Verbaas ·

Net soos jy dit se. Die groot verspreiders kom niks oor nie.

Sarel ·

Dit is onnodige regulasies en moedig mense asn tot
Smokkelary en onwettige handel behalwe die Sjibeens.
Verklaar die Sjubeens onwettig dan mag dit dalk help

Sarel ·

Due verlede het ook bewys dat baie van fie gekonfiskeerde
Drank net verdwyn..

Samuel ·

Hierdie persone het werklik die wet oortree, maar wat maak hulle meer skuldig as JZ wat wet keer op keer oortree en al sy aanhangers in Nkandla?? Dubbele standaarde. Sies vir die ANC en die SAPD!!

minniemuis ·

so verhuis my neef en die trek word gestop en deur soek en natuurlik is daar n paar half bottels geraas water wat gewoonlik in die man cave is. Daar is vir hom gese hy moes dit uit gooi of in die ou lee huis gelos het.

Martie Smartie ·

Ja SAPS, hoeveel vd die honderde by Nkandla is al toegesluit en aangekla? Huh duh

Duck ·

Plaas dat hul met ‘n Hilux die ou voggies vervoer, hy kan ten minste 30 000 Liter vervoer het daarmee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.