Motorkapings: Dís wanneer hulle jou kar steel

Polisie op die toneel van ‘n motorkaping in Kaapstad. Foto: SAPD

Die meeste motors word op ʼn weeksaand tussen 18:00 en 21:00 gekaap. Só wys die misdaadstatistieke vir die 2019-’20-boekjaar wat Vrydag bekendgestel is.

Volgens dié statistieke het tussen 600 en 800 motorkapings elke aand van Maandag tot Vrydag, 18:00-21:00, plaasgevind. Tussen 832 en 845 motors is ook op ʼn Vrydag- en Saterdagaand tussen 21:00 en 00:00 gekaap. Die minste motorkapings (tussen 80 en 90) het op ʼn Dinsdag-, Woensdag- en Donderdagoggend tussen 03:00 en 06:00 plaasgevind.

Die jongste statistieke wys ook dat luikrugmotors en sedans die gewildste voertuie onder kapers is en dit maak ongeveer 60% van motors uit wat verlede jaar gekaap is. ʼn Kwart van gekaapte motors was bakkies (25%) en 11% van voertuie was minibustaxi’s. Motorfietse blyk nie baie gewild te wees nie; slegs 0,4% van gekaapte voertuie verlede jaar was motorfietse gewees.

Kapings oor die algemeen het met 13% sedert 2018 toegeneem, naamlik van 16 028 kapings tot 18 162 kapings landwyd. Die grootste toename is in die Wes-Kaap (20%), Gauteng (16%) en KwaZulu-Natal (10%) aangeteken. In die meeste gevalle het misdadigers ʼn vuurwapen, liggaamsdeel of mes gebruik om die kaping uit te voer.

Bianca de Beer, woordvoerder van die versekeringsmaatskappy Dial Direct, het Suid-Afrikaners gewaarsku om paraat te wees, aangesien die aantal kapings nou weer toegeneem het na die syfer vóór die tydperk van algehele afsondering ingestel is.

Sy sê omdat baie kapings plaasvind wanneer motoriste by hul erf in- en uitry, is dit die moeite werd om te belê in ʼn elektriese motorhek en ʼn deeglik verligte oprit. Sy het motoriste ook aangeraai om genoeg ruimte tussen jou motor en die een voor jou te los wanneer jy by ʼn verkeerslig stop, om te verhoed dat jy vasgekeer word.

“As jy dink jy word agtervolg, ry na jou naaste polisiestasie toe, eerder as om huis toe te gaan.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boortor ·

Klein lading plofstof onder die bestuurders sitplek met afstand ontsteker wat via selfoon geaktifeer kan word. Werk soos n “bom”. Hulle sal nie gou weer probeer nie en beter as tronkstraf

Pieter ·

Sjoe, maar die mense is slim. So baie woorde om te sê dat hoe meer mense rondry, hoe meer kapings daar is. Nooit kon dink daar in minder mense op paaie tuseen 0300 en 0600 teenoor tussen 1800 en 2100.

Petrus ·

Verbasend dat die meeste kapings uitgevoer word deur die gebruik van ‘n “vuurwapen, liggaamsdeel of mes”. Wonder wat was gebruik om die oorblywende kapings mee uit voer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.