Motorlisensies: Vier vas wat staat glo met duisende bedrieg

motorsleutels

Argieffoto

Vier metropolisiebeamptes van Ekurhuleni sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn op aanklag dat hulle met motoriste saamgesweer het om die staat uit honderde duisende rand te bedrieg.

Die vier persone, tussen 37 en 44 jaar oud, drie senior klerke en ʼn kassier, was in diens by die Benoni-lisensiëringsdepartement. Die drie vroue en ʼn man het na bewering met motoriste saamgespan om agterstallige motorlisensiegelde en boetes te kanselleer en voertuie onwettig te registreer in die name van niksvermoedende individue of oorlede persone en om dieselfde voertuig dan in die naam van die oorspronklike eienaar te registreer, het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), verduidelik.

Op só manier word die geld, wat deur die oorspronklike eienaar betaalbaar was, die skuld van die niksvermoedende individu of oorlede persone. Beamptes het dan na bewering omkoopgeld aanvaar vir dié valse transaksies, het Zwane bygevoeg.

“Die staat het na raming jaarliks miljoene rand verloor in lisensiefooie en boetes as gevolg van dié onetiese gedrag.”

Die inhegtenisnemings volg ná maande se ondersoek waar transaksies van die vier persone noukeurig nagegaan is. Verdagte transaksies is grootliks die registrasie van ligte passasiersvoertuie en swaarvragvoertuie.

“Die ondersoek duur voort. Die RTMC maan lede van die publiek, wat oor inligting oor dié onwettige praktyk of enige ander korrupte aktiwiteit beskik, om 0861 400 800 te skakel. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willie ·

Kyk vir my is die Metro Polisie en die SAPD ewe vrot, en korrup… geen behoorlikke keurings nie, nepotisme, noem dit maar…

Viva ·

Kortom gesê: alles waaraan hulle, die meerderheidsras in die nuwe Suid-Afrika – raak, verval in ‘n erge toestand van nepotisme, despotisme, anargie, korrupsie, disfunksionaliteit, kriminaliteit.

Dit wat ééns ons land was, ‘n land wat met reg trots was en sy kop hoog kon oplig en die res van die wêreld reguit in die oë kon kyk, het in 25 jaar se tyd verval tot ‘n tipiese Afrikaland: vol korrupsie, diefstal, misdaad en mishoop.

Alles danksy die ANC …… Viva ANC, viva Madiba ……. ewe Sisi …….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.