Motorongeluk aan die Wes-Rand eis 3

Die ongelukstoneel in Windsorweg, Krugersdorp. (Foto: ER24)

Drie mense is dood toe twee motors Saterdag vroegaand in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebots het. Een van die motorwrakke het gedurende die voorval omgeslaan en aan die brand geslaan voordat die ander motorwrak ook in vlamme opgegaan het.

Al drie oorledenes was insittendes van die motor wat eerste in vlamme gehul was. Omstanders kon egter daarin slaag om die bestuurder van die ander motor, ʼn 39-jarige man, uit die wrak te help voordat dié voertuig ook aan die brand geslaan het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het in ’n verklaring gesê paramedici en die plaaslike brandweerdiens is omstreeks 18:35 na die toneel in Windsorweg ontbied. Daar was egter niks wat paramedici met hul aankoms vir die drie slagoffers van die een motor kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar.

Volgens Campbell het die bestuurder van die ander motor matige beserings in die botsing opgedoen. Hy is op die toneel behandel voordat hy na die Leratong-hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Beamptes van die polisie en die metropolisie was op die ongelukstoneel, het Campbell gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

En dan was een van die partye waarskynlik onskuldig aan die ongeluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.