Die polisie in Limpopo ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n vrou (50) en twee kinders, onderskeidelik twee en sewe jaar oud, Sondag in ’n motorongeluk buite Mookgopong (Naboomspruit) gesterf het.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring ʼn voorlopige ondersoek dui aan dat ʼn band van die voertuig, wat van noord na suid op die N1 beweeg het, ʼn lekplek opgedoen het wat veroorsaak het dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.
Die motor het in die teenoorgestelde baan ingeswaai en verskeie kere gerol.
Volgens Mojapelo is nog agt mense, waaronder die bestuurder, in die voorval beseer en na ’n hospitaal in die dorp geneem.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
die probleem met die stuk pad tussen Nyl plaza en Kranskop plaza is die pad oppervlak. As mens op daai stuk pad ry en net bietjie oplet langs die pad is dit net stukke buiteband oral langs die pad. Dis die pad van die dood daai en volgens my is die rede die pad oppervlak vreet jou bande op. So as jou kar se bande nie 100% is nie dan moet jy nie daai stuk pad trotseer nie. En let op vir die aankomende verkeer,as iemand van voor af n band bars kom hulle gewoontlik in die ander bane in… Lees meer »