Motors platgedruk tydens botsing

Die ongelukstoneel. Foto: Rescue Care

ʼn Motoris is Woensdagmiddag per helikopter na ʼn hospitaal gehaas ná ʼn botsing tussen drie vragmotors en twee motors op die N3 in die rigting van Durban in KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-paramedici, het gesê die ongeluk het ongeveer ʼn kilometer voor die Hammersdale-afrit gebeur nadat ʼn vragmotor vroeër hier aan die brand geslaan het.

Die twee motors wat in die ongeluk betrokke was, is heeltemal deur die vragmotors platgedruk. Volgens Jamieson was ʼn man vir ʼn uur lank in die wrak van ʼn motor vasgekeer voordat reddingsbeamptes daarin kon slaag om hom te bevry.

ʼn Mediese helikopter is ontbied en die man is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal in Durban geneem. Jamieson het gesê drie ander mense het geringe tot matige beserings opgedoen en twee van die beseerdes is per ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Die snelweg is vir ʼn ruk lank gesluit terwyl die toneel opgeruim is, wat ʼn erge verkeersopeenhoping in die gebied veroorsaak het.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Juffrou ·

Oe dis ysingwekkend! Daai pad is ń riller! Ek ry dit elke naweek. Jy waag jou lewe. Ek weet!

honourable member ·

Jy kan nie glo dat iemand lewendig kon uitkom nie. Sterkte aan die persoon

bosaap ·

Ek was net so verstom ( maar diep dankbaar) om te gelees het niemand is dood nie ! Sjoe !!!

Ben ·

Die vragmotors bestuurders in NATAL (Durban) bestuur soos mal mense. Daar is heeltemal te veel vragmotors op die pad.

marous ·

gaan kyk hoeveel verkeers beamptes patrolleer die paaie om roekelose bestuurders vas te vat…. zero

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.