‘Motortegnici’ gesoek vir saakbeskadiging, diefstal

Argieffoto

Die polisie is op die spoor van twee vermeende motorwerktuigkundiges van Bloemfontein wat glo ʼn konstruksievoertuig se enjin beskadig het en toe vort is met die geld wat hulle betaal is om die enjin te herstel.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die klaer het in Julie 2019 sy voertuig se enjin na die twee verdagtes, wat by ʼn motorwerktuigkundige in die stad werksaam was, vir herstelwerk geneem.

“Die verdagtes het die klaer ʼn bedrag van R100 000 vir die vervoer van die enjin gevra en R140 000 vir die herstelwerk,” sê Makhele.

“Hulle het toe glo Stop Smoke-olie in die enjin gegooi in ʼn poging om dit te herstel. Toe die klaer die enjin toets nadat hy dit by hulle afgehaal het, het dit nie gewerk nie. Hy het toe gesien dat die enjin heeltemal beskadig is.”

Die klaer het na die werkswinkel teruggekeer, maar die twee verdagtes het verdwyn met die R240 000 wat hy hulle betaal het.

ʼn Saak van bedrog en kwaadwillige saakbeskadiging is teen die verdagtes, onderskeidelik 33 en 53 jaar oud, aanhangig gemaak. Die verdagtes is die laaste keer in Randburg in Johannesburg gesien. Hulle is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie J ·

Miskien is ek net n bietjie toe so vroeg in die oggend, maar die berig is vir my baie vreemd en maak nie sin nie.

Jakes ·

Simpatie met die klaer maar sekerlik moet n mens meer as een opinie kry veral wanneer dit by motorherstelwerk kom. Ek sal byvoorbeeld nie na n haarkapper gaan om n hartoorplanting te kry nie.

Hennie J ·

Behalwe natuurlik as jy die hoofaankoper is van n staatsdepartement is.

Menan ·

Wonder watse voertuig dit is wat so ‘n duur enjin het?
Die klaer is ongelooflik stupid. Mens kry eers ‘n kwotasie, dan ‘n tweede mening. Dan besluit jy wie om te gebruik, betaal jou deposito per EFT en dan wanneer die werk klaar gedoen is en jy tevrede is, betaal jy die balans.

Veronika ·

Regtig? R240 000.00 vir die herstel van ‘n enjin! Nee wat jy kon vir jou ‘n nuwe kar vir daai geld gekoop het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.