Motorverkoopsman gevonnis vir bedrog

Die motorverkoopsman het 19 klante die deposito op hul voertuig in sy persoonlike bankrekening laat inbetaal. Foto: Verskaf

ʼn Motorverkoopsman van Mbombela in Mpumalanga is 10 jaar tronkstraf in die streekhof opgelê nadat hy sy werkgewer uit meer as R5 miljoen bedrieg het.

Mark Donovan Bezuidenhout (45) het die bedrog tussen Januarie 2011 en Junie 2014 met die hulp van Marie Nieuwenhuys (35) gepleeg. Bezuidenhout het in dié tyd 19 voertuie aan verskeie klante van Imperial Toyota verkoop.

Volgens getuienis in die hof het Bezuidenhout vir die klante sy persoonlike bankrekeningnommer gegee waarin hulle die deposito’s vir hul voertuie moes betaal. Nieuwenhuys het Imperial se finansiële bestuurder van vervalste state voorsien en Bezuidenhout so gehelp om die transaksies toe te smeer.

Die motorhandelaar het skade van R5 051 778,18 gely. Nadat die polisie ondersoek ingestel het, het hulle Bezuidenhout op aanklagte van bedrog in hegtenis geneem.

Hy het skuld erken op al 19 aanklagte. Adv. Peter Serunye, namens Imperial Toyota, het in die hof aangevoer dat die onderneming uiters teleurgesteld in hul werknemer is aangesien hulle hom vertrou het.

Ses jaar van Bezuidenhout se 10 jaar vonnis is opgeskort vir vyf jaar. Die aanklagte teen Nieuwenhuys is laat vaar omdat sy met die polisie saamgewerk en staatsgetuie geword het.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga, sê hulle hoop die vonnis sal ʼn sterk boodskap oordra aan voornemende oortreders dat misdaad nie die moeite werd is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

So jy dink Marie Nieuwenhuys het dit verniet gedoen? Jy is naïef.

Shaun ·

Vonnis dra ” sterk boodskap oor ” ? 10 Jaar gevonnis . 6 Jaar opgeskort . Dus 4 jaar . Een derde kom af vir goeie gedrag . Dus 2 jaar en 9 maande oor . Parool na 50% van vonnis uigedien is . Dus 1 jaar 4.5 maande later terug op straat . Nie sleg vir 5 miljoen nie !

sommer net ·

en met die verkiesing in 2019 kan hy inelkgeval dalk uitkom.

Joe ·

Meeste motorverkoopspersone doen jou any in op een of ander manier.

eva ·

my mening…………..so onregverdig as iemand staatsgetuie word, en dan wegkom. daai person is net so skuldig :(

Cherokee ·

Okay, doen jou ‘n deal. Skinder van jou kollega en jy word nie vervolg nie. Ons vergeet selfs die finansiële score wat jy daaruit gemaak het! Klik net en jy is vry.
Die mynmagnaat Brett Kebble is vermoor en die moodenaar Schultz het dit erken en hy het as vry man uitgestap omdat hulle Angliotti probeer vastrek het met sy getuienis.
Belaglik soos jy sê.

Eva ·

my mening………………onregverdig as persoon staatsgetuie word, en wegkom. daai persoon is net so skuldig

Knip haar vlerkies oók. ·

Stem saam jou Eva, sy moet ook verekeningbaar gehou word.

alida ·

Die deler is so goed soos die steler. Sy het ook voordeel daaruit getrek.

Ook 'n verkoops agent ·

Joe jy is besig om te veralgemeen – alle verkoopsmense is NIE skelm nie! Meeste van ons het rerig n passie vir hulle werk

Cherokee ·

En hier skep jy ‘n glimlag in ‘n uiters ernstige forum… natuurlik (en hier verander ek op hièrdie oomblik wat ek wou sê, want ek sòu jou ondersteun het) is julle nie openlik nie want anders sou jy nie van kommentaar tot kommentaar jou naam aangepas het nie.

Moses ·

Baie onregverdig. Nieuwenhuys moes ook tronkstraf gekry het. Hulle kon vir haar DSTV ook by haar pakket gegee het vir haar getuienis, en meer KFC as Bezuidenhout.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.