Motorverkoopsman pleit oor kinderporno

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Motorverkoopsman van die Oos-Rand staan op meer as 800 aanklagte tereg insluitend kinderverkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie.

Die man het Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg skuldig gepleit en die staat het aangedui dat die beskuldigde ʼn pleitooreenkoms aangegaan het.

Hy word daarvan beskuldig dat hy nagenoeg 50 pornografiese foto’s van kinders geneem het en dit aanlyn gedeel onder die naam “APE man”. Die foto’s is glo aan internetgebruikers in die VSA gedeel waar wetstoepassingsagentskappe snuf in die neus gekry het.

Die beskuldigde is Woensdag by sy werkplek in hegtenis geneem. Die polisie het hierna ʼn klopjag op die man se huis uitgevoer waar daar op skootrekenaars, hardeskywe, selfone, geheuestokkies en ʼn klein “spioenkamera” beslag gelê.

Die saak teen die 39-jarige man is uitgestel tot Vrydag wanneer die inhoud van die pleit- en vonnisooreenkoms aan die hof voorgelê moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Doodstraf asb MRK ·

Regtig Mense Regte kommissie, nou is die tyd vir doodstraf terug bring, ten minste dan net vir verkragting, pornografie en moord. Hierdie dade is net ondenklik, onmenslik.

Rooikop Mamma ·

Stem saam kan ons nie hierdie siek mense (gemors) uit die samelewing verwyder nie. Hulle moet GEEN regte he nie gooi weg die tronksel se sleutel

LMF ·

Pleit skuldig jou gemors hoe moes daai kinders nie gepleit het nie en nou dink jy dit is versagtend vir jou deur skuldig te pleit daar moes nie n Kans gewees het dat jy enigeiets pleit nie of ja pleit vir die doodstraf

cor ·

Tipies as hulle uitgevang word, gaan’ n pleit ooreenkoms aan en vertel wie is nog saam in die ding en dan gaan jy mos nie toegesluit word nie kry ‘n ligter vonnis en gaan aan waar hy opgehou het. Hier in ons dorp is een uitgevang al seker 10 jaar gelede maar hy is nou nog nie gevonnis nie lyk of die saak dood geloop het en hy gaan aan met sy lewe.

toy ·

Ek stem GEEN REGTE vir so n mens nie. Ons wil nie sulke mense in ons samelewing he nie!!!!!!

Valerie ·

Ek wag op sy verskonings. Seker maar weer so gebore… Of iemand anders se skuld… Of sy gebrek aan opvoeding… Of sy skooldae… Of, of, of…

Alida ·

Die regbank moet nie eers na hom luister nie. Sluit hom toe. In die tronk sal hy n “overdose”kry van dit wat hom pla.

tiaan B ·

Dit is skrikwekkend hoe pornografie toeneem. Mense, doen iets! Dis verslawend. Lees die boek van dr Jan Bothma “Pornografie – sal jy hierdie dwelm neem?” Ek bid dat ons kerke, skole en veral die ouers van kinders sal wakkerskrik oor hierdie gevaar.

Christa ·

Het julle opgelet? Die wetstoepassers in die VSA het dit opgetel, nie eers ons EIE polisie of wetstoepassers nie!!

Oom Johan Willemse ·

800 klagtes oor verkragting, kinderpornografie en derglike pedofiel-verwante gemors. Die varknek kan pleit soos hy wil, maar as van my kleinkinders of agterkleinkinders daaronder tel, dan moet hy asseblief borg kry. Ek sal wag en ek is seker daar gaan baie saam wag vir hom.
Twintig jaar minimum op elke klag opeenvolgend uit te dien. Dus 800 X 20 is so 16 000 jaar. Amper genoeg vir diesulkes. Gelykdienende vonnise en pleitooreekomste is ondermyning van die regspraak.

Alida ·

Dit is erg. Ergste van als ons geleerde slim pres het ook n verkragting saak teen hom gehad. Skande.

Andre ·

Ek sal dit op elke liewe artikel van hierdie monster sit.

DOODSTRAF!

kerneels ·

Hoekom maak hulle nie die man se naam bekend nie? Wanneer sal die regte van slagoffers swaarder weeg as die van die verinneweerder?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.