Motorwasser wat vrou glo raakry ‘nie gemagtig’

Belinda Louw en haar kêrel, Corné Hitge. Foto: Facebook

Belinda Louw en haar kêrel, Corné Hitge. Foto: Facebook

Die bestuurder van die motor wat glo ʼn hoogswanger vrou by ʼn Sasol-motorwassery getref en veroorsaak het dat sy haar ongebore baba verloor het, was glo nie gemagtig om die motor te bestuur nie.

Alex Anderson, ʼn woordvoerder van Sasol, het gesê die vulstasie waar die tragiese voorval Saterdag gebeur het, word nie direk deur Sasol besit nie, maar deur ʼn private eienaar. “Ons is natuurlik in verbinding met die eienaar oor die voorval, maar kan slegs optree binne die grense van die franchise-houer,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Belinda Louw (35) het kritieke beserings opgedoen nadat sy Saterdag by die motorwassery van die Sasol-vulstasie op die hoek van Johan Heyns- en Ben Swartstraat in Gezina, Pretoria, raakgery is.

Anderson het Woensdag aan Maroela Media gesê, volgens die inligting wat hulle van die eienaar van die vulstasie ontvang het, het Louw omstreeks 09:30 by die wagarea van die wassery gesit terwyl personeel haar motor gewas het.

“Ander motors, onder meer ʼn Toyota Fortuner, het gewag om na die area geskuif te word waar die motors gestofsuig en poleer word. Nadat die Fortuner gewas is, het ʼn werker, wat nie die mandaat gehad het om met kliënte se voertuie te ry sonder vooraf magtiging nie, teen die eienaar se beleid opgetree en die voertuig na die stofsuigarea bestuur,” het Anderson gesê.

“Die werker het beheer oor die voertuig verloor en in die wagkamerarea ingery, ongelukkig waar die kliënt in daardie stadium gesit het.” Anderson het gesê die vulstasie en Sasol het later verneem Louw het haar ongebore baba verloor en is in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van ʼn hospitaal.

“Die eienaar van die vulstasie sal voortgaan om ten volle met die SAPD, wat die voorval ondersoek, saam te werk,” het hy gesê. “Namens Sasol wil ons ons innige medelye teenoor die kliënt se familie en vriende uitspreek vir hul tragiese verlies en ons wens haar ʼn vinnige en volle herstel toe.”

Maroela Media het Dinsdag vir Xander Louw, Belinda se broer, gekontak, maar hy wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

judy ·

Pateties verby net jammer oor die verlies en spoedige herstel rerig!!!!! Hoop hulle ry julle tot daar waar dawid di wortels begrawe het en betaal die begrafnis en haar mediese uitgawes dis n lewe wat geneem is dis moord

m ·

Ai dis so hartseer wat hier gebeur het. Dit vat nou net een sot om al hierdie hartseer te veroorsaak. Die lewe loop maar snaakse draaie en dit net jammer dat die vrou haar baba op so manier moes verloor. Sterkte aan die familie.

Kiepie ·

m, ek aanvaar die “sot” waarna jy verwys is die eienaar van die motorhawe want kom ek sê vir jou uit ondervinding uit dat dit nie die eerste keer is wat hierdie bestuurder ‘n motor verskuif het op daardie perseel nie, dat hy dit waarskynlik op gereëlde basis doen met die eienaar se medewete en dat hy (die eienaar) dit maar nog altyd toegelaat het omdat dit makliker is as ons self die voertuie te skuif. Maar nou dat daar ‘n ongeluk was skarrel hy om homself te verontskuldig. Ja, ek is seker die bestuurder het seker nie spesifiek opdrag of toestemming ontvang om die motor te skuif nie, maar dat hy dit as ‘n reël inelkgeval gedoen het met die eienaar se medewete, daaroor twyfel ek ook nie.

KarooKlong ·

O gits, “werkgewer” is verantwoordelik vir “werknemer” se dade.
HKGK

Chris Ws ·

Ek stem saam KarooKlong,die eienaar van die gerage is verantwoordelik ongeag.Of sy versekering hom in die’geval gaan dek betwyfel ek sterk.Die’mense moet nou net DADELIK ‘n goeie prokureer kry want hulle is geregtig volgens wet om ‘n eis teen die Pad Ongeluks Fonds in te stel.In so geval sal hulle dan NIE ‘n eis teen die gerage eienaar kan instel nie.Dis WET!

st ·

Chris, die pad ongeluke finds is bankrot. Was vanoggend op die nuus. Hulle kan nou net maandeliks klein bedraggies uitbetaal.
Aan die ouers, jammer oor jul verlies. Dis verskriklik. Mag die Heilige Gees julle vertroos.

Chris Ws ·

St ons is reeds een deel van ons eis teen die POF uitbetaal 2 weke gelede.Die res sal ons kry in maandelikse paaiemente.Die POF is nie “bankrot” nie.Hulle het wel hul beleid verander omdat met groot enkelbdrag uitbetalingds baie mense nuwe luukse motorkarre en wat nog gaan koop het in die verlede.Die POF kry tussen R60 enR70 miljoen PER DAG in so hulle is ver van bankrot af.Omdt daar derduidende eiese is wat betaal moet word is dit natuurlik te verstane dat hulle nie die miljoene rande van duisende eise elke dag kan uitbetaal nie.

Bollie ·

Dis ‘n hartseer saak vir almal betrokke. En daar preik seker ‘n “Op eie risiko” teken.

Adele ·

Ja seker “op eie risiko”, maar dit is vir jou motor. Nie op eie risiko om n mens se lewe te neem of iemand te beseer nie. Ongebore of nie, daar was reeds lewe. Sterkte aan die ouers.

Wat-ek-lees ·

Ek het jare gelede ook ‘n motor verloor toe die een trok die ander gesleep het en die gesleepte een in my geparkeerde voertuig ingefoeter het nadat die bestuurder (drywer) beheer verloor het.
Met die hofsaak kon daar nie bewys word dat die bestuurder van die meubelwinkel fisies die sleutel van die geleepte voertuig aan die bestuurder (drywer) oorhandiog het en net daar het die saak tot ‘n einde gekom.
Hier gaan dieselfde gebeur want daar was alreeds ontkenning dat die man toestemming gehad het.
My voorstel is dat sou jy jou voertuig by so ‘n plek laat was dan moet die eienaar/bestuurder jou ‘n skriftelike waarborg gee dat SLEGS persone daartoe gemagtig jou voertuig sal bestuur.

JWM ·

Ek laat niemand anders nerens toe om my voertuig te bestuur nie.

SE NET ·

my simpatie vir mamma en pappa… daar is nie n seerder seer as daai nie…

LOSKOP ·

Kla die onverantwoordelike person wie die motor bestuur het aan vir moord en poging tot moord

Johann ·

Dis so jammer dat so ‘n frats ongeluk sulke gevolge het. Met of sonder toestemming; met of sonder ‘n lisensie; feit bly…’n kind is die voorreg van lewe ontneem en ouers die ervaring van ouerskap. Dit moes NOOIT gebeur het nie.

Frederik ·

As sy my vrou was, het die vulstasie-eienaar van nou af vir my gewerk.

m ·

Ek hoor wat jy se Kiepie. Net jammer dat dit nou op so tragedie moes eindig.

Theresa ·

Dit bly die skuld en fout van die ongemagtigde wat agter daardie stuur ingeskuif het.
Hy kan probeer skuil agter elke rokspant moontlik, hy is skuldig en klaar.
Is hy dalk ‘n ex-taxi bestuurder? klink so, want hul “verloor”beheer oor hul voertuig daagliks op elke pad landwyd.

Andre ·

Hoe gee die eienaar van die Fortuner sy sleutels vir iemand wat nie op sy versekering geregistreer is nie. Die motor eienaar sal maar moet verduidelik.

SJ ·

Net soos almal wat hulle sleutel gee vir die persoon/maatskappy wat jou motor diens, die motor staan verseker nie op dieselfde plek terwyl hy gediens word nie.

Piet Pompies ·

Die opmerking dat die werkgewer verantwoordelik is vir die werknemer is korrek. Dit is ook sy verantwoordelikheid om voorkomende maatreels in werking te stel om ongemagtigde optredes te voorkom soos om beheer van die voertuie se sleutels toe te pas.

AH ·

Die meerderheid van hierdie kommentare gaan oor die voertuig wat bestuur is, en nie oor die lewetjie wat so wreed beëindig is nie. Waar sit julle harte, mense? Dink julle die POF se geld gaan daardie babatjie terugbring? Daar is twee mense wat vir 9 maande daarna uitgesien het om hulle babatjie te sien. Alles was gereedgemaak vir sy of haar koms … En wat moet hulle nou doen? In plaas van die vreugde van ouerskap, moet hulle nou met gebroke harte ñ kind begrawe wat nie die voorreg gehad het om sy of haar mamma en pappa te ontmoet nie …. En dit alles oor een mens! Een mens, wat onverantwoordelik was!!!! Baie sterkte Belinda en haar man.

Óú Aap ·

‘nie ‘n mandaat…sonder vooraf magtiging…teen die eienaar se beleid’. ‘n Mak prokureur het skynbaar klaar sy sweterige handjies op hierdie ding gelê om die eienaar van middelike aanspreeklikheid (vicarious liability) te probeer onthef. Hierdie tragedie was voorkombaar deur redelike sorg. My hart gaan uit na die slagoffers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.