Motorwasser wat vrou glo raakry ‘nie gemagtig’

Belinda Louw en haar kêrel, Corné Hitge. Foto: Facebook

Belinda Louw en haar kêrel, Corné Hitge. Foto: Facebook

Die bestuurder van die motor wat glo ʼn hoogswanger vrou by ʼn Sasol-motorwassery getref en veroorsaak het dat sy haar ongebore baba verloor het, was glo nie gemagtig om die motor te bestuur nie.

Alex Anderson, ʼn woordvoerder van Sasol, het gesê die vulstasie waar die tragiese voorval Saterdag gebeur het, word nie direk deur Sasol besit nie, maar deur ʼn private eienaar. “Ons is natuurlik in verbinding met die eienaar oor die voorval, maar kan slegs optree binne die grense van die franchise-houer,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Belinda Louw (35) het kritieke beserings opgedoen nadat sy Saterdag by die motorwassery van die Sasol-vulstasie op die hoek van Johan Heyns- en Ben Swartstraat in Gezina, Pretoria, raakgery is.

Anderson het Woensdag aan Maroela Media gesê, volgens die inligting wat hulle van die eienaar van die vulstasie ontvang het, het Louw omstreeks 09:30 by die wagarea van die wassery gesit terwyl personeel haar motor gewas het.

“Ander motors, onder meer ʼn Toyota Fortuner, het gewag om na die area geskuif te word waar die motors gestofsuig en poleer word. Nadat die Fortuner gewas is, het ʼn werker, wat nie die mandaat gehad het om met kliënte se voertuie te ry sonder vooraf magtiging nie, teen die eienaar se beleid opgetree en die voertuig na die stofsuigarea bestuur,” het Anderson gesê.

“Die werker het beheer oor die voertuig verloor en in die wagkamerarea ingery, ongelukkig waar die kliënt in daardie stadium gesit het.” Anderson het gesê die vulstasie en Sasol het later verneem Louw het haar ongebore baba verloor en is in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van ʼn hospitaal.

“Die eienaar van die vulstasie sal voortgaan om ten volle met die SAPD, wat die voorval ondersoek, saam te werk,” het hy gesê. “Namens Sasol wil ons ons innige medelye teenoor die kliënt se familie en vriende uitspreek vir hul tragiese verlies en ons wens haar ʼn vinnige en volle herstel toe.”

Maroela Media het Dinsdag vir Xander Louw, Belinda se broer, gekontak, maar hy wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
judy

Pateties verby net jammer oor die verlies en spoedige herstel rerig!!!!! Hoop hulle ry julle tot daar waar dawid di wortels begrawe het en betaal die begrafnis en haar mediese uitgawes dis n lewe wat geneem is dis moord

m

Ai dis so hartseer wat hier gebeur het. Dit vat nou net een sot om al hierdie hartseer te veroorsaak. Die lewe loop maar snaakse draaie en dit net jammer dat die vrou haar baba op so manier moes verloor. Sterkte aan die familie.

KarooKlong

O gits, “werkgewer” is verantwoordelik vir “werknemer” se dade.
HKGK

Bollie

Dis ‘n hartseer saak vir almal betrokke. En daar preik seker ‘n “Op eie risiko” teken.

Wat-ek-lees

Ek het jare gelede ook ‘n motor verloor toe die een trok die ander gesleep het en die gesleepte een in my geparkeerde voertuig ingefoeter het nadat die bestuurder (drywer) beheer verloor het. Met die hofsaak kon daar nie bewys word dat die bestuurder van die meubelwinkel fisies die sleutel van die geleepte voertuig aan die bestuurder (drywer) oorhandiog het en net daar het die saak tot ‘n einde gekom. Hier gaan dieselfde gebeur want daar was alreeds ontkenning dat die man toestemming gehad het. My voorstel is dat sou jy jou voertuig by so ‘n plek laat was dan… Lees meer »