ʼn Motorwerktuigkundige is Woensdagmiddag dood nadat ʼn motor waaraan hy gewerk het, in Weltevredenpark, Roodepoort, op hom geval het.
“Volgens inligting van die toneel het die man onder die motor gelê en daaraan gewerk, toe die stut ingegee het. Die motor het op hom geval en hom teen die vloer vasgepen,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Mathe het gesê die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag en sy liggaam onder die motor gevind het. Hy is op die toneel dood verklaar.
Omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
Moet NOOIT onder ‘n voertuig werk wat nie ordentlik gestut is. ‘n Domkrag alleen of ongelyke- en sagte grond kan lewensgevaarlik wees. Veral ‘n skêrdomkrag waarmee nuwe voertuie toegerus word is werklik net om ‘n wiel mee om te ruil. Bly asb. weg van bakstene en derglike goed want dan speel jy met jou lewe.
Wat soms gebeur is dat die karre op ‘n “scissor lift” of ‘n “two post lift” of ‘n “four post lift” gesit word en daar dan daaronder gewerk word sonder om die veiligheidspenne met die hand in te steek. Die staalpenne keer dat, indien die hyser se meganisme ingee (hetsy deur ‘n olielek of ‘n ratstelsel wat glip) die kar tot onder val – dit val dan net tot op die staalpenne wat horisontaal in die raamwerk ingesteek word.
Gaan julle nou nie eers wag om beter inligting te lees voordat julle die dam onder die eend uitruk nie.
Lees weer: die man het onder die motor gele en daaraan gewerk, toe die stut ingegee het.
Ek lees niks van domkrag of lift nie.
Dis baie tragies,
Dit is vir my die ergste van als… dit is die man se ambag.. dit is sy lewe, sy werk sy droom.. en dan moet so iets gebeur” dat hy sy lewe deur sy werk verloor. Dit moes baie erg gewees het.. Sterkte aan sy Familie.. werknemers en vriende.
Dit is baie hartseer. My pa is so oorlede 20 jaar terug. Die jack het uitgegly en hom plat gedruk. Maar ja di bokkies was nie onder die kar gesit nie. Hy het dit altyd gedoen maar daai dag was hy haastig en gedink dit is n vinnige werkie. Sterkte aan sy naasbestaandes.
(you live by it,you die by it) ek is n drywer en dink my dood is n ongeluk………
Tragies, voorkoming is beter as nasorg, sterkte aan die familie.
Ek werk baie jare al aan motors en net soos my pa dit gedoen het was veligheid en die regte toerusting eerste prioriteit. As dit kom by die oplig van voertuie is die gebruik van die regte toerusting nie onderhandelbaar en koop maar eerder die beter kwaliteit. Dit word nie net sommer ‘n domkrag genoem!