
Die motor het ‘n ent van die hoofweg af in ‘n suikerrietplantasie tot stilstand gekom. (Foto: IPSS Medical Rescue)
’n Vrou is dood toe haar motor Saterdag noordoos van Ballito in KwaZulu-Natal gerol en in ’n suikerrietplantasie tot stilstand gekom het.
Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê die nooddienste is vroeër vanmiddag na ’n ongelukstoneel langs die N2-hoofweg naby die Mvoti-tolhek ontbied.
Paramedici moes oor ʼn uitgebreide gebied deur ’n suikerrietplantasie beweeg om die motorwrak te bereik.
Volgens Herbst is die enigste insittende van die motor uit die motorwrak geslinger soos dit gerol het. Die vrou het noodlottige beserings opgedoen.
Die polisie was vanmiddag op die toneel om ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
“Uitgeslinger?” Versekeraars behoort die nie-dra van gordels ‘n uitsluiting te maak wanneer geëis word.