Motorwrak met lyk weke later gevind

Foto: ER24

Foto: ER24

Die polisie in Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga, het Vrydagmiddag op ʼn man se liggaam in die wrak van ʼn motor afgekom, vermoedelik weke nadat die ongeluk gebeur het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê dit lyk asof die voertuig van Verenaweg afgery en in ʼn spruit onder ʼn wal beland het.

“Paramedici is deur die polisie na die toneel ontbied en het die motor gevind waar dit op sy dak in die spruit gelê het,” het Meiring gesê. “Die man in die motor was dood en dit was duidelik dat hy reeds ʼn geruime tyd dood is.”

Volgens die polisie vermoed hulle die wrak het al meer as twee weke in die spruit gelê. Die ongeluk sal verder ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.