Motsepe-Radebe, Khama ‘onskuldig’; AfriForum sê oor regsaksie  

Bridgette Motsepe-Radebe. (Foto: GCIS)

ʼn Onafhanklike forensiese ondersoek het bevind dat bewerings van geldwassery teen oudpres. Ian Khama van Botswana en die Suid-Afrikaanse sakevrou Bridget Motsepe-Radebe opgemaak is.

Omnia Strategy LLP, ʼn internasionale regsfirma, en Alaco Ltd, ʼn forensiese ondersoekmaatskappy, het Woensdag die bevindings van hul forensiese ondersoek bekend gemaak. Motsepe-Radebe, skoonsuster van pres. Cyril Ramaphosa en vrou van Jeff Radebe, het die twee firmas aangestel om ʼn onafhanklike ondersoek na die bewerings te doen.

Daar word onder meer beweer dat Khama, terwyl hy nog in die amp was, ʼn reeks bankrekeninge by die Bank van Botswana geopen het met die doel om meer as $10 miljard na verskeie internasionale en Suid-Afrikaanse bankrekeninge oor te plaas. Daar is verder beweer dat Motsepe-Radebe ʼn mede-ondertekenaar van die rekeninge was.

Volgens die verslag het Botswana aangevoer dat die geld gebruik sou word om politieke onrus te orkestreer en opposisiegroepe te finansier teen die huidige president van die land.

Die ondersoek het egter bevind die bewerings teen Khama en Motsepe-Radebe is sonder meriete en in die geheel opgemaak. Daar is glo geen bewyse dat $10 miljard ooit die Bank van Botswana verlaat het of na internasionale of Suid-Afrikaanse bankrekeninge oorgeplaas is nie.

Cherie Blair, voorsitter van Omnia Strategy en vrou van die voormalige Britse eerste minister Tony Blair, het gesê die uitslag van die ondersoek is duidelik en beslissend. “Fopnuus, vals aantygings, lomp getuienis en ongegronde beskuldigings is aan die publiek voorgehou. Dit is ʼn samesweringsteorie wat gepaardgaan met onakkuraathede en blatante valshede met ʼn fantasiedraaiboek waarin oudpresidente, spioene en miljarde pula, Amerikaanse dollar en rand betrokke is.”

Prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, het die bewyse en verslag onafhanklik hersien. “Hierdie aantygings het nie net die goeie naam van president Khama en ambassadeur Motsepe, wat individue van onkreukbare integriteit is, verkwansel nie, maar het ook die goeie naam en reputasie van die talle finansiële instellings wat daarmee gepaard gegaan het, verkwansel.

Khama en Motsepe-Radebe het hul regspanne opdrag gegee om lastereise in Botswana teen die regering aanhangig te maak.

AfriForum se private vervolgingseenheid gaan intussen vandag tydens ’n mediakonferensie ’n aankondiging maak oor beplande regsaksie rakende dié saak. Adv. Gerrie Nel en adv. Phyllis Vorster is amptelik deur die regering van Botswana aangestel om dié regering in hierdie saak te verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Scalla ·

Sy moet besef dat die regstelsel in Botswana streng toegepas word, n moordenaar wil nog appeleer dan is hy reeds gehang, ligloop ne.

Jaco ·

Dis seker baie edel en “nie-rassig” van afriforum om by dié saak betrokke te raak, maar onthou tog net:
1. Lawyers for Human Rights kan ook, net so goed soos Afriforum, hierdie saak hanteer.
2. Die ANC en ander vyande van afriforum en van wit mense sien deur dit en beskou dit as “window dressing” van Afriforum
3. Eendag is die hofsaak klaar en dan wen Afriforum dalk, MAAR dan is die geld vir sake wat ons eie mense raak alles op. Sake teen regstellende aksie en BEE. Dan is geld ook op wat bestee kon word op werkskeppingsplanne vir arm wit mense, kospakkies end ens.
Dinge raak nou by die dag al hoe meer onseker vir wit mense in SA. Afriforum moet nou eerder NET konsentreer op sake wat net ons mense raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.