Motshekga: ‘Daar is te veel akademiese skole’

Minister Angie Motshekga. Foto: ANA

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het gesê daar moet ʼn verskuiwing plaasvind van ʼn akademies na ʼn meer tegnies beroepsgerigte kurrikulum.

“Daar is te veel akademiese skole in ons land. Ons het steeds ʼn koloniale onderriglandskap – almal wil universiteit toe gaan. Dit beteken nie as jy na ʼn beroepsgerigte kollege toe gaan, is jou loopbaan beperk nie. Jy kan enigiets wees as jy jou hande gebruik,” het Motshekga in Maboloka, noord van Brits, gesê.

Sy het laat hoor dat sy, wanneer haar termyn oor 18 maande tot ʼn einde kom, aan die volgende minister van basiese onderwys ʼn aanbeveling sal maak om beroepsgerigte onderwys as prioriteit in skole in te stel.

Motshekga het Woensdag drie skole in Noordwes besoek as deel van die departement se oorsigtelike besoeke vir skoolgereedheid.

Sy het gesê om die nodige handelsvaardighede te bekom moet beroepsgerigte onderwys deel wees van die onderrigstelsel.

Sy het die Machadam-plaasskool in Mooinooi gelukgewens met ʼn 100%-matriekslaagsyfer vir die tweede agtereenvolgende jaar.

Mmadikete Lion Secondary School in Maboloka is ook geloof vir hul goeie uitslae wat hulle in moeilike omstandighede behaal het.

Die skool het ʼn 82,47%-matriekslaagsyfer in 2017 behaal – 97 kandidate het geskryf en 80 het matriek deurgekom. Dié skool is in ʼn beboste gebied gebou, die paaie wat na die skool lei, is nie maklik begaanbaar nie en die skoolgebou is ook baie oud.

“Ons is hier om julle uitslae te waardeer, julle is hardwerkend. Ons sal kyk hoe ons die skool kan help,” het sy gesê.

Die beheerliggaam van die skool het gekla en die minister gevra om vir hulle ʼn nuwe skool te bou en mobiele klaskamers te verskaf. Hulle het ook gekla oor voortdurende inbrake en het voltydse veiligheidswagte aangevra.

Die departement van onderwys in Noordwes het gesê begrotingsbeperkings verhoed hulle om sekuriteit aan skole te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dinarie ·

Hoe langer doe ANC die skole beheer, hoe nader word daar beweeg na die stelsels wat voor 1994 bestaan het.

Irma ·

Eindelik daag die lig. Wonder wie het van al die tegniese skole en kolleges ontslae geraak.

Frikkie Geld en huis ·

Nie net tegniese kolleges nie, maar ook onderwys kolleges het in die slag gebly. Dit is waarom die meeste onderwysers vandag onder gekwalifiseer is.

Theo ·

Haai skielik sien sy die lig en nou moet kolianialisme .Het sy nog nooit. gaan naspoor hoeveel ambagsmanne het die groot organisasies soos die Spoorwee,Yskor ,Sasol .myne ens opgelei het nie .In die ANC se tyd is die ou Tegniese skole omtrent tot niet en die vakleerling stelsels tot niet.Nou skielik is dit ‘n ANC idee om vakleerlinge op te lei.

Ella ·

Selfs stadsrade/munisipaliteite het indiens opleiding gehad wat die ANC laat sneuwel het. Waar is al die geld wat al gevat is vir Skills Development? Hoeveel skills is al ontwikkel met daardie geld?

RH ·

Kan jy in dink as hulle die opleiding moet doen hoe die land in mekaar gaan LETTERLIK sak? Gebou gaan val en brue (bridges), alles! Ons sien dit reeds in alles wat storm na storm in mekaar in sak en die skade wat gerig word op geboue en stadions wat STERK veronderstel is om te gewees het. Maar ja. Nepotism het die regering se nuwe “voordeel” geword en kontrakte aan hulle families en vriende gegee omdat dit alles BBBEEE strooi is, met ander woorde, soos die meederheid se, die mederheid is minder bevooreg gewees en dus kry hulle alle kontrakte en werke ens… kyk net hoe lyk ons dam vlakke, die krag onderbreekings – eskom. Nee wat, slim vang sy “baas” toe vinniger as gedink maar ongelukkig is die skade so erg dis omtrent “irrepairable”. Niks word onderhou, wat nog van ander LEER van iets wat NIE gedoen word nie. ai ai ai!!! Ek’t gedink die damme sou teen die tyd al kleiner gemaak gewees het. :)

lizl ·

Wraggies nè? Iemand al jou vertel dit was lankal tyd so gewees ? Nou gaan sy haarself tap op die skouer op `n ou apartheids stelsel !

tamboti ·

Dis reg Angie, maar waarom doen JY nie iets daaromtrent nie?
Julle regering het mos baie om oor te PRAAT maar wat DOEN jul?
Begin NUWE skole bou, met MOEDERTAAL onderrig vir almal, stel haalbare en toepaslike kwaliteit LEERPLANNE op (deur ware kundiges, en nie die snert wat nou in die skole groot uitvalsyfer en druipelinge veroorsaak nie) met die oog op ARBEIDERS wat die land bitter nodig het. En leer skoliere dat nie almal vir grade op universiteit beskore is nie, 10 – 20% is heel voldoende – die res moet net gewone arbeiders/werkers wees – MAAR moet ook deeglik daarvoor opgelei word, op skool en ook na skool, kollege of tegnikon, en sommige net indiens opleiding.
EN besef dat die privaatsektor baie beter vaar as julle staatsmasjienerie – luister na hul voorstelle, gebruik hulle kundigheid en gee hul die geleenthede (lisensies) om hul eie ding wettig te doen sonder dat julle inmeng!
Bv. Lesufi wil ‘n “onafhandlike” raad begin om die Staat en die Onafhandlike Eksamen Raad te vervang? Die reeds bestaande instelling wat geregistreer is en beter vaar as die staat, wil hy vervang sodat dit net so sleg kan vaar!

christa ·

nie almal wat wil universiteit toe gaan is bevoeg daartoe nie. Of hulle nou univ toelating kry of nie. As daardie mense gaan ambagte leer is dit iets wat hulle tot hul eie voordeel kan gebruik. Hulle hoef nooit afhanklik van ‘n baas te wees nie.

Jy sien ·

Uiteindelik besef sy die ou regering was reg wat tegniese opleiding aan betref. Net jammer hulle het 20 jaar gemors.

Jack Russl ·

Te veel akademiese skole sê sy, maar daar is nog steeds kinders sonder ‘n skool. Sê eerder daar is te min tegniese skole. Deur te sê daar is te veel klink dit nogal of sy dit wil verminder.

Pose answer the question Angie ·

What happened to the SKILLS DEVELOPMENT budgeted money??????

mini ·

jip lig gaan aan, hoop net iemand is tuis… ek self was in HTS Ficksburg… maar skool bestaan nie meer nie, en al die toerusting is toe op veling verkoop… en ons het handewerk mense so nodig…. want daar is niemand om basiese werk te doen nie, en opleiding begin by skool, ek onthou Yskor het skool altyd besoek een keer per jaar om nuwe vakmanne te kry , maar nuwe regering wou mos slim wees.. ek se maar net….

Nell ·

Maak eers seker daar is genoeg skole om almal te akkommodeer (wat basiese onderrig aan kinders van alle rasse en tale kan bied). Daar is te min skole, punt!

Tammy ·

Alles was reeds daar, maar ons nuwe stelsel het alles vernietig. Daar was genoeg tegniese onderrig op alle gebiede, Ons geboue en brue het nie inmekaar geval nie, ons rioolstelsels het gewerk, en ons paaie was in n goeie toestand. Noudat die vakmanne uitgestoot is en die mense wat nie behoorlik opgelei is nie moet nie werk doen, val alles uitmekaar. Selfs die geboue waai weg, dis eintlik belaglik. Wat n skande .

Tammy ·

Skuus ek het vergeet om te noem, dat die dame moet tog iets doen aan al die punte wat bygetel word vir lui leerders wat nie presteer nie. Dis n skande, jy hoef nie meer te leer om te slaag nie. Die departement van onderwys se mos vir die skole hoeveel punte moet bygetel word vir die druipelinge…… Of weet Motshekga nie hiervan nie? Wens iemand kon haar vra sodat ons die antwoord uit haar mond op radio of TV kan hoor.

Tammy ·

Te min skole ja, maar wat van al die klomp skole wat afgebrand is? Nee ek het geen simpatie nie, Dis die mense wat die skole afgebrand het wat nou wil baklei. Hulle soek seker nog skole om te vernietig. Laat die wat so vernietig het die geld insamel en moue oprol en vevang wat hulle vernietig het. Daarna kan daar weer vir hulle skole gegee word.

DS ·

In die jare voor 1994 wat nou so afgekraak word deur die vernietigers van alles wat gewerk HET was daar BAIE tegniese skole wat na akademiese skole verander is na 1994. Vir watter rede wie sal weet. Dan was daar baie winsgewende besighede (voor 1994) Spoornet wat vir die leerlinge dan vakleerlingskappe aangebied het van hoogste standaard. Daar is dan by Olifantsfontein gekwalifiseer terwyl hulle praktiese ondervinding opgedoen het. Ja met min vergoeding maar glo my al daai manne wat nou in hulle 40 – 50’s is is die ruggraat van vandag as besighede. Maar ongelukkig het alles verbrokkel na 1994 en ek sien dit nie ooit weer beter word nie. En wie het die standaard so laat sak dat elke Jan Raap en sy maat universiteit toe kan gaan. Nie ons nie maat wel julle Angie – nou wil julle huil en dit boonop verniet laat gebeur. EISH.

Christo ·

Die minister erken dat daar te veel akademiese skole is. Dit is die groot rede aangesien daar geen ander vaardighede onderrig word nie. Die feit dat Asmal drastiese veranderings ingebring het, het gelei tot die huidige toestande. Die feit dat houtwerk en metaalwerksentrums by akademiese skole uitgefaseer is, het tot gevolg gehad dat waardevolle vaardigehede nie meer aangeleer en aangebied word vir leerders in die akademiese hoofstroom nie. Indien die minister reeds die sentrums weer kan terugbring, sal dit tot voordeel van die land wees. Beroepsgerigte kolleges sal ‘n uitstekende alternatief vir universiteitsopleiding wees. ‘n Akademiese matriekleerder bied nie veel vaardighede aan werkgewers nie. Dus is daar geen keuse om verder te studeer nie. In SA is daar baie Zimbabwiërs wat hout en staalwerk doen omdat dit nog in Zimbabwië as vak aangebied word. Dit is ongelukkig ‘n realiteit . Ek belaat my nou op gevaarlike terrein as ek sê dat vir die moderne Suid-Afrikaanse leerder dit ‘n ‘skande’ is om met jou hande te werk. SA het ‘n groot tekort aan vakmanne of – vroue, en die wat die beroepsmark betree is swak opgelei aangesien vakleerlingskappe nie meer bestaan nie. Die generasie vakmanne wat vakleerlinge kon oplei het meestal aftreeouderdom bereik en daardie vaardighede is besig om verlore te gaan. Indien partye minder sirkus hou in die parlement en meer werkkomitees aanstel om die onderwysstelsel te verbeter sal dit beter gaan in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.