Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, sal Sondagmiddag terugvoer gee oor die vordering in die bedryf sedert die skole in die Covid-19-omgewing oopgemaak het.
Die minister sal ook verdere besonderhede verskaf oor die hersiene planne wat betref die terugkeer van ander grade, het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.
Die perskonferensie kan Sondagmiddag om 16:00 aanlyn gevolg word op die regering se sosialemedianetwerke:
Facebook: http://facebook.com/GovernmentZA
Twitter: http://twitter.com/GovernmentZA
YouTube: http://youtube.com/GovernmentZA
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Ag Angie Motshekga, jy praat praat praat maar sê niks nie. Die besluite wat jy/julle maak is NIE deurdag en goed oorweeg nie.
Waar is haar masker ? Askuus , ek sien hy is op …..
Seker eers permissie vra by President Nkosazana Dlamini-Zuma, voordat sy kan verkondig wat gaan vir wat!
En maak more n nuwe aankondiging. Dit is mos hoe julle koppe werk!
Wat het ek julle gese sy gaan wag tot Sondag voor sy antwoorde gaan gee, hoop net sy daag die keer op en ophou om die land se mense aan n, lyntjie te hou. Die regering maak net soos hulle wil.