Motshekga gee groen lig vir matriekeksamen

Angie Motshekga Foto: DOC

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Vrydag gesê sy is vol vertroue dat haar departement en die leerders gereed is vir die matriekeksamen wat in die middel van Oktober begin.

Motshekga het aan verslaggewers gesê stelsels is in plek om die integriteit van die eksamen te beskerm nadat van die vraestelle in vorige jare uitgelek het.

Al 212 stoorplekke oor die land heen is ondersoek en ʼn oudit is gedoen om te verseker dat dit voldoen aan die minimum veiligheidstandaarde. “Plekke wat nie hieraan voldoen nie, sal nie toegelaat word om vraestelle te stoor nie,” het sy gesê.

“Die departement het onverpoosd gewerk om seker te maak dat die eksamen op standaard is en dat daar hierdie jaar geen onreëlmatighede is nie,” het sy gesê. “Die registrasie van die eksamensentra en kandidate is afgehandel en die finale verifiëring van die data duur voort.”

Altesaam 636 814 voltydse leerders en 161 475 deeltydse leerders is geregistreer vir die 2017 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.

Die grootste getal matrikulante is in KwaZulu-Natal (169 023), gevolg deur Gauteng (112 164). Limpopo het 110 639 matrikulante en die Oos-Kaap 92 755.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

So Angie…waarvoor mik “the people” nou weer die jaar om te pass? 30%….31% vir n onderskeiding? ANC LEGACY! Verlaag alle standaarde om almal te akkomodeer!

Toppie6 ·

Hoeveel vraestelle is alreeds gelek en beskikbaar Met die stanaarde wat so verlaag is kry almal onderskydings , hoe lekker , maar ongelukkig is daar nie werk vir almal – Matriek met ‘n graad in diefstal en roof

SP ·

Sy is so vol selfvertroue,sy weet ookal wat die slaagsyfer gaan(moet) wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.