Motshekga loof plaasskool vir goeie matriekslaagsyfer

Minister Angie Motshekga by die Machadam Combined School in Mooinooi, Brits Foto: Molaole Montsho/ANA

Machadam Combined School in Mooinooi naby Brits verdien erkenning, het die minister van basiese onderwys Woensdag gesê.

“Die skool verdien erkenning, mens kan nie jaar ná jaar ʼn 100%-slaagsyfer hê en soos enigiemand anders behandel word nie. Julle het baie hard gewerk,” het minister Angie Motshekga gesê.

Sy het op die eerste dag van die akademiese jaar die plaasskool besoek om die stand van die skool se gereedheid te bepaal.

Machadam het ʼn 100%-slaagsyfer gehad vir sy 2017-matrikulante nadat die 36 leerlinge hul eksamen suksesvol afgelê het. Dit is die twee jaar in ʼn ry wat die skool ʼn 100% slaagsyfer behaal het.

Skoolhoof Milton Mathibe het gesê die 100%-slaagsyfer is nie maklik nie. “Alle belanghebbendes wat die skoolbeheerliggaam en die myne [in die gebied] insluit, het almal ʼn rol gespeel in dié prestasie,” het hy gesê.

Hy het gesê, ondanks die feit dat die skool in ʼn behoeftige gebied geleë is, glo hy die leerders moet nog steeds opgelei en beskerm word. “Skoliere moet leer, onderwysers moet oplei.”

Motshekga het gesê sy sal vennote, wat saam met die departement werk, mobiliseer om die skool te help om sy infrastruktuur, insluitend sportfasiliteite, te verbeter.

Mathibe het aan die minister gesê die skool kry hulp van die myne en hulle sal ook met een van die mynhuise vergader om die skoolgronde te plavei, aangesien dit nie toeganklik is wanneer dit reën nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trots SA ·

Wel gedaan!! Dit maak mens trots om sulke stories te lees. Ek is so bly om te sien dat hulle nie hul “arm” status as n verskoning gebruik nie, maar eerder hard werk om bo hul omstandighede uit te stuig. Wel gedaan aan die gemeenskap en veral die onderwysers wat die kinders ondersteun om n sukses van hul lewe te maak.

Mielies ·

Dit kan gedoen word – om leerders te laat presteer moet die hele gemeenskap betrokke raak. Dit is ons toekoms!

Nico K ·

Dit wys net dat dit gedoen kan word en heelwaarskynlik het die onderwyser moeite gedoen. Dan hoor ek daar word gesê dat een van die redes hoekom die Engelse kinders in Overvaal geplaas moet word is om gehalte onderwys te ontvang. Hooekom? Gee ander skole nie gehalte onderwys nie. Dan is daar mos fout met die ander skole. As ‘n plaasskool dit kan doen, kan hulle ook.

Alida 2 ·

Ek salueer toegewyde onderwysers.
Wys net weer dat hulle meer werd is as ‘n luukse skool.
Die gebou bepaal nie die slaagsyfer nie.

Genoeg! ·

Pragtig!!!! Gebruik die skool as voorbeeld en wys vir ander hoe dit gedoen kan/moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.