Motshekga ondersteun moedertaalonderrig

Angie Motshekga. Foto: Jacques Naude/ANA

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het haar gedistansieer van die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, se stellings teen Afrikaans as onderrigtaal, en ʼn sterk pleidooi vir moedertaalonderrig gelewer.

Motshekga het die parlementêre mediakorps toegespreek voor haar begrotingsrede, wat vanmiddag gelewer word.

“Moedertaalonderrig is altyd verkieslik en word beskerm in die Grondwet. Dit behoort nie ʼn kwessie te wees nie en ek kan openlik sê dat ek nie saamstem met pogings om moedertaalonderrig te verminder nie.

“Ons moet eerder beken dat ons die afgelope 25 jaar nie genoeg gedoen het om moedertaalonderrig in sommige Afrikatale uit te brei nie. Ek is so gefrustreerd daaroor.

“As ons kon, sou ons alle kinders in hul moedertaal onderrig. Dit is die beste manier om kognitiewe vaardighede te ontwikkel en konseptuele ontwikkeling te maksimaliseer. Jou moedertaal is die enigste taal waarin jy behoorlik kan dink. Dit gee jou selfvertroue.

“Terselfdertyd wil ek spesifiek met betrekking tot Gauteng sê dat Afrikaans nie gebruik moet word om kinders uit te sluit en hul toegang tot onderrig te belemmer nie,” het Motshekga vermaan.

Motshekga het gesê sy is verheug om vir ʼn derde termyn as minister van basiese onderwys te dien. “Dis ʼn voorreg en ek geniet dit. Ek beskou dit as ʼn mosie van vertroue – dit is wie ek is; ek het nog altyd skoolgehou,” het sy bygevoeg.

Motshekga het gesê een van haar departement se hoofprioriteite is om die afwesigheidskoers onder onderwysers – wat landwyd daagliks op sowat 10% staan – met streng dissiplinering te verminder.

Strafregtelike vervolging is die voorland vir diegene wat onder verdenking is in die Volmink-verslag se onthullings oor die rol van die onderwysvakbond Sadou in die KwaZulu-Natalse onderwysstelsel. Dit sluit in bevindings oor omkopery, aandrang op seksuele gunste vir loopbaanbevordering en selfs moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Suzette Geringer ·

Hoekom vat Angie Motshegka nie die onbevoegde LUR vas nie? Is die LUR belangriker as die Minister.

Piet ·

Afrikaans word nie gebruik om ander leerders uit te sluit nie. Dit is net nie prakties moontlik om altyd ander taalgroepe te akkommodeer nie. Veral wat die getal klaskamers en onderwyser-getalle se toewysing per skool betref. Ek dink die Afrikaanse skole sal saamstem. Dit gaan beslis oor taal en nie kleur nie. Die situasie by skole verskil en daarom is heelwat skole multi kultureel. Maar dit beteken baie beslis nie dat enkel-medium skole verkeerd is nie….

Andreas ·

Want die antwoord lê hierin opgesluit, en ek haal haar aan: “Terselfdertyd wil ek spesifiek met betrekking tot Gauteng sê dat Afrikaans nie gebruik moet word om kinders uit te sluit en hul toegang tot onderrig te belemmer nie,” het Motshekga vermaan.

So, sy speel met woorde, ongeag wat sy oor Lesufi gesê het, kon sy net sowel niks gesê het nie.

Andreas ·

Want die antwoord lê hierin opgesluit, en ek haal haar aan: “Terselfdertyd wil ek spesifiek met betrekking tot Gauteng sê dat Afrikaans nie gebruik moet word om kinders uit te sluit en hul toegang tot onderrig te belemmer nie,” het Motshekga vermaan.

So, sy speel met woorde, ongeag wat sy oor Lesufi gesê het, kon sy net sowel niks gesê het nie.

Potts ·

Bang dat al die goeie(lees afrikaanse) onderwysers gaan inval by die privaat skole wat in die pyplyn is.

Hettie ·

Volgende week verander sy weer haar storie na die ANC haar vasgevat het !

JohanL ·

Verfrissend dat Min Motshekga erken moedertaalonderrig is die beste en dat haar regering moedertaalonderrig nie genoegsaam uitgebrei is onder die Afrikatale nie. Dit is immers die waarheid. maar nou Minister – gaan u of u regering die moed van oortuiging openbaar en Lesufi uit sy amp verwyder?

Maar ek wil ook weet wat PRESIES bedoel u met “Afrikaans moet nie gebruik word om kinders uit te sluit nie”??? Asseblief verduidelik. ENIGE kriteria sluit uit – in die geval sal Afrikaans kinders uitsluit wat nie die taal kan praat nie – dit is NATUURLIK. Net soos Engelssprekende kinders uitgesluit sal word in ‘n skool waar Zoeloe die LOLT is. So asb verduidelik daardie sin vir my, want dit klink soos presies dieselfde deuntjie wat Lesufi altyd sanik.

Andreas ·

Angie Motshekga kon net sowel niks gesê het nie. My probleem met die ANC, ook Cyril, noem dit, en ander politici, soos nou met haar, is dat hulle in die media geluide maak, maar die aangeleentheid nie direk met hul ondergeskikte opneem nie, waarom dit van die dakke verkondig en dit nie eerder ‘n opdrag en beleid maak nie?

Waarom, vra ek? Ook, wie probeer hulle ‘n rat voor die oë draai?

As enigeen van ons base, of dit nou die mense hier op Maroela of waar ook al is, met die media gesels waaroor hulle kwansuis nie met jou saamstem nie, maar dit nie direk met nou opneem nie, en die media publiseer dit, wat gaan jy doen? Gaats, dalk het jy dit nie eens gelees nie, en al het jy, sal jy natuurlik jou nie daaraan steur nie.

Sarie ·

Ek dink wat sy bedoel is: Moenie teen afrikaans diskrimineer en sodoende afrikaanssprekende kinders benadeel nie.

Andreas ·

Sarie, ons het al geleer hulle moet als wat hulle sê op skrif sit, dan moet ten minste 10 van hulle daarby teken, maar hulle moet ‘n verduideliking gee wat hulle werklik bedoel, dan nog het die geskiedenis geleer, moet mens dit met ‘n knippie sout in neem. Mens wil so so graag hulle glo, maar …. nou ja, dis hoe dit is.

Gert van Wierdapark ·

Na 10 JAAR as mini-ster van Basiese Onderwys, wil ek graag weet wat het sy om te WYS watter verskil haar departement in SA in die dekade gemaak het rakende basiese onderwys! “Om nou een hoofprioriteit te he om onderwyser afwesighede onder 10%te kry, is myns insien maar treurig/vrot – 30% = slaag!?

Hans ·

Wat het sy persoonlik gedoen om nuwe skole te bou en om bestaande skole instand te hou. Daar moet opgehou word om politiek te bedryf en te konsentreer op die kern oogmerke van onderwys. Wonder net wat gaan sy doen as ‘n ander taalgroep by n engelse skool opdaag en aandring om in hul eie taal onderrig te word.

Andreas ·

Ek kan met gesag beaam, sy ondersteun dit, want ek lees dit in die berig.

aj ·

Die grootste onreg ooit is aan die Afrika kind gedoen deur hom/ haar te forseer om in ENGELS te leer.

Dit het aan hulle ‘n PERMANENTE AGTERSTAND gegee vergeleke met leerders wat in moedertaal hulle onderrig ontvang het!

Die Afrika kind se waardigheid is aangetas omdat hy as DOM bestempel is omdat Engels nie sy /haar moedertaal is nie.

Altyd ‘n ‘second hand’ Brit in die Engelse wêreld terwyl hy ‘n outentieke Zoeloe, Xhosa of Pedi in Syid Afrika kon wees …. in die eerste klas!

Andreas ·

Geen groter waarheid is al ooit gesprook. En dit sê ek met oneindige, oneindige empatie, sonder nydigheid, sonder om hul as agtergeblewe te beskou of te laat voel, maar as jy hulle hul moedertaal gee, sal hulle bemagtig voel wat op gelyke voet met die res van die wêreld kan meeding.

My grootste wens is dat Angie en Lesufi deur hierdie helder lig getref sal word, dat dit in die geskiedenis geskryf sal wees dat hulle het dit vir hul eie nageslag gedoen.

Grobler Steyn ·

Afrikatale is dialekte wat 100de jare sal neem om in n volwaardige onderrigtaal te ontwikkel Afrikaans kan nóóit vergelyk word met dialekte nie is n international gerekende taal weens navorsing en gebergte intellektuele eiendom en that’s a fact my dear Mr Lesufi ,sir!!!

L ·

Goeie werk Angie, goeie werk. Net jammer baie min mense sal dit glo.

Kobus ·

Een van die sleutelwoorde vir sukses in enige organisasie is dissipline en goeie bestuur, veral finansiële bestuur. Mees belangrik, ń goeie ratio passievolle onderwysers. Sodra ń aantal nie skoolfonds kan betaal nie, lei die finansies en die ekstra onderwyseres daaronder. Mans en Dames in die onderwys verdien die grootste dankbaarheid en respek.

Andreas ·

Wat mens weer oor moet dink: sekeres is soos wat ek oor hulle skryf en ons. Wat die realiteit is en uit die verlede kom moet ons as geskiendenis beskou, maar dat dit was …., jig dis moeilik .. netnou .. ja en dan praat die lewe met jou … mag jy in daai oë kyk .. jig … vat .. liefkoos …

Sal ek nou antwoord hê????

Nie in miljoenjaar nie.

Nie as jy kleurblind of net blind is nie.

En net … ja ..

Johanna Botha ·

Watse resultate kan sy wys vir haar termyn sover ….as sy nou n punt moes kry uit 10 soos n leerder…..3/10 ? ? Want wragtig daar word elke soveel jaar besluit dit werk nie ….? ? Wiskunde en wetenskap bly swak ! ! ….of is dit maar die gemiddelde IK van die leerders ?

Jerry ·

Angie bedoel dat enkel-medium skole is verkeerd omrede dit nie-Afrikaanssprekende kinders uitsluit en dus die NDR dekolonalisasie oogmerk vir die bevordering van diversiteit ook uitsluit. Die waarheid van die NDR oogmerk vir diversiteit is om sodra hulle eers n voet in die deur gekry het by enkel-medium skole, soos by die universiteite, die wil van die meerderheid af te dwing deur te eis dat Afrikaans as taal van die onderdrukker afgeskaal word totdat die taal uiteindelik ook uit skole uitgewerk word! Dit is maar die ANC se verswelging deur getalle strategie en of dit Angie is of Lesufi, die taktiek verander, maar nie die strategiese oogmerke nie. Net soos eers die universiteite is dit nou skole en in n mindere mate tans, is dit ook alreeds kerke wat geteiken word om n voet in die agterdeur te kry. Dit begin eers nederig (skynheilig) met min getalle en voor julle, julle oe uitvee kry die getalle momentum asook die eise en siedaar, “majority rules” in universiteite,skole en kerke!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.