Motshekga sê nou eers môre oor skole

Angie Motshekga. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sal nie meer Sondagaand soos beplan die media toespreek rakende die heropening van skole nie. Die mediakonferensie is pas uitgestel en sal nou na verwagting Maandag omstreeks 11:00 plaasvind.

Maroela Media het vroeër berig onderwysvakbonde en beheerliggaamorganisasies hoop dat Motshekga sal aankondig dat die heropening van skole uitgestel word.

Dít nadat vyf onderwysvakbonde en drie beheerliggaamorganisasies Saterdagaand gedurende ʼn vergadering met die minister dit eens was – skole is nié gereed om oop te maak nie.

Altesaam agt onderwysvakbonde en organisasies wat skoolbeheerliggame verteenwoordig, het vroeër vandeesweek vergader en eenparig tot die slotsom gekom dat skole nié te midde van die Covid-19-pandemie gereed is om te heropen nie.

“Die minister moet haar aankondiging in dié verband terugtrek en enige verdere aankondiging uitstel om die stelsel kans te gee om vir ʼn algemene heropening voor te berei. Indien nie, gaan ons ʼn halsoorkop heropening op hande hê,” het die organisasies in ʼn verklaring gesê.

Die verklaring is deur Sadou, Naptosa, Natu, die PEU, SAOU, Fedsas, NASGB en GBF onderteken.

Gr. 7- en gr. 12-leerders landwyd is veronderstel om Maandag weer terug op die skoolbanke te wees. Die Noord-Kaap het egter reeds aangedui dat leerders in dié provinsie hulle eers ʼn week later gaan aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Michael 1 ·

Belaglik is om 11 uur te sê hoe kinders 8 uur dieselfde dag skool toe moet gaan wat rook hierdie mense

Chris ·

Moeilik om te verduidelik, het seker nie haar huiswerk gedoen nie!

Wil ook net sê ·

Ek wil nie sommer uitsprake maak oor mense wat ek nie persoonlik ken nie. Maar Me. Motshekga kom onbekwaam en besluiteloos voor. Of steek die unies elke keer ‘n speek in die wiel?
Iemand sal uiteindelik ‘n besluit moet neem oor die 2020 skooljaar en dan staan of val by die besluit wat geneem was, hoe moeilik ookal

Barbara ·

Skrap die jaar geen kind of onderwyser se lewe is dit werd. Laat alle kinders eerder die jaar oordoen selfs in graad R. Sodoende sal die volgende jaar se graad 1’s nie oorvol wees nie. En as dit moet laat die Gr12 hul jaar klaar maak dit is minder kinders om PPE te voorsien as almal met tyd terug keer. En glo hul sal ook dan beter doen met minder kinders per klas en kan so spesiale aandag kry vir diegene wat sukkel en ń agterstand het.

Knormoer ·

Absoluut pateties. My kind weet nie of hy more moet skool toe gaan of nie. Die skoolhoof weet ook nie. Lyk my die provinsiale regering gaan nou maar die besluit moet neem, aangesien die minister die nie gaan doen nie. Wat n leier. Totale disrespek vir die hele land se mense wat sit en wag.

Barbara ·

As ek reg is het ek nou op die nuus gesien die kids moet nie môre begin.

JohanR ·

Soe moet die kinder nou Maandag more by hulle skole aanmeld, of moet hulle gereed staan met hulle tekkies aan, om na die 11H00am aankondiging skool toe te hol? Gelukkig lanseer die ANC nie ‘n vuurpyl nie, of hulle sal uitasem daar aankom, en vind die vuurpyl is al twee dae gelede lanseer!

MakersMark ·

Regterhand krap kop bo linker oor….”I don’t know”…….standard answer!!

Warrior ·

Dit is vir my as onnie n klap in d gesig dat my “groot baas” Angie, so domastrant is. Sy weet niks. Stuur d onnies en kids skool toe- kom ons kyk hoeveel kinders oorleef asook onnies. As ouer sal ek haar persoonlik veratwoordelik hou as my kinders d virus opdoen en sou sterf omdat my kind se skool geen ppe’s ontvang het nie en as gevolg daarvan omkom. In my hart sal ek aan mense dink soos sommige v julle wat onnies kritiseer en veroordeel oor n sisteem waarvan jul niks weet ni. Maar ek sal julle vergewe. Julle wat so kla, ons wit onnies loop d een na die ander, kom ons kyk hoe groot is julle monde wanneer jou kind se skool geen meer blanke ondw het ni!!!

Pieter ·

JulleANC het die land in n sirkus verander. En ons belasting geld betaal julle klomp narre

eksalnievergeetnie ·

Kan mens werklik die Unies ten volle kwalik neem vir hulle beswaar teen her-opening? Die regering het streng regulasies re PPE uitgevaardig, maar versuim om die toerusting aan skole te verskaf. Ryker skole kan dit dalk bekostig, maar normale Afrikaanse skole, wat reeds min van die Departement ontvang, word gelos om vir hulself te raap en skraap. Dis nie net onregverdig nie, maar moontlik krimineel gevaarlik teenoor kinders en onderwysers.

Johannes ·

Die vrou se totale onbekwaamdheid word duidelik blootgestel. Sy is eenvoudig net nie bekwaamd genoeg vir haar pos nie.

Daniël Hendrik ·

Wie in die anc regering is bevoeg?
Die buiteland lag vir die kieserskorps wat vir meer as twee dekades ‘n party instem wat die Suid-Afrikaanse regering soos ‘n 5c sirkus laat lyk.

Emily ·

Liewe ons, soveel onbekwaamheid het ek nog nooit gesien nie. Regtig die mense het nie n idee wat hulle doen nie. Kyk maar nou CR ook, Se een oomblik so, dan weer so. Nee wat, dis swak verby.

Scalla ·

Angie, van basiese onderwys het jy nie n klue nie, weet jy dalk wanneer kan ek en jy gaan hare sny.

Fedup ·

Cannot work or understand a calender or a watch. There is no degree for incompetence.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.