Motshekga: Sit skoolkinders in grondslagfase outomaties deur

Die minister van basiese onderwys, mev. Angie Motshekga, het in die parlement haar omstrede mening dat skoolleerlinge in die grondslagfase (graad 1, 2 en 3) outomaties deurgesit moet word en nie moet kan druip nie, herhaal en die redes vir haar opinie verduidelik.

Sy het op ’n skriftelike parlementêre vraag deur die VF Plus-parlementslid dr. Wynand Boshoff geantwoord nadat sy vroeër vanjaar in haar begrotingstoespraak na die wenslikheid van so ’n stelsel verwys het.

Motshekga het eerstens gesê dat so ’n stelsel van “outomatiese progressie” nie tans geld nie. Op die oomblik kan ’n leerling een maal per skoolfase druip, maar nie meer as dit nie. Die twaalf skoolgrade is tans in vier fases van drie jaar elk verdeel. Daardie stelsel bly geldig tot dit verander word – tans kan leerlinge steeds druip, ook in die grondslagfase.

Volgens Motshekga dui internasionale neigings en studies in die opvoedkunde tans daarop dat herhaling van ’n skooljaar baie min voordele vir jong leerlinge in die grondslagfase inhou. Die nadele oortref die voordele en akademiese prestasie verbeter nie noodwendig nie.

Hoewel daar dus nadele is aan outomatiese progressie, meen Motshekga die internasionale studies toon die nadele daarvan om leerlinge te laat druip is groter. Druipery lei ook volgens haar tot klasse wat te groot is vir gehalte-onderrig en bykomende koste vir die regering omdat bykomende onderwysers aangestel moet word.

Sy het uitgewys dat die stelsel van outomatiese progressie reeds in verskeie ontwikkelende en ontwikkelde lande geld.

Die departement van basiese onderwys het reeds begin met planne sodat voorberei kan word vir outomatiese progressie in die grondslagfase.

Dit sluit in dat daar “voldoende ondersteuning” sal wees vir elke leerling in die grondslagfase; met spesifieke klem op leerlinge met die risiko om nie die nodige vaardigheidsvlakke te haal nie.

Die vaardigheidsvereistes vir die grondslagfase sal as doelwit teen die einde van die grondslagfase gestel word sodat ’n vaardigheid wat nie in ’n spesifieke jaar bemeester word nie, in ’n volgende jaar getakel kan word.

Leerlinge sal verskillende maniere gegun word om vaardighede te bewys. Dit sluit in die gebruik van konkrete apparaat vir ’n langer periode as hul tydgenote, minder assessering op ’n keer met meer rustyd, en die gebruik van ander vorme van assessering as ’n spesifieke soort assessering nie ’n leerling pas nie.

Spesifiek word gevoel dat leerlinge wat sukkel om te lees, nie daarom hoef te sukkel om hul wiskundige kennis te bewys nie. Voorts moet die leerling toegelaat word om wiskundige antwoorde en konsepte in alle tale uitruilbaar te gebruik, nie net in die taal van leer en onderrig nie.

Volgens Motshekga sal onderwysers in die grondslagfase kragtens die nuwe stelsel baie omvattende assesseringsrapportering moet doen sodat ouers, asook onderwysers in later grade, presies weet watter vaardigheidsvlakke die leerling bemeester het, en watter vaardighede verdere aandag nodig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Viss ·

Gee hulle sommer die eerste jaar op skool ‘n matrieksertifikaat, dan is daar geen probleme nie. Matriek in sekere skole is so goed as niks werd.

Anel ·

In ontwikkelde lande. Ons is ‘n tiende wêreld! Asseblief, kom tog net by. Het die een wat die uitlatings maak ooit self skool gegaan!

Mm ja nee ·

Smile, As jy matriek sertifikaat in eerste jaar kan gee kan miljoene aan onderwys “gespaar” word, geen onkoste aan skole en onderwysers en en nie, daai geld kan dan gebruik word om al wat n nuk en gril van die anc is te finansier… Dom maar in pas met al die res wat hier gebeur..

Jessica ·

Daar moet dan eerder gekyk word om hulp skole te bou waar daar aan leeders wat sukkel ekstra hulp verleen kan word.

Tino ·

Fantastiese idee om die massas dom en nie in diensbaar te hou!

Geld groei mos uit niks en mens moet nie iets doen om dit te verdien nie. Almal kry mos net, ek verstaan nie hoekom mense wil waai nie. Dis baie lekker hier!

Anoniem ·

Keep the masses uneducated and you will stay in power forever… voorgestelde “sit net deur” en 30% slaagsuifers… spreek van self

Andre ·

Ja…ons hoor deesdae baie van leerlinge wat 19 in std 7.as jy dom is ,is jy dom…in graad een of 10…seker die kwalifikasie wat jy nodig het vir politiek…graad3

Catherine ·

Sy weet defnitief niks oor onderwys nie. Grondslagfase is die BELANGRIKSTE fases van HELE skoolloopbaan. Oh my hat!!!!From an experienced ex teacher

Pixie ·

Ek stem beslis nie saam…. kinders vaar beter met voldoende grondslag fondasie, in gr 4-7 word daar defnitief nie na die basiese nodige fondasie gekyk nie, as kind nie kan lees word dit mis gekyk… en as jy nie kan lees, kan jy beslis nie leer vir toetse ens…. so sit hom/haar deur net om problem te vererger

Jaco ·

Reik sommer n matriek sertifikaat saam met n geboorte sertifikaat uit. Dan is al hul probleme opgelos……..

Daan du Plessis ·

Wanneer ‘n huis gebou word is ‘n stewige fondasie van die grootste belang. met die ontwikkeling van die kinders geld dieselfde.

Swannie ·

Skrap die wet dat skoolgaan verpligtend moet wees. Maak `nnuwe wet dat alle persone op 18 jarige ouderdom hul huisadres moet verstrek waarheen hul matriek sertifikaat gepos kan word.
Wanneer hul 22 jaar oud is, behoort `n Universiteitsgraad outomaties aan hul toegeken word.

Absurde idees ?? Nie noodwendig nie, want die skoolstelsel is alreeds so beroerd met 30% slaagsyfer en universiteitsgrade beteken ook maar min deesdae.

Petrus ·

In ontwikkelde lande is klassies klein en daar is baie hulpmiddels. Hier moet een onderwyser 40 of meer kinders beheer en nou nog 40 op verskillende maniere toets of hul kan bevorder word. Iemand moet baie vinnig wakker word. Hierdie is reeds ‘n ramp.

Pieter ·

Ja doen dit dan sal hulle eendag net so slim wees soos julle klomp in die regering hehe man julle menisters is darm slim

Elize ·

Nou hoekom gee sy dan nou nie maar by voorbaat by geboorte vir elkeen n matriek sertifikaat nie. Kan baie geld spaar so.

Johan ·

Waarom nie eerder moedertaal onderrig instel in skole nie. Meet onderwysers kan meer belasting betaal. Kinders sukkell met terme in vreemde tale daarom sukkel hulle om te slaag. Outomatiese oorplasing is nie n oplossing vir n ongeskoolde problem nie.

wraggies ·

Hierdie is seker deel van die ANC se vierde industriele rewolusie program.

Oom Koos ·

Doen weg met eksamens wat ‘n slaagsyfer van 30 persent vereis..Leerlinge moet outomaties na die volgende standerd deurgesit word. Dieselfde moet geld vir ons wêreldklas universiteite. Daar word eenvoudig te hoë eise vir leerlinge en studente gestel.

Hanna Hoekom ·

Ja nee, 30% gemiddeld vir slaag is buitensporig hoog…

Jannie van Niekerk ·

Mens kan sien Me. Motshekga weet “sweet” blou bokkerôl van opvoeding af. Ons sit alreeds met 90% onbekwame mense in die arbeidsmark en as leerders nou links en regs deurgesit wrd na die volgende fase toe, al is hulle nie gereed daarvoor nie, gaan ons met nog groter chaos sit. Ekself moes twee keer in my skoolloopbaan ‘n standerd herhaal tewete Sub A en standerd twee, en dit was die beste wat met my kon gebeur want ek was doodeenvoudig nog nie gereed vir die volgende fase nie. Dit het my in my latere loopbane geweldig baie gehelp en ek kan sonder vrees vir teespraak sê dat ek redelike sukses bereik het by al vyf ondernemings waarby ek betrokke was sedert ek skool verlaat het.

John ·

… die gevolge van sulke aksies sit reeds orals in topposte… Vir jare word leerders deurgesit ook in later jare en uiteindelik op universiteit: My kind het nog altyd deurgekom. Swak punte word direk aan die rektor verkondig en raai wie word gekonfronteer… die lektor. En as dit ‘n wit person is, is rassisme dadelik die rede. Misdaad en skelmstreke word so gevestig…

RS ·

Waarom gee hul sommer maar klaar hul matriek sertifikate op ouderdom 7 nie? Hul hoef dan al minder en minder te leer. Skaf sommer skool af vir hulle. Dis mos wat hulle wil he.

Antjie ·

Haar verwysingsraamwerk is bevooroordeeld. Sy het vergeet om te kyk watse goeie rol die druip-stelsel gehad het op die groep kinders wat wel deurgekom het! Maar, miskien kan sy nie die verskil sien nie. Sy wil instel wat sý nodig gehad het, lyk my.

Sjoe ·

As ‘n kind sukkel, is die beste graad om te herhaal juis graad 1. As hy deurgesit word, gaan hy toenemend sukkel in volgende grade. Ek wil nie sien wat gaan gebeur as al die wat so deurgesit word, in graad 4 kom nie.
Sny die leerlingtalle in die helfte, dan kan inderwysers dalk beter ondersteuning gee. Daardie aanhoudende verslaghouding en bewyse hoe jy kinders bystaan, is wat onderwysers onder kry.
Dis lankal tyd vir baie nuwe skole en meer goeie onderwysers.
Ouers moet ook besef dat baie ondersteuning tuis nodig is vir prestasie. Sommige ouers laat al die verantwoordelikheid vir hul kinders se vordering en prestasie aan die skool oor. Dit kan net nie.

humor ·

Hul sit nie net in hoe poste nie want die hoe poste is ongelukkig te min. Diesulkes betoog deurlopend al is hulle nie eens bewus waarvoor hulle betoog nie.
Dit gaan net my begrip te bowe. Waarom sal jou doelwit die heel laagste moontlike prestasie wees. Die mensdom se geskiedenis getuig tog daarvan om gemotiveerd te wees vir die hoogs moontlike doelwit. Om wereldkompiterend te wees. Dan kan daar vooruitgang en ontwikkeling wees. In die skeppingsverhaal is dit tog n Bybelse opdrag.

Penellope Jones ·

Besef sy nie dat die leerlinge dan al hoe meer gaan sukkel en agter raak as hulle sommige dinge nie onder die knie kry nie?

Wat gaan dit help om die kinders net deur te sit? Genugtig tog. . . . .
Of sit hulle dan sommer outomaties in Gr 7. van die begin af . . . . . . .
Of nog beter, gee vir hulle matrieksertifikate dan hoef hulle glad nie “geskool” te word nie. . . . . . .

O Wee ·

Met ‘n mislukte onderwysstelsel is enige land gedoem. Koebaai Suid Afrika…….

juffrou ·

as grondslagfase onderwyser wil ek weet … hoekom dan nogsteeds assesserings doen of boeke merk?

Charmain ·

En die arme graad 3 of graad 4 onderwyser sit met die probleem van onderprestering omdat hy of sy die swakste slaagsyfer het?

Tommie ·

Die minister van basiese onderwys verwys na internasionale studies wat aandui dat herhaling van skooljare minder voordele inhou vir leerders tydens hul grondslagfase. As ‘n teenvoeter, verwys ek na 2 internasionale studies wat die teendeel bewys:

a. Lorence, J (2014). Third-grade retention and reading achievement in Texas: A nine year panel study. Social Science Research, 48, 1-19.

Wu, W., West, S. G., & Hughes, J. N. (2010). Effect of grade retention in first grade on psychosocial outcomes. Journal of Educational Psychology, 102(1), 135-152.

So, daar is internasionale bewyse wat ‘vir’ en ‘teen’ die minister se argument staan. Wie is reg en wie is verkeerd?

Dit is altyd maklik om bewyse aan te haal wat jou argument versterk, maar dit is nie so maklik om bewyse te lewer wat jou argument mag kelder nie.

In plaas daarvan om na internasionale studies te verwys, doen liewers ‘n volledige studie wat Suid Afrikaanse leerders insluit. Die prentjie mag dalk anders lyk.

Griet ·

En aan die einde van die jaar spog hulle hul morsdood oor die 100 % slaagsyfer. Almal gaan mos nou outomaties oor na die volgende fase. Mooi man.

Klippies ·

n Leerder kan matriek skryf al slaag hy geen graad nie! Hy mag slegs een keer in n fase druip, Dit sal hom slegs vier jaar langer neem en dit word alreeds so deur die Onderwysepartement as die norm aanvaar . So, waaroor die bohaai?

Julie Jansen van Rensburg ·

Soos ‘n uittreksel in Lewis Carroll se storie, “ALICE IN WONDERLAND” dit stel: “CURIOUSER AND CURIOUSER…”

Koos Nel ·

In die laerskool (1986 standerd 4,) moes ons n lys van 50 lande se hoofstad name langs elke land neerskryf, en die spelling het getel….. Monte Video ….enige iemand?

Vra n kind wat deesdae by n Universiteit “swot” of hy kan…..

Johan ·

Waarom nie eerder moedertaal onderrig instel in skole nie. Meet onderwysers kan meer belasting betaal. Kinders sukkell met terme in vreemde tale daarom sukkel hulle om te slaag. Outomatiese oorplasing is nie n oplossing vir n ongeskoolde problem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.