Motshekga tydelik SA president

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys. (Foto: GCIS)

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sal tydelik as president van Suid-Afrika waarneem terwyl pres. Cyril Ramaphosa in Zambië is.

Ramaphosa het die aankondiging Vrydag gedoen voordat hy na Lusaka vertrek het om die staatsbegrafnis van oudpres. Kenneth Kaunda van Zambië by te woon.

Maroela Media het vroeër berig die 97-jarige Kaunda is twee weke gelede in ʼn militêre hospitaal opgeneem vir longontsteking. Sy toestand het egter vinnig versleg en hy is kort daarna dood.

Kaunda het Zambië 27 jaar lank regeer en het die leisels oorgeneem nadat die land in Oktober 1964 onafhanklikheid van Brittanje verkry het. Kaunda was aanvanklik ʼn gewilde leier, maar het later meer outokraties geword en opposisiepartye verbied. Hy is uiteindelik tydens die eerste veelpartyverkiesing in 1991 uitgestem.

Adj.pres. David Mabuza kan nie tans die leisels by Ramaphosa oorneem nie, aangesien hy ook nie in die land is nie.

Matshepo Seedat, Mabuza se woordvoerder, sê die adjunkpresident is met verlof vir ʼn mediese opvolgbesoek in Rusland.

Mabuza sal sy pligte hervat sodra hy terug in Suid-Afrika is.

Maroela Media het in Augustus verlede jaar berig dat Mabuza vrae oor korrupsie in die parlement moes beantwoord, maar glo te siek was om dit te doen.

Mabuza het vantevore al mediese behandeling in Rusland ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Persheks Adri ·

Sirkus gaan aan wragtag! Wat weet sy tog nou, maar aan die ander kant wat weet enige 1 van hulle? Oe ee ee

SjN ·

Wat word die baas van n sirkus genoem? Die parlement kort nog net die tent.

Martie Smartie ·

Whatever, een clown of n ander een, solank die sirkus aangaan

ES ·

Ek wonder of Zumpie hom gaan oorgee het by die polisie om sy tronkstraf uit te dien?

Vonkprop ·

Hahahahahahahahahahahaha!!!! O jinne maar dit is baie snaaks hahahahahahahaha!!!

Kaytee ·

As SA dan so wonderlike gesondheidstelsel het soos hulle “beweer”, waarom dan in ñ ander land gaan mediese hulp en raad soek? Ek is seker êrens is “ñ hoogs gekwalifiseerde” Kubaanse dr wat regstaan om hom te help….eish wêna ????????

Stofdonkie ·

Hy sal nie dat ‘n kubaanse dokter naby hom kom nie maar verwag van die res van die land om tevrede te wees met die kubane

Nie Verbaas ·

Weet nie hoekom staan iemand in nie. Dit maak geen verskil nie. Die sirkus se trein stoom al lank voort sonder leiding in die regte rigting.

Mariana ·

HAHAHAHAHA NEE REGTIG HAHAHAHAHA!! Is daar regtig niemand beter nie. Die vrou is nie in staat om ordentlike besluite oor skole te neem nie, wat nog te sê ‘n land sn. Nee sirkus is dit en die narre dans.

Belinda ·

Wel hopelik sal sy beter doen as die huidige en voriges…..

Belinda ·

Net n vraag, hoekom gaan hulle oorsee vir mediese behandeling? Het hul so min vertroue in ons wonderlike mediese personeel? Die kubane wat hulle ingevoer het, kon hulle nie ook help, shamepies… Ons moet maar met die lot hier sit en bid ons kom lewendig uit wanneer ons hospitaal toe gaan…. of is dit meer vir n vakansie as siekte?

SjN ·

Pik Botha het reeds jare terug verkondig en voorspel dat dit gaan gebeur, in elk geval die howe bewys baie verkeerde besluite uit.

Francois Le Cochon ·

Ten minste het sy ‘n Meesters van Wits. Pasop vir persepsies.

piet ·

Korrek asof enigeen hier nou sou beter doen. Kyk nou watter narre ons vantevore gehad het gedurende Apartheid. Van die ouens was ook nie juis geleerd nie. Ou PW Botha het net matriek gehad.

Vonkprop ·

Dis reg Piet. Ek sal ook bitter sleg vaar maar dit maak haar ook nie die ideale kandidaat nie en dit is die grap.

Classic ·

So wat? ‘n Magisterstudie in wat en wat was die gehalte van die studie? Al was dit doktoraal gewees beteken dit nie sy is geniaal of is bevoegd om wyse besluite te neem nie.

Stefaan ·

Mabuza na Rusland vir mediese besoek. Pragtige mosie van wantroue in sy eie mediese korps

JohanR ·

Verbaas die minister van toerisme EN gesondheid is nie tydelik president nie!

Piet parys ·

Wonder wat kry sy vir ACTING ALLOWANCE ekstra. Hier is nie eers basiese hospatilasie vir die publiek in staatshospitale nie maar die belasting betaler moet vir hom 5 ster behandeling gee in rusland. . Al trein wat loop in die land is die sousrein

Dapper Patriot ·

Mense.
Dié is nie snaaks nie…dit is kommerwekkend.
Way gaan ons eendag vir ons kinders sê?
“Ons het maar net vir al ons probleme gelag, en dan geïgnoreer …”
Wel besluit maar self hoe jy daaroor voel…

SomeOne ·

sy kon nie eers in haar tyd skole regeer nie, wat gaan ons nou kry ?

Arnold ·

Regtig ons moet op gesluit bly en hy verlaat die land waar gesien kan sy ‘n land waarneem met bedoelinge mening kan ek met bewys se die sogenaamde virus kom van die inenting vacation en ek sê dat My God is my God jy sal nie my dwing om dit te neem jy en jou ANC gemors kan maar loop doppies blaas saam die new world order

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.