Motsoaledi: ‘Guptas het gesondheidsdepartement soos kitsbank gebruik’

Dr. Aaron Motsoaledi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Vrydag tydens ʼn besoek aan Noordwes beweer die omstrede Gupta-familie het die Mediosa-kliniek in dié provinsie, wat met die Guptas verbind word, as ʼn kitsbank-kaart gebruik om geld van die gesondheidsdepartement te onttrek.

Motsoaledi het Vrydag die Mediosa-kliniek besoek wat glo R30 miljoen se befondsing van die Noordwes-departement van gesondheid ontvang het om dienste te verskaf.

Hy het gesê die gesondheidsdepartement maak nie staat op dié kliniek wat gesondheid in die provinsie betref nie. “Ek dink nie dit sal verkeerd wees om die kliniek as ʼn kitsbank-kaart te beskryf wat die Guptas gebruik het om geld van die departement van gesondheid te onttrek nie. Ek kan dit ongelukkig op geen ander wyse beskryf nie,” het hy gesê.

Hy het gesê die regering se kontrak met die kliniek moet gekanselleer word gegewe die feit dat die gesondheidsdepartement nou met ʼn kleiner begroting moet werk weens druk op die nasionale fiskus.

“Ons gesondheidsfasiliteite loop oor omdat daar te veel mense is wat daarvan afhang, ons het nie enige geld om uit te gee op iets soos wat by dié kliniek gebeur nie,” het hy laat hoor. “Wie ook al hierdie kontrak onderteken het moet ʼn manier vind om dit te kanselleer, want dit is nie ʼn diens wat Suid-Afrika enigsins nodig het nie.”

Werknemers by die kliniek het nie in Februarie salarisse ontvang nie. Die Valke het vroeër bevestig dat hulle ondersoek na die bedrywighede by die kliniek ingestel het vanweë die bande met die omstrede familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

snoefie ·

dit nadat jy hulle hoeveel jare betaal het min motsoaledi?

Andrea van Vuren ·

Nog ‘n vraag minister. Hoekom is daar nie geld om nuwe eerstejaar verpleegkundiges in te neem in Gauteng nie? Hule is glo die deur gewys.

Alida ·

As hy mense wat eerlik is en met integriteit aangestel het om die geld te beheer sou dit nie gebeur het nie. Die minister het die ATM net elke keer volgemaak! Nou ly siek mense daaronder. Die hele dept van gesondheid moet ondersoek word. Mense gaan dood van honger onder hulle en hy voer die Guptas.

Pieter ·

En dis waarom die NVG planne van die ANC maar net nog ‘n ramp gaan wees, maar op ‘n veel groter skaal.

PJC ·

Hoe kan hierdie minister nou onskuldig pleit. Hy is mos verantwoordelik vir hierdie portefeulje. Die hele land het mos geweet dat allerhande dinge en nie net gesondheid nie, besig was om skeef te loop in die provinsie. Ander ministers beter ook maar solank verskonings begin uitdink want dit blyk hierdie hele provinsie is verrot van die korrupsie.

Von ·

Die minister is nie sy pos werd nie. Staatshospitale is n uiters swak toestand. Hy het op nasionale TV uitlating gemaak dat die verwagting nie moet wees om gesond uit n hospitaal te kom nie. …. as dit sy oogmerk is kan mens verstaan hoekom dit lyk soos dit lyk

Andrea van Vuren ·

Hy swaai sy mantel na die wind. Hy weet nou skielik waar sy brood gebotter is.

Buffel ·

Dis janmer die minister vind dit uit NA die Gupta’a land uit en voortvlugtend is…..hy het sekerlik niks hiervan geweet in die verlede nie…….

Lerato ·

Geagte Minister
Kom jy dit nou eers agter? Net soos Lynne Brown nie “ingelig” is oor Eskom se skelm streke is nie. Arme oningeligte ministers

Boggom ·

Nou as grootbaas van hierdie organisasie….hoe was jy nie daarvan bewus nie?

Anoniem ·

Is dit dalk een van die redes hoekom daar nie geld is vir internskap poste by staatshospitale nie, en afgestudeerde dokters werkloos is? En dit terwyl die toestande in die meeste staatshospitale so suboptimaal is en ekstra kundige hande so bitterlik nodig is?

Magda ·

Dit is net so ‘n skreiende skande wat in die gesondheidsektor gebeur… hoe ver nog kan hierdie laagtepunte daal!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.