Motsoeneng aan Zuma: ‘Ek het jou gewaarsku’

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie. (Foto: AP)

Hlaudi Motsoeneng, ʼn stoere ondersteuner van oudpres. Jacob Zuma, het Vrydag gesê hy het die oudleier vantevore gewaarsku om die ANC vaarwel toe te roep, aangesien sy kamerade daar hom agter tralies gaan laat beland.

Motsoeneng het met verslaggewers buite die Zondo-kommissie van ondersoek gepraat.

“Ek het Zuma gewaarsku om die ANC te verlaat. Ek het vir hom gesê hierdie mense gaan hom in die tronk stop. Ek het hom gewaarsku en steeds is hy lief vir hulle. Dis goed so en ek ondersteun hom. Hy is nie ʼn misdadiger of ʼn dief nie.”

Moetsoeneng het die voormalige Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, gekasty vir die negatiewe bevindings wat sy oor Zuma gemaak het in haar destydse verslag oor staatskaping. Dit het gelei tot die kommissie van ondersoek, wat nou deur adjunkhoofregter Raymond Zondo gelei word.

“Jy kan haar nie vertrou nie. Sy het die land etlike kere mislei. Dit was my ervaring van haar en dit is hoekom ek haar verslag laat hersien,” het Motsoeneng gesê.

Motsoeneng het gesê hoewel hy die ANC verlaat het om sy eie party, die African Content Movement, te stig, sal hy altyd bankvas agter Zuma staan.

Die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, die woordvoerder van die MK-veterane, Carl Niehaus, die voormalige kabinetsminister Des van Rooyen en Zuma se seun Edward was almal vandag in die openbare galery tussen Zuma se ander ondersteuners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

BlinkStephaans ·

Niemand het verwag dat jy enigiets anders gaan sê… regtig… ek hoop nie daar is mense wat jou nog ernstig opvat… maar ek veronderstel elke stelsel het maar sy hofnar nodig.

Aau ·

Hlaudi is ons volgende president! As dit nie vir die verneukspul by die verkiesing was nie, het sy party gewen! Kyk maar na sy vriende, fantastiese mense! Hulle gaan die land nog red!

Hanlie ·

Dis lagwekkend!!! Hoe dink hierdie mense? Hy moet pasop hy gaan nog voor die Zondo kommissie verskyn want die “ou” wat hy so ondersteun gaan hom nog uitverkoop.

Hanna Hoekom ·

Thuli het die land verskeie kere mislei? Regtig? Hlaudi en Zuma rook seker baie sterk grassies… It takes one to know one!

Annie2 ·

Dit is lagwekkend. Hoe het die ou garde gesê – Aan jou vriende sal jy geken word. Hlaudi en die wat genoem word hier is in dieselfde WhatsApp group. ????????

Spike ·

Kyk hierdie zuma nes maak my naar, maar die ergste is niehaus.

ap ·

Wie luister nog na die blinkkop . , kan nie glo hy is nog nie toegesluit nie

Tokkolos ·

Die 1 duiwel wat die ander duiwel waarsku
????????????????????????????????????????????????????????????????

Dries Moolman ·

JY hoort in ‘n gestig, nevermind ‘n tronk. SAUK leeg gesuig en uitgespoeg, kon nie eers ‘n politieke party in die parlement kry nie.

Jannie van Niekerk ·

Ai, ai, ai. Ek sien al ou Jacob se pelle is manne wat een of ander verbintenis met Pinno het… Hlaudie. Careltjie. Des. Almal manne met sulke lang neuse soos die Chinese sê….

Pieter Grobbelaar ·

Wie is Carl Niehaus nou weer………o ja, nou onthou ek. Ha ha ha….

Julie Jansen van Rensburg ·

Soos die ou Engelse spreekwoord dit stel: ‘BIRDS OF A FEATHER FLOCK TOGETHER….” of “VOëLS VAN ENERSE VERE…”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.