Motsoeneng dán ondersoek

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, sal volgende week dissiplinêr verhoor word.

Khanyisile Kweyama, voorsitter van die tussentydse SAUK-raad, het aan LP’s gesê dié verhoor vind op 17 Mei plaas.

Dit volg nadat Motsoeneng se aanstelling as uitvoerende bedryfshoof as onwettig verklaar is.

ʼn Uitspraak in die Wes-Kaapse hooggeregshof het in Desember gelas dat hy onbevoeg is om enige pos by die uitsaaier te beklee totdat ʼn dissiplinêre verhoor hom vrygespreek het van enige aantygings, of as ʼn hof die Openbare Beskermer se verslag wat meld dat hy gejok het oor sy akademiese kwalifikasies en dat hy sy eie salaris onregmatig verhoog het, ter syde stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johan ·

Kan nie glo die eierkop kry nog salaris daar nie…..hoelank gaan die verhoor nie uit gerek word nie.. .

Carel ·

Gejok het oor sy kwalifikasies? Dis bedrog. Punt. Hy moet krimineel vervolg word want hy het ñ wanvoorstelling gemaak, en die instansie (SAUK) is finansieël benadeel in die proses as ñ direkte gevolg van sy aksies. Hoekom op eiers loop rondom hierdie saak?

FIRE HOM ·

Hoekom word hy ondersoek, hy het gelieg oor sy kwalifikasies wat onmiddellike ontslag regverdig .maar julle bly hom paai en betaal en bonusse gee en hom pamper .. .as h WIT was was hy lankal gefire en in die tronk gestop . julle almal is PATETIES MAN .. mens kan julle nie meer vertrou nie.. tyd dat ons ophou TV LISENSIES betaal dat julle minder geld het om uit te mors op bonusse en salarisse van USELESS WERKNEMERS > ons is ook nie meer afhanklik of verlee oor die SAUK Se snert wat hulle opdis nie . dit is alles ANC propaganda en gemors!

Anoniem ·

Ek sou graag wou weet of onse Hlaudi op datum is met sy TV lisensie se betalings.

Afrikaanse Knaap ·

My antwoord aan die SABC wanneer hulle my kontak om my TV lisensie te hernu: “Ek sal betaal sodra julle van Hlaudi ontslae raak”.
Tot dan kan hulle my maar op ITC sit. Kan my net goed doen om nie nuwe skuld aan te gaan nie.

Johan. H. ·

As julle mooie kyk het die land geraak soos moetsoneng,, Alls is n groot grap,,,,Wat dink die wereld van ons,,,Ek kry skaam.

Alida ·

In ons normale werkplek werk die Arbeidswet so : As jy steel of lieg ten koste van jou werkgewer word jy SUMMIER sonder verhoor of vergoeding afgedank. Hoekom moet hierdie rooioog ‘n verhoor en ‘n ondersoek kry. Die feite is tog duidelik. As dit ‘n blanke was het hulle hom summier afgedank met NIKS.

Pie van die Sky ·

En hy tree gemaklik af in Kwazulu-Natal met 16 Mercedeses en twee extended familie trips na die Franse Riviera…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.