Motsoeneng gee nog ‘nooit klas’ hiér, sê Wits-sakeskool

Universiteit van die Witwatersrand (Foto: ANA)

Die voormalige bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, is ses jaar gelede as gasspreker genooi, maar was nooit deel van enige akademiese bedrywighede nie, het die Wits-sakeskool (WBS) Dinsdag gesê.

Dié verklaring kom nadat Motsoeneng by die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek, getuig het dat hy ʼn gasdosent by universiteite was en dat die Wits-sakeskool selfs van sy werk in hulle leerplan ingesluit het.

“Hlaudi Motsoeneng is genooi om op 6 Desember 2013 deel te wees van ʼn ontbytpaneelbespreking by WBS. Om ʼn gasspreker te wees, maak nie van jou ʼn akademikus nie. In geen stadium het mnr. Motsoeneng klas gegee by WBS, of is enige materiaal wat deur hom geskryf is, in die leerplan van enige van ons programme ingesluit nie,” het die instelling in ʼn kort verklaring gesê.

Motsoeneng het Dinsdag voor die kommissie getuig. In antwoord op vrae oor óf hy ʼn matrieksertifikaat het, het Motsoeneng gesê leuens is oor hom versprei tydens sy termyn by die openbare uitsaaier, selfs al hét hy verklaar dat hy nie matriek behaal het nie.

Hy het die media, asook die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, daarvan beskuldig dat hulle sy goeie naam skade berokken deur aan te voer dat hy gelieg het oor sy matriekkwalifikasie. Motsoeneng het gesê hy het reeds in 1989 aan die SAUK gesê hy het nie matriek geslaag nie.

“Ek het nie gelieg nie … God weet, ek het nooit gelieg nie,” het Motsoeneng gesê.

Vroeër het Motsoeneng getuig hy het die omstrede Gupta-familie se Saxonwold-woning besoek, waar hy “kerrie-etes geniet het”. Hy het erken dat hy een keer die destydse uitvoerende hoof van die SAUK, Lulama Mokhubo, saamgeneem het na Saxonwold om die familie te ontmoet. Die Guptas staan sentraal in die ondersoek na staatskaping in Suid-Afrika.

“Ons het saam met die Guptas na die provinsies gevlieg. Ons is selfs Kaapstad toe, omdat ons ʼn vennootskap gehad het. Hulle het alles gehad. Vir my was dit die geleentheid om húlle te kaap,” het Motsoeneng gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

McG ·

Jip… die perd se tweeling-boetie het mos vandag daar by die Valke ‘n draai loop maak… nie een van die tweetjies verstaan wat om hulle aangaan nie…

Jannie van Niekerk ·

Hierdie ou se meerderwaardigheidskompleks is net so groot soos die laaste President van die vorige regering.

Jimmy ·

Die mannetjie is narsisties. Dit is ‘n sielkundige afwyking.

San ·

Volgens hom het hy drie keer studente toegespreek by Wits. Nou maak dit hom ewe skielik ń lektor. Rêrig?

Wonder ·

Whahahaha die stories word net beter!! ( klap, klap, klap)

Kokkie ·

…….en daar is hoeka geen pille of medisyne wat help vir ‘domgeit’ nie.

SêMaarNet ·

As nonsens praat gras was, was hy al 3 keer deur die donkie se agterstewe…

Wielspore ·

Hierdie spreekwoord het ons as kinders baie gebruik…. SêMaarNet is seker tussen 50 en 60 jaar oud, want dit is my oudersdomsgroep.

Emma ·

Dis net n man met n verskriklike lae selfbeeld, niemand prys hom nie so hy moet homself op die skouer klop, n grapgat

Rm ·

Dink nie hy was al ooit in n klas nie, hy dink seker as hy by die lughawe verby ry, hy sommer n pilot ook is, arme ding lewe in sy eie wereld

BlinkStephaans ·

Ek kan nie glo hierdie ou kry steeds n spreekbeurt… maar ja… dit wil al meer vir my lyk hoe groter leun jy leef en jou prentjie oor al wat n lyn is inkleur… hoe meer word jy toegelaat. Ons sit met n hele rits hansworse wat net toegelaat word om een kabaal na die ander op te skop en nooit enige verantwoordelikheid sal neem.

Deloris ·

Kom ons lag vir sy denkwyse ????????????????????hahahahaaaa

Kallie ·

Jy’s reg. Hy sal oor ‘n jaar sê Zondo het aan hom gerapporteer.

Foxi ·

Miskien kan hy ons land red om dit te kaap. Wie weet……..hy glo hy het n sterk persoonlikheid en hy lieg nooit. Ooh ja, hy het lekker kerrie geeet het by die Guptas, miskien kan hy n kokkedoor wenner word……sekerlik het hy die resep aangevra. Kom ons wag vir nog nuus van die interessante man.

Oujongvrou ·

Die tragedie is dit: daar was en is steeds mense wat sy waansin glo, en hom in n top pos geplaas het. Hulle sit ons parlement vol. Die man hoort in n gestig, hy leef in la la land. En hy glo al sy kafpraatjies. Kyk net na sy oë om te sien daars fout.

Sophia ·

Nonsens hy was Paul Kruger se boesem vriend !! Eenkeer by oom Paul se huis verby gery. Was ook goed bevriend met Jan v Riebeeck. Moenie hom laag vat nie

Johnny ·

Ag asb Zimbabwe maak hom President nog n nar wat sy ik nie verstaan nie

Catherine ·

So moeg vir alles in die land. Behalwe pragtige natuurskoon, is hier NIKS meer vir ons in hierdie korrupte land nie. Die wêreld lag vir RSA

kolla ·

Ek dink nie dis snaaks nie dis eintlik ‘n hartseer geval. Hierdie ou het duidelik ‘n ernstige sielkundige afwyking en behoort sielkundig geevalueer te word. Hoe op dees aarde het hy die die pos gekry?

Swartwolf ·

Goeie vraag kolla, ook toepaslik op meeste ANC ministers asook sodat 30% van parlementslede wat kriminele rekords het.

Johanna Botha ·

Na sy getuienis by zondo is hy seker n regter hehe verwaand !

Hermanus Basson ·

Julle moet nie vir Motsoneng blameer nie. Blameer die Slimmes wat hom aangestel het. Ek gaan nou na my volgende werksonderhoud met al my Sondag skool Diplomas. Maar ek is nie Prediker nie.

Pottie ·

So gaan dit as staatsamptenare wat net graad twee het die land best

Charlie ·

Huil en jy huil alleen

Lag en die wereld lag saam met jou.

Wie wil graag saam met my lag oor die eskapades van die ou wat so onnatuurlik in homself glo

OWO ·

As hy maar ‘n nar was, was hy in ‘n hoogs gespesialiseerde beroep.Die spreekwoordelike ywer sonder kennis is hier van toepassing.

George in Bloem ·

Wat ‘n wonderlike voorbeeld van die klas kader wat die narre van die ANC sien as bevoeg vir ‘n uiters belangrike pos soos die wat hy beklee het. Eintlik moes die ANC saam met hom daar in die warm stoel gesit het want pleks daarvan om die ou dringend by ‘n inrigting vir sielsiekes te kry,het hulle hom aangestel en dit het in ‘n kort tyd die SAUK finaal vernietig. Hy sal danksy die nar,en sy baas narre,nooit weer reg kom nie.Absoluut skandalig.

Irma ·

Die land is so in sy peetjie in, ons het nodig om te lag ook. Histeries lag vir so ‘n narsis met geen verstand

Adam ·

Hlaudi is ‘n eenmanvertoning van formaat. Die enigste ,manier hoe hy op universiteit kon kom is indien hulle hom in ‘n bottel sou plaas sodat hulle navorsing op hom kan doen.

Riaan Flemix ·

Nou vra ek jou……hoe word jy die hoof van die SABC sonder matriek

Uilspieel ·

Ek kan nie eens by Checkers rakke pak sonder my matriek sertifikaat ni. Wie de hel het sy aanstelling gedoen? Daardie toutjie trekker moet ook gestraf word

Asmain ·

Hoe op aarde motiveer jy kinders om skool toe te gaan en n matriek te kry as daar n president was met std 4, top poste toegeken word aan mense wat nie matriek het nie? Die boodskap wat oorgedra word is dat daar geen beloning is vir harde werk….

Francois Le Cochon ·

“Die Guptas staan sentraal in die ondersoek…..” moes seker gelees het “Die Guptas staan midde in die omdersoek….”

Ag wat ·

En die trane rol oor my wange van die lag. Dan verkondig hulle nogtans dat hy gasspreker was. Nee maar reg WITS… ???? As dit die kwaliteit van jul genooide sprekers is…????

Gert J ·

Dit is hoekom die studente so druip, Hlaudi se lessings ha ha ha

ap ·

hlaudi klim die berg , so haastig en so lastig hlaudi klim die berg .. kan nie aan n beter lied dink om die nar te beskryf nie ☺☺☺ , lekker lag ek nou

Lou ·

Daar is ‘n term vir die ou se toestand. Gaan google “Dunning Kruger effect”
Basies kom dit daarop neer dat jy so dom is dat jy self nie agterkom dat jy dom is nie.
Wil iemand nie die man help en hom laat opneem in ‘n plek vir evaluasie nie. Maar dan gaan hy seker dink hy is nou ‘n mediese doktor of sielkundige en netnou stel die ANC hom aan as die hoof van die Nasionale Gesondheids Versekering scam.

ap ·

dis nog niks gaan google bietjie malema , dan sien jy n ding.
Elk geval die “einstein” leef in sy eie verbeelding , en glo homself , dis die ergste

E.K. die eerste ·

Leuens agterhaal jou wel… Spogsiekte..dis waaraan baie ly. Gistert gesien so stukkie van sy belaglike getuienis, en hy het oor en oor gesê hy het nog NOOIT gelieg nie

Alex ·

Hou sy nommer vir die groot lieg olimpiese spele. Dalk kan hy daar sy talente ten toon stel.

charmaine ·

Ai lekker lag ek vir die laaste sin…hy wou die Gupts kaap! Duidelik was hulle te slim vir die “matriek outjie”

Gert J ·

Gebruik hom as daai mal nar wat altyd met parlements openinge en ANC feeste rond dans en skree. Dis hoe hy lesings gee

leser ·

vele jare gelede is die nar verwys na ‘n sielsieke instansie waar hy sy matriek kon behaal, ongelukkig kon die anc en hy dit nie reg spel nie en die antwoord het op “sABC” geval

ap ·

n the field of psychology, the Dunning–Kruger effect is a cognitive bias in which people mistakenly assess their cognitive ability as greater than it is. It is related to the cognitive bias of illusory superiority and comes from the inability of people to recognize their lack of ability. Wikipedia

jakes ·

Hlaudi kwalifiseer slegs om toesprake te maak in die kraamsale van hospitale waar hy pasgebore babas moet toespreek. Ten minste sal hulle sy gebabbel amusant vind. Die perd het mos n 300% salarisverhoging aan homself toegeken. Ek sal liewer nie verduidelik hoe aantreklik ek sy uiterlike vind nie want die MRK sal my waarskynlik lewenslank toesluit.

Jan ·

Die man raak die grootste onsamehangende snert kwyt wat ek nog ooit gehoor het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.