Motsoeneng glo skuldig bevind

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, is glo skuldig bevind tydens ʼn interne tugverhoor.

Die SAUK se tydelike raad sal na verwagting Maandagmiddag meer inligting bekend maak. Zola Majavu, Motsoeneng se regsverteenwoordiger, het gesê hy het nog nie die uitspraak gesien nie.

“Nóg ek nóg my kliënt het al ʼn afskrif van die uitspraak gesien waaroor die media berig,” het hy gesê. Motsoeneng se tugverhoor is verlede week afgehandel. “Dit is vir my vreemd dat daar al blykbaar ʼn uitspraak is en dit met die media gedeel word, maar nie met die persoon wat geraak word nie.”

Motsoeneng is dissiplinêr verhoor nadat hy op 19 April ʼn nuuskonferensie gehou het waarin hy die nuwe tussentydse raad aangeval het omdat hulle sy 90/10-plaaslikemusiek-beleid gekanselleer het.

ʼn Uitspraak in die Wes-Kaapse hooggeregshof het in Desember gelas dat Motsoeneng onbevoeg is om enige pos by die uitsaaier te beklee totdat ʼn dissiplinêre verhoor hom vrygespreek het van enige aantygings, of as ʼn hof die openbare beskermer se verslag wat meld dat hy gejok het oor sy akademiese kwalifikasies en dat hy sy eie salaris onregmatig verhoog het, ter syde stel.

Sy pogings om teen dié uitspraak te appelleer het misluk.

Lees alle vorige berigte oor Hlaudi Motsoeneng op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

oumie ·

Hul het dit sekerlik nie hoog genoeg geag om hom in te lig oor enigeiets in te lig nie in my lewe het ek nog nie iemand gesien wat so vol van homself is nie gmpfffff

Vryheid ·

Ja ” pay your TV licence it’s the right thing to do ” or is it ? as jy nie betaal nie hoe gaan hulle kan steel. Toe nou julle betaal…
Hehee

zoom zoom ·

Wat van al die geld wat hy homself toegeein het. Zuma kan hom nou aanstel in SARS of SARB om verder te help plunder aan ons gelde

Hanna ·

Nee wat, hy bou maar net aan sy CV vir die parlement of n ander nice werkie met komplimente v die ANC. Watch this space…

Ekke ·

Ja! Gelukkig word leuns oopgevlek! Vol van homself? Jy moet hom in lewendelywe beleef!! Ongelooflik!! Alles en almal is boggerall! Me mi and I!!

PJ ·

Was daar regskoste by betrokke by hierdie saak en as daar is wie betaal weer die belasting betaler ?

Prokurower ·

Hehehe..PJ…Nee, die belastingbetaler betaal NET die maandelikse versekeringspaaiement wat hierdie instansies uitgeneem het vir wanneer hulle “hoogs geskoolde en uiters ervare” CEO’s, CFO’s, COO’s ens, ‘n glipsie maak en hulle voete in hulle monde sit….waaruit daar dan hofsake spruit. Die probeem wat ons uitsaaiertjie het is dat dit al soveel keer gebeur het dat GEEN versekeringsmaatskappy hierdie tipe dekking wil gee nie…..Sy laaste regs-rekening is dus deur die instansie betaal………..en dit kom direk uit die sakke van die adverteerders en die TV lisensie betalers….. Ek soek ook so hard na ‘n jou joppie wat my ‘n R4 miljoen per jaar self-toegekende salaris gee, plus byvoordele, plus R35 miljoen se bonus, plus R30 miljoen se pensioen vir net 18 maaande van die kontrak se verloop. Hoekom ek my gat moet af werk vir 45 jaar, en dan net R3 miljoen se pensioen kry waarvan ek die helfte bygedrae het…en dan nog belas gaan word daarop ook….gaan my verstand te bowe.

Ander Annie ·

Tatta Hlaudi, dit is goeie nuus. Nou moet alles nog verder oopgevlek word. Daar spesiale akkommodasie met diefwering aan wat wag.

Ander Annie ·

Hehehe Prokurower, ek stem. Ek soek ook so ‘n joppie. Ek dink sy salaris was R245 000-00 per maand.

Prokurower ·

R380 000,00 per maand….self toegeken….R2 406,24 per uur, as hy 8 ure per dag, 20 dae per week werk, soos die res van ons.

Verwonderd ·

Die ou SAUK kontant koei glimlag breed vanaand, nadat hulle die ou grote van haar spene af getrek het. Die ou dier se stert swaai sommer so van die lekkerte…

Johan. H. ·

Skuldig! nou wat nou. Kabinet of tronk,,,Arogansie van die lot ken geen perke, Maar ja betaal jou Swak TV, lisensie its the right thing to do

Piet ·

Ou leepoggies het niks om hom oor te bekommer nie. Die goue handdruk wat op hom wag is nie sleg vir n ou wat net ‘n derderangse standerd 9 agter sy naam het nie.

De Villiers ·

Die ironie kos dat hy reeds vir bedrog aangekla is omrede hy valse inligting op sy CV geplaas het toe hy destyds aansoek gedoen het vir sy pos by die SAUK, soos dat hy matriek het, en daar het niks van gekom nie. Tog is dit baie erger is as dié. Dit wys maar net die integriteit van die regering en die regstelsel.

Dankie dankie ·

Ek kan net sê, dankie dankie dankie die hele dag, dit is die beste nuus. So moet almal wat selfde doen uitgesorteer word. Baie mense het nie huise en klere etc en hulle vermors belastingbetaler geld wat vir die arm mense kon help.

Johannes van Staden ·

Hy gaan nou seker vir die guptas as COO by Ann7 werk met sy jare ondervinding …siende hy so goed is ! ! Hy se mos hy is vreeslik in aanvraag …..sy matriek sertifikaat behoort ook daar aanvaar te word.

snoefie ·

uhmmmm daar kom dit. almal weet, behalwe hlaudi en sy prokureur. dit waarborg dus sy heraanstelling omdat sy regte geskenk was. siestog.

GAB ·

Ek sou sê dat al daai gelde wat hy so lekker aan hom toegeken het wat hy salaris noem, moes die hof of die kommosie die besluit maak om terug te betaal. My opinie is dat dit bedrog is en gelde was so gesteel. Om te lieg oor kwalikfikasies, homself op troon te sit, mense beter gekwalifiseerd as hy af te dank en dink hy het die SAUK gered, is duidelik n ongeleerde denkwyse van iemand wat in n droom wereld leef…. Pay nack te money.

alida ·

Kry vir jou boetie jy wil mos dink jy is koning. Die wurms kruip nou lekker uit die blik. Wie kyk nog SABC wonder ek.

AP ·

Skaapwagter uiteindelik uitgeskop .. as n miljoener danksy zuma

Afrikaanse Knaap ·

Ek betaal nie my TV-lisensie voor Hlaudi nie afgedank word nie.
Wens ek kon dan my belasting ook nie betaal wanneer hy ‘n minister word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.