Motsoeneng: Hof is al uitweg, sê DA

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die Demokratiese Alliansie het sy regspan opdrag gegee om Hlaudi Motsoeneng se heraanstelling as “waarnemende” bedryfshoof by die SAUK terug te neem hof toe, het die party Sondag gesê.

“Ons het geen ander keuse nie ná dié betreurenswaardige besluit deur die SAUK om die Wes-Kaapse hooggeregshof en die appèlhof te ondermyn,” het James Selfe, federale uitvoerende voorsitter van die DA, gesê.

Selfe het gesê die besluit om Motsoeneng weer as bedryfshoof in ʼn “waarnemende” kapasiteit aan te stel, is ʼn klap in die gesig van die wet en ʼn “desperate poging” om Motsoeneng die geleentheid te bied om sy “rampspoedige heerskappy by die openbare uitsaaier” voort te sit.

Mediaberigte het aan die lig gebring dat Motsoeneng ʼn bonus van R11,4 miljoen ontvang het, slegs een deel van ʼn verwagte R33 miljoen-uitbetaling oor die volgende drie jaar. “Dit is niks meer nie as ʼn goedkeuring deur die SAUK om sy eie hulpbronne te plunder tot voordeel van een man,” het Selfe bygevoeg. “Hierdie malligheid moet ophou. Ons kosbare openbare hulpbronne moet gebruik word om ʼn betroubare, regverdige en goedbestuurde openbare uitsaaier op te bou, en nie om sy grootste hindernis te bevorder nie.”

Selfe het gesê die DA bly verbind daartoe om seker te maak dat die wet en hofuitsprake gerespekteer word. “Ons sal nie toelaat dat ons Grondwet vertrap word of ʼn sleutelinstansie vernietig word nie.”

Die appèlhof het verlede week Motsoeneng se aansoek om verlof tot appèl, met koste van die hand gewys, ná ʼn uitspraak deur die hooggeregshof in Kaapstad wat sy permanente aanstelling as bedryfshoof by die SAUK tersyde te stel.

Die hooggeregshof in Kaapstad het in Mei ook Motsoeneng en die SAUK se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak met koste van die hand gewys.

Die appèlhof het in sy uitspraak gesê daar is geen redelike vooruitsig vir sukses in ʼn appèlaansoek nie en daar is geen ander rede waarom dit aangehoor moet word nie.

Lees alle vorige berigte oor Hlaudi Motsoeneng op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lance ·

Hulle maak n bespotting van die hof …net soos met alles …skelm verby !

Raymond Bastone ·

Dit is malligheid stem vat hulle hof toe. Daai houding van die mense moet stop gesit word

Jakobus ·

Hierdie nuwe dame van die Openbare beskermer gaan nou, as Thuli se termyn verstryk het, nie eens kans kry om haar voete te vind nie. Ons sal gou sien van watter stoffasie sy gemaak is. Daar is nie sprake van uit die wegspringblokke kom nie, nee sy sal die aflosstokkie sommer so in die hardloop en op volspoed moet vat.

Liewe heksie ·

Sulke arogansie verbeel jou hy glo hy is groter as ons grootste gemors meeste van jul sal weet wat ek bedoel wie is die ding en wie gee hom die mag om so arogant te wees ek kry net nie die regte woorde vir die ding nie hier is groot skroef los

Cherokee ·

Ek betaal dit nie sedert 1990 maar dit het nie die bedrog voorkom nie. Wat op hierdie oomblik aangaan is dat die anc (kleinletters met opset) hul opset as soort van ‘n bordspel teen landswette speel deur openinge te soek waardeur geglip kan word of waaroor gespring kan word. Hierdie is ‘n tipiese voorbeeld, toe appèl geweier word beplan hulle ‘n heraanstelling. Get out of jail free. Die arrogansie is onverstaanbaar want dit neig om te lyk asof die wet en regsuitsprake uitgelag kan word.

LeonR ·

Hasie, Donald het darem gewerk vir sy miljoene. Hierdie lid kry dit sommer mahala!!!

Hennie ·

Hasie, wat weet jy van Donald Trump af? Jy lees ook maar net die koerante wat slegs sensasie soek.

andrea van vuren ·

Hoe kan jy Donald Trump en hierdie siek diktator in een asem noem? Los Trump uit!

Johan Nothnagel ·

Betaal jou TV lisensie- dis
die regte ding om te doen sodat “Cloudy” nog bonusse kan ontvang!!!!!

Nita ·

Sekerlik moet die miljoene rande se bonusse wat hy gaan kry n helse fout wees. Watter onderhandelings hy met maatskappye aangegaan het was tog seker vir die SABC en nie in Hlaudi se persoonlike hoedanigheid nie!

enid ·

se asb ta ta vir my tv lisensie gelde hoekom moet ek betaal dat een so bonus kry TV LICENCE FEES MUST FALL Alles moet FALL so begin sommer by SAUK

Anthonie Van bosch ·

Dit lyk my kapitalisme se negatiewe kant is nou besig om die laaste bietjie geld in die wereld oor in te sluk. Al wat dan oorbly vir die mense wat geen werk en geld het nie is geweld. Het die wereld dan nou tou opgegooi en verhaas hulle die eindgevolg? Oorlog, moord en doodslag?

Alida ·

Hele paar huise kon met R11m gebou word met lopende water, straatligte en krag. Hierdie mense weet inie waaar hul prioriteiite le nie. Dit is n skande. DA asb maak hul oe oop.

GES ·

Ek wonder soms of dit raadsaam is om hof toe te gaan. Die Zuma-bende steur hulle aan niks en niemand nie. Hoe gaan hierdie situasie omgedraai word? Dit word net erger.

Awie ·

Hierdie saak toon weereens die regerende-elite se minagting vir die howe. Laat my dink aan die Omar al-Bashir saak. Ek wonder wanneer ons eendag weer iets daarvan sal hoor. A luta continua

truthordare ·

die vasberaderheid om die man in beheer te hou dink ek is omdat hy dinge weet of sy salaris land in iemand anders se sak.

Kobus ·

Die enigste manier om hierdie gekheid stop te sit, is om die geldkraantjie toe te draai. Solank as gewone burgers soos slawe aanhou om lisensiegeld te betaal en maatskappye te ondersteun wat op die SABC se radio en TV kanale adverteer, sal hierdie bloedsuiers aanhou om elke druppel uit ons te tap wat hulle kan. Dis nodig dat gewone mense ‘n maatskaplike ongehoorsaamheidsaksie van stapel stuur om die uitsaaier en sy gespuis van ‘n inkomste te ontneem en enige maatskappy wat uit ons geldmaak, te stop om verder geld in hierdie staatsboewery te belê.

ferdi ·

Mag al die skuldiges aan die pen ry.dit neem meer as een persoon om te tango.hier in die land is daar ‘n massa tango aan die gang wat hul skuldig maak aan vergrype en minagting van die howe.

Jean ·

Dikvellig is nie die woord nie, ek het nog net in SA hierdie arrogansie van mense gesien wat AFGEDANK word en dan weier om te loop. Is jy nie skaam nie? Hy het sy kwalifikasies VERVALS? Wat op aarde maak hom geregtig op ENIGE pos by die SAUK? Nie eers in ‘n waarnemende posisie nie. As jy afgedank word, beteken dit jy moet STAP!! Wegstap. sjoe het julle geen trots of inhibisies nie? ROER hom, sorg dat hy nerens weer ‘n posisie met sy fake kwalifikasies kry nie. Hy moet ‘n werk kry wat by sy kwalifikasies pas .. ‘n BONUS van R11 miljoen terwyl die SAUK stoei om te oorleef en stokou programme moet uitsaai? Iemand wat afgedank word, verdien nog gou ‘n bonussie ook? Genade maar dis lekker.

Justice ·

Stem saam Kobus – die SAUK het klaarblyklik nou hopeloos te veel geld om te mors – miljoene vir hofsake, appel sake, reuse bonusse vir onbevoegte arogante, diktorale bestuur – dit lyk vir my dat die bestuurs raad voel dat hulle meer as genoeg geld uit advertensies en TV lisensies maak – dit is nou net `n kwessie van tyd dan sit ons met `n 2e SAL en ESKOM wat elke jaar hoed in die hand in die Parlement staan om adisioneel deur die belasting betaler befonds te moet word.

Hannes Pretorius ·

Waar is die Inkomstediens dat hulle nie die man se geldsake ondersoek nie. Dit sal nogal interesant wees wat hulle alles sal ontdek.

Annette ·

Sien, dit is hoekom studente aanhou betoog vir gratis onderrig. Hulle het ‘n punt beet. Daar IS genoeg geld, AS daar nie sulke absoluut gekke besluite geneem word oor op wat en wie belastingbetalers se geld bestee word nie. Net jammer hulle het begin om te brand en te verniel en vernietig. Anders was SA bankvas agter hulle. Ek meen 11 miljoen vir ‘n man wat nou die dag bebin werk het? Dis nie wat jy weet nie, dit is wie jy ken.

Jos ·

‘n Mens is net so arrogant en magsbehep as jy beskerm word omdat jy te veel weet. Skelm skuif daai van permanent na waarnemend. Hulle is briljant as dit by skelmheid kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.