Motsoeneng hoor oor appèlaansoek

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, die omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, se aansoek om verlof tot appel teen ʼn hofuitspraak waarin daar bevind is dat hy en Simon Tebele, die voormalige waarnemende hoof van nuus by die SAUK, aanspreeklik is vir die regskoste van die sogenaamde SAUK-8, is van die hand gewys.

Die vakbond Solidariteit het Dinsdag  ʼn bevestiging van die appèlhof ontvang waarvolgens Motsoeneng se aansoek om verlof tot appèl met ʼn bestraffende kostebevel van die hand gewys is.

Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, het gesê dit volg nadat die arbeidshof in 2017 bevind het dat Motsoeneng in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir die regskoste verbonde aan die hofsaak oor sy destydse omstrede verbod op die uitsaai van protesaksies.

Dié verbod het daartoe aanleiding gegee dat agt joernaliste (die sogenaamde SAUK-8) destyds onregmatig afgedank is. Motsoeneng het vroeg in 2018 teen hierdie uitspraak geappelleer.

“In die lig van hierdie bevestiging deur die appèlhof sal dit nie moontlik wees vir Motsoeneng om enigsins verder appèl by dié hof aan te teken nie. Dit is ook nog eens ʼn aanduiding dat die SAUK-8 onregmatig afgedank is en dat Motsoeneng se handelinge onregmatig en onwettig was,” meen Van der Bijl.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gaan die vakbond nou poog om die lasbrief van eksekusie wat destyds aan Solidariteit uitgereik is, nou beteken te kry sodat beslag gelê kan word op Motsoeneng se bates.

“Ons sal nou ook ʼn groter bedrag kan terugeis op grond van die bewys dat ons kostebevel gehandhaaf is,” het Hermann gesê.

“Wat Motsoeneng nou moet besef, is dat hy ons nie moeg kan litigeer nie, maar dat hy op die ou end verantwoording sal moet doen vir die skade wat hy so baie mense berokken het. Hy het homself in ʼn hoek gedryf in sy pogings om die gereg te omseil en het nou al die middele tot sy beskikking uitgeput,” het Hermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan. H. ·

Al gaan zuma nooiet weer die binne kant van n tronk sieen nie, is hierde ou defnitief n kandidaat,Hy het ontsettende rassehaar gesaaie met sy swart intredoktenerings sabc wat vandag nog hoofsaaklik vir die swartman is,,,maar die witman betaal. Die is hoe arrogansie lyk.. Daar moet iewers iets meer substansieel wees om hom in die oranje gewaad te bere, Hou aan krap,,

Piet Pompies ·

Enige persoon se lewensprestasie is te danke aan sy eie harde werk wat volhoudbaar is, of te danke aan ‘n korrupte verhouding met mense van gesag wat toegang het tot geld wat nie aan hulle behoort. Hierdie opsie tuimel inmekaar sodra die gesag weg geneem word en die land se wette intree. Uitstekende werk deur Solidariteit, sluit gerus by hulle aan, hierdie mense doen goeie werk wat die meerderheid Suid Afrikaners nie eens van weet.

Johan ·

Ek hoop van harte geregtigheid geskied hier…..hy dink mos soos zuma hy is untouchable…..vat allles….kan maroela uitvind waar is hy en wat doen…kry hy nog n salaris van SABC….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.