Motsoeneng: Parlement moet SAUK-raad ondersoek, sê ANC

Motsoeneng tydens Dinsdag se mediakonferensie.

Motsoeneng tydens Dinsdag se mediakonferensie.

Die ANC het Woensdag in die parlement gesê hy beveel ʼn parlementêre ondersoek aan om die bevoegdheid van die huidige raad van die SAUK te ondersoek ná sy besluit om die omstrede voormalige bedryfshoof Hlaudi Motsoeneng weer in ʼn senior posisie aan te stel.

“Die aanstelling van die openbare uitsaaier se voormalige bedryfshoof, wat ook deur die hof tersyde gestel is, in nóg ʼn senior posisie, is ongetwyfeld die laaste druppel wat die emmer laat oorloop het,” het Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, tydens ʼn mediakonferensie in die parlement gesê. Dit volg nadat die SAUK-raad Motsoeneng as groepshoof van korporatiewe sake aangestel het ná die appèlhof se uitspraak dat sy aanstelling as bedryfshoof onwettig was.

“Die besluit om die voormalige bedryfshoof weer aan te stel, is ʼn absolute oortreding van die uitsprake van die hooggeregshof en die appèlhof, en dit dui op ʼn bestuur wat glad nie die wet respekteer nie.”

Mthembu het gesê die raad se besluit was “onwettig” en die raad moet onmiddellik vergader om dit te herroep.

Lees alle vorige berigte oor Hlaudi Motsoeneng op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Loeis ·

Jaa… Ons weet wie 62% van die setels in die parlement het, so dit beteken net mooi niks.

Jacques ·

Dis duidelik dat die Hoofsweep nie n zoema man is nie. Ek stel voor julle kry die springmielies uit. Die poppe gaan nog dans

Lance ·

NOG n ondersoek …tyd mors kom nooit iets van dit nie…ons weet dit almal reeds !

Cherokee ·

Hoe hou jy op met rook? Jy koop nie meer sigarette nie. Net so word ‘n TV-lisensie gestop.

humor ·

Nie seker of daarvan iets sal kom nie. maar dit is nogal verrassend. Kom ons wag en sien.

Zoro ·

Die manier hoe die SAUK hul “recycling” doen is van arogansie op sy beste , dis n verleentheid vir die land as die ANC took die gatvattery raak sien dan is te ERG hoor

DR ·

Waars die dae van Haasdas, Pinocio, DrDr, Rupert the bear,, Emile, Willem ens ai tog! Ons arme kinders

john samuel ·

En Dit Dames en Here is hoekom ek NIE my TV lisensie betaal nie…. Al vir die afgelope 5 jaar nie..
Ek koop DVD’s, en geniet my keuse van kyk-genot.

Jakobus ·

Ek sou graag hierdie ou se psigometriese toetse wou sien.

GES ·

Ek dink nie ons wil dit sien nie. Dit is waarom hy die voordeel van die twyfel ontvang ……

John ·

Hier sal juis iets van kom, nog veel erger. Hulle hou van die man se styl en hy lief die luidspreker en die kamera. Wil iemand nie vir hom ‘n rol in ‘n sepie aanbied nie, dan kan ons aangaan met ons lewens? Mens moet nie altyd die eerste man se hand gryp wat jou en jou kulturele erfenis wil ‘red’ wanneer jy aan’t ploeter is in ‘n modderdam vol drek nie. Hy druk dalk net jou kop onder… en hou dit daar.

Pendoring ·

Waar kla jy die Duiwel aan as die aanklagkantoor in die Hel sit?

GES ·

Solank hierdie korrupte uitdagende sluwe agterbakse houding en handelinge voortleef sal daar nooit enige sprake van nasie bou wees nie.

diane ·

Ek dink hulle het met hlaudi afgespreek en ‘n goue handdruk beloof as hulle kan maak asof hulle SAUK red. Intussen het hulle dalk groter planne met hom.

JJ ·

Hierdie sirkus het my nou finaal laat besluit om nie voortaan my sogenaamde tv lisensie te betaal nie, wat ook al verder gebeur.

JJ ·

Hierdie sirkus het my nou finaal laat besluit om nie voortaan my sogenaamde tv lisensie te betaal nie, wat ook al verder gebeur. So maak ek reeds met etol en dstv.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.