Motsoeneng sê SAUK wéét hy het nie matrieksertifikaat

Hlaudi Motsoeneng, die voormalige bedryfshoof van die SAUK, getuig voor die Zondo-kommissie. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Die SAUK se voormalige bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, het Dinsdag aan die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek, gesê leuens is oor hom versprei tydens sy termyn by die openbare uitsaaier, selfs al hét hy vooraf bekend gemaak dat hy nie ʼn matrieksertifikaat het nie.

Motsoeneng, deesdae ʼn politikus nadat hy sy eie party op die been gebring het, het by die kommissie getuig dat die SAUK hom in 1989 gewerf het, toe hy nog in die Vrystaat op skool was. Arm en alleen, het hy uit die skool gegaan en as vryskutskrywer vir die SAUK begin werk.

Hy het die media en die voormalige Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, daarvan beskuldig dat hulle “leuens versprei” het dat hy gelieg het oor sy matrieksertifikaat.

“Ek het uit die staanspoor gesê ek het nie matriek nie. Alwyn Kloppers, wat destyds die hoof van nuus by die SAUK was, het my in 1989 gewerf. Ek het vir hom gesê ek het nie matriek nie. Hy het gesê ek is baie talentvol. Voordat ek in 1995 permanent by die SAUK aangesluit het, het hulle my vir opleiding in Johannesburg gestuur om meer oor die uitsaaiwese te leer. Die SAUK het nooit opleiding aan vryskutskrywers gegee nie, ek was die eerste een,” het hy getuig.

Motsoeneng het gesê hy het aanvullende eksamens geskryf, maar nie matriek geslaag nie. Die opleiding het wél tot sy permanente aanstelling in Februarie 1995 gelei.

Terwyl hy dokumentasie by die mensehulpbronafdeling uitsorteer het, het Marie Swanepoel, ʼn klerk, aan hom gesê om vas te stel of die onderwysdepartement nie sy “matrieksimbole kon kombineer” om sodoende vir hom ʼn matrieksertifikaat uit te reik nie.

“Ek het saam met Sophie Mokoena [ʼn huidige SAUK-redakteur] na Pretoria gereis, maar kon nie die simbole laat kombineer nie. Ek is terug en het vir Swanepoel gesê. Sy het daarna “verstandhouding” op my vorm geskryf, op die plek waar die matrieksertifikaat moes wees. Dit is beledigend dat mense daardie vertelling [dat Motsoeneng gelieg het] geglo het.

“Die enigste mens wat kan sê ek het gelieg, is my werkgewer, die persoon wat my aangestel het. Mense smeer my naam swart oor die matriekkwessie – ook die voormalige Openbare Beskermer,” het hy gesê.

“Daar is baie mense by die SAUK wat nie matrieksertifikate het nie. Die SAUK het ʼn geskiedenis dat die meeste mense wat uitstyg nie formele kwalifikasies het nie … maar baie talentvol is. Ek het baie toekennings van die SAUK en elders gekry. Volgens my is ek hoogs geleerd. As jy die notules van die SAUK nagaan, was ek verantwoordelik vir 70% van besluite wat geneem is. Niemand by die SAUK was beter as ek nie. Ek het selfs by universiteite klas gegee. Wie sê ek is ongeleerd? Dit is ʼn belediging.”

Madonsela het vantevore Motsoeneng se beweerde onregmatige aanstelling en onwettige salarisverhogings ondersoek. In haar verslag, wat in 2014 vrygestel is, het sy bevind Motsoeneng is toegelaat om verhewe bo die wet op te tree.

Madonsela het bewyse gevind vir bewerings dat Motsoeneng bedrog gepleeg het deur op sy aansoekvorm te skryf dat hy matriek by die Metsimantsho High School in QwaQwa verwerf het.

“Mnr. Motsoeneng het self erken dat hy op sy aansoekvorm geskryf het dat hy matriek geslaag het, simbole op dieselfde vorm gefabriseer en beloof het om ʼn matrieksertifikaat te verskaf om sy kwalifikasie te bevestig, terwyl hy geweet het hy het nie die beloofde sertifikaat nie. Hy het dit tydens ʼn onderhoud erken,” het Madonsela destyds bevind.

“Mnr. Motsoeneng sou nooit in 1995 aangestel gewees het as hy nie oor sy kwalifikasie gelieg het nie. Hy het daardie leuen in 2003 herhaal toe hy om die pos van uitvoerende vervaardiger van aktuele sake aansoek gedoen het – ʼn pos waarin hy nooit aangestel moes word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Wonder net ·

As ek “Vrystaat” lees wonder ek of Ace ‘n vinger in die aanstellingspaai gehad het.

Elize ·

As hierdie hoogsgeleerde 70persent van die besluite gemaak het en SAUK is bankrot moet hy maar aangekla word van wanbestuur

Wielspore ·

Soos my pa sou gesê het, “een man vertoning” amper soos ‘n “stand up comedian”
Wat uit sy mond uit kom is ‘n grap.

Nelia van Zyl ·

En dan wonder ons oor die huidige SA…Ongekwalifiseerd met watter salaris nou weer? Haal hierdie selfgenoegsame nar van die TV af. Absoluut ‘n verleentheid!

Man ·

Hierdie man is nog steeds op sy lieg veldtog. Dit lyk vir my of hy vir zondo om sy vinger draai met al sy jakkalsdraaie

Maljan ·

Dan erken hy heel spoggerig dat hy die besluite by die Sauk geneem het. Is dit dus verbasend dat die Sauk nou op reddingsboei loop? Sluit hom toe. Nie vir die leuens nie, maar oor al die vermoede belastingbetalers geld wat sy TALENT die land gekos het.

Judge Dredd ·

Goeie idee om media praktyke met aanstellings te ondersoek.

Kallie ·

70% van die besluite. Dit is die rede vir die SABC se gemors. En dan beskou hy homself as die beste by die plek. Sê nie veel van die res nie.

Ekke ·

“Highschool in QwaQwa”. Kwaak kwaak, jou leuens het hou ingehaal.

Rubber ·

Hy hoef nie oor kwalifikasies te lieg nie. Ons sien dit in die toestand van die SAUK.

Kobie Welgemoed ·

Het jou salaris dit ook weerspieël? Indien nie begin die geld terug betaal. Wêreldwyd word mense betaal vir kwalifikasies.

Anoniem ·

70% can besluite by SAUK geneem, i rest my case. Dit se alles, geen wonder die plek is in chaos gedompel, as hy tog maar die mense wat opgewasse was laat besluite neem het

leser ·

van armg..t in 1989 tot miljoener in 20 jaar, dit wil gedoen wees
net in arm land – suid afrika

Pieter ·

Ai maar dit gaan lekker met ons belasting geld dalk moet ons vir hulle nog meer gee ons luister mos nie

Johann ·

WHAHAHAHAAAAA…soveel van selfversekerde SOTLIKHEID het ek lanklaas gesien! En hy GLO homself! Bloot n AURA om hom van loeg en bedrieg en mags najaag soos n bok op hitte…..

Anoniem ·

is dit nie kommerwekkend hoeveel mense in hoe poste sit of gesit het en duisende rande verdien het op grond van hul vel kleur en nie kwalifikasies nie. Gin wonder SA is in die posisie waar hy is nie.

Wonder ·

Hahaha…gee hom dit toe…hy het n goeie, talentvolle verbeelding! Lieg so hard in sy verbeeldings wêreld dat hy dit glo as die waarheid!

Stef ·

Slegs 30% nodig en hy kan nie????. Hoe word so ou n miljoenêr?

Jo ·

As hy klas gegee het by n universiteit, beter al daai studente hulle geld terug kry, want hulle is ook dan useless

jaco ·

Voordat almal nou te krities raak, let tog net op asseblief: 2 WIT Afrikaanse mense het hom gehelp om, sonder matriek, werk by die SAUK te kry.

Wim Kotze ·

Daar is twee moonlike verklarings daarvoor: Stockholm sindroom of “white man’s burden”.

Frik ·

Motsoeneng se ma is ‘n vooraanstaande sangoma in die Oos Vrystaat. Selfs Jacob Zuma het haar geraadpleeg. Hulle het seker ‘n magiese geaardheid om in mense se koppe nes te skop.

Foxi ·

Ek wonder of ek hom werk moet aanbied. Hy is n baie slim man…..het tot prokureurs geleer, al het hy nie matriek nie. Wonder net……

jaco ·

PW Botha het met net matriek ‘n organiseerder van die Nasionale Party geword en het na ‘n paar jaar as organisaseerder parlementslid geword. Uiteindelik was hy Staatspresident. Dit alles met NET matriek. So waaroor kla almal nou eintlik?

Kerneels ·

Politici doen nie aansoek vir politieke poste nie, hulle word verkies deur ander politici en kiesers. Dis te betwyfel of PW ‘n pos in die staatsdiens sou kry. Zuma dieselfde. Ben Schoeman het net Std 8 gehad, maar hy was een van die beste NP ministers in die 1960s en 1970s. Onder sy politieke leierskap het die Spoorweë en SAL baie goed presteer.

Hansie ·

Ons kan maar net bly wees hy het nie matriek nie, ander sou ons hom baie meer moes betaal vir sy proffesionele dienste

Chris Ws ·

Daar is ‘n groot verskil tussen die waarheid en ‘n belediging.Maar hy sal dit nie weet nie!

Henry ·

En dit juis hoekom die SAUK ten gronde gaan, omdat hulle idiote soos die aanstel, eintlik is hulle almal incompetent….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.