Motsoeneng se verhoor uitgestel

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, se dissiplinêre verhoor is Donderdag uitgestel.

Kaizer Kganyago, woordvoerder vir die SAUK, het gesê die verhoor is tot 24 Mei uitgestel.

Dié verhoor wat Woensdag begin het word gehou na aanleiding van ʼn mediakonferensie wat Motsoeneng op 19 April gehou het.

“Die SAUK het vandag [Donderdag] sy argumente gesluit en Motsoeneng se regsverteenwoordigers het uitstel gevra om verskeie redes,” het Kganyago gesê. Die redes sluit in dat hulle eis dat die voorsitter van die dissiplinêre verhoor onttrek en om aansoek te doen by die Kommissie vir Versoening Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vir beskermde openbaarmaking van die inligting wat tydens die perskonferensie bekend gemaak is.

ʼn Uitspraak in die Wes-Kaapse hooggeregshof het in Desember gelas dat Motsoeneng onbevoeg is om enige pos by die uitsaaier te beklee totdat ʼn dissiplinêre verhoor hom vrygespreek het van enige aantygings, of as ʼn hof die openbare beskermer se verslag wat meld dat hy gejok het oor sy akademiese kwalifikasies en dat hy sy eie salaris onregmatig verhoog het, ter syde stel.

Sy pogings om teen dié uitspraak te appelleer het misluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Vat hom weg ·

En so hark hy die salaris in, as ‘n wit ou geskors word hangende ‘n ondersoek, staak hulle sy salaris, hierdie man kry steeds sy miljoene, darem lekker om die regte konneksies te he in SA.

Speedguard ·

NEE vat hom weg , almal(wit of swart) kry salaris indien hul geskors word , totdat die saak tot sy volle konklusie deurgevoer word, ek dink jy is bietjie oningelig !

Beesblaas ·

ek ken n “roker ” as ek een sien , die “man” ondersteun sekerlik die goedkeuring van die bergspinasie wetgewing

t ·

Wat was die give-away? Die halfmas oë of die duisend-myl staar?

Genieve ·

Kan nie glo die man kry nog elke maand sy salaris nie,wat gaan dan aan ivm hierdie saak.

Johann Marx ·

Dis verstommend hoe ‘n persoon met ‘n onsuksesvolle matriek sertifikaat by ‘n organsisasie kan instap en die hele plek oorvat, maak en breek soos hy wil, homself R4 miljoen per jaar betaal, geen verantwoordelikheid hoef te vat vir enige iets nie, geskors word en by die huis sit teen R380 000,00 per maand, elke besluit van ‘n hof of ‘n kommissie van ondersoek ignoreer, en net eenvoudig nie afgedank kan word nie? Maar nou ja….ons kry ook nie van die beeswagter ontslae geraak nie. Terwyl duisende mense in Suid Afrika met goeie bewese kwalifikasies en werksondervinding NIE werk kan kry nie…..en ons huise en tuine VOL dokters en ingenieurs is van Zimbabwe!!

Tanya ·

Dit verstom my glad nie Johann Marx, daar is net een woord daarvoor… ANC. If you know what I mean?

Tanya ·

Kyk, as ek daardie gesig in die middel van die nag moet sien hardloop ek hierdie lang bene van my kort! Genoeg om enige iemand skrik op die lyf te jaag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.