Motsoeneng-verhoor hervat Woensdagaand

Hlaudi Motsoeneng. Argieffoto: news.iafrica.com

Die dissiplinêre verhoor van Hlaudi Motsoeneng, voormalige hoof bedryfsbeampte van die SAUK, begin Woensdagaand nadat hy ʼn saak in die arbeidshof verloor het om ʼn interdik te bekom om die uitsaaier te verhoed om hom te dissiplineer.

“Die arbeidshof het vandag om 14:00 die interdik van die hand gewys,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, in ʼn verklaring gesê. “Die voorsitter van die dissiplinêre verhoor het gesê die verhoor hervat vanaand om 18:00.”

Motsoeneng moet dissiplinêr verhoor word nadat hy op 19 April ʼn perskonferensie gehou het waarin hy die nuwe tussentydse raad aangeval het omdat hulle sy 90/10 plaaslikemusiek-beleid gekanselleer het.

Motsoeneng moet ook dissiplinêr verhoor word ná ʼn verslag van die openbare beskermer wat bevind het dat hy oor sy kwalifikasies gelieg het, personeel afgedank het en sy salaris buitensporig verhoog het tydens sy ampstermyn by Aucklandpark, die SAUK se hoofkantoor in Johannesburg.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het in Desember verlede jaar bevind dat Motsoeneng nie geskik is om enige amp te beklee totdat ʼn dissiplinêre verhoor hom onskuldig verklaar van enige oortredings nie, of indien ʼn hof die openbare beskermer se verslag tersyde stel.

Lees alle vorige berigte oor Hlaudi Motsoeneng op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pieter ellis ·

Hierdie man het n oorlewings patroon wat enige kat skaam sal laat kry.

Pieter ·

Die laaste sin van die berig, of die Kaapse Hof uitspraak, blyk foutief the wees.

Die Konstusionele Hof het bevestig die bevindinge en remediele uitsprake in enige verslag van die Publieke Beskermer is geheel en al bindend en verpligtend. Aansoek kan net binne ‘n beperkte tyd en spesifiek spesifiserend by die Konstitusionele Hof ingedien word om dit soos gespesifiseer te hersien. bv President Zuma het net gespesifiseer dis sy prerogratief om kommissies te bele asook om die voorsittende beampte aan te stel. Die PB het bevind die Hoofregter moet die voorsitter aanbeveel agv Zuma se Navy he I’d met die Gupta’s en/of ander genoemdes in die betrokke (State Capture) verslag. Konstitusionele Hof kan bv. beslis Hoofregter verkies wie die voorsitter moet wees en beslis Zuma moet onverwylt die persoon aanstel en dat enige bevindinge en/of verslag eerstens net aan die Hoofregter gelewer moet word om enige inmenging of blokeering te verhoed.

Frik ·

Eintlik lagwekkend hoe lank dit neem om finaliteit te bereik.. sê baie van die Sauk se direksie wat hulle laat lei het deur iemand wat nie eers skool kon klaarmaak nie.

Rasper ·

DIS NOU N MORS VAN TYD EN GELD…..HULLE DINK GLAD NIE GELD WAT WEER DIE LAND N FINANSIEELE KNOU GEE SO WORD GELD GEMORS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.