Motsoeneng vrygespreek op alle aanklagte

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, die omstrede SAUK-bedryfshoof, is Saterdagaand ná ʼn dissiplinêre verhoor vrygespreek op al die aanklagte teen hom.

Motsoeneng is verlede jaar permanent aangestel as die uitvoerende bedryfsbeampte van die SAUK, ondanks bevindings deur die openbare beskermer dat sy aanstelling onregmatig was, dat hy buitensporige salarisverhogings ontvang het en oor sy kwalifikasies gelieg het. Hy is verhoor op drie aanklagte, naamlik growwe oneerlikheid nadat hy valslik aangedui het dat hy wel matriek het, growwe wangedrag en misbruik van sy posisie.

James Selfe, die Demokratiese Alliansie (DA) se federale uitvoerende voorsitter, het gesê die party is nie verras oor die uitslag van die verhoor nie. “Motsoeneng se dissiplinêre verhoor is ontbloot as die poging tot verontskudiging wat ons altyd gedink het dit is,” het hy gesê.

“Hierdie uitslag kom ná die DA se aansoek waarin ons versoek het dat Motsoeneng geskors word hangende die uitslag van ʼn dissiplinêre ondersoek wat veronderstel was om onafhanklik, regverdig en omvattend te wees.” Hy het gesê die DA sal versoek om die afskrifte van die verhoor te sien en het versoek dat die uitspraak hersien word aangesien dit ʼn bespotting van die reg maak en totaal teenstrydig is met die openbare beskermer se verslag asook dié van Kaapstadse hooggeregshofregter Dennis Davis.

Selfe het gesê dat Motsoeneng skuld ontken het op al drie aanklagte teen hom en dat die voorsitter die aanklagte ter syde gestel het. Hy het beklemtoon dat die voorsitter van die dissiplinêre komitee eers ʼn week gelede aangestel is en dus nie homself van behoorlik van al die feite vergewis het nie.

“Die dissiplinêre verhoor is afgerammel. Sleutelgetuies is nie geroep of was nie beskikbaar om getuienis in verband met Motsoeneng se growwe wangedrag af te lê nie en [die verslag] van die openbare beskermer is nie behoorlik nagegaan nie, wat bisar is aangesien die openbare beskermer opdrag gegee het vir die dissiplinêre verhoor,” het hy gesê.

Volgens Selfe sal die DA nie die uitslag van die verhoor as regverdig of wetlik gegrond aanvaar nie en sal hulle verdere stappe doen. “Dit is verregaande dat enige voorsitter tot die gevolgtrekking kan kom dat mnr. Motsoeneng ʼn geskikte bedryfshoof is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Chrisjan ·

Die SABC is afhanklik van staatsgeld, advertensie geld en lisensie geld. Ek kan niks verander aan staatsgeld wat die klomp dwase uitdeel nie, maar ek sal van nou af my lisensiegeld weerhou en die adverteerdes boikot so ver moontlik. Ek sal nie ‘n verskil maak nie, maar as daar genoeg verset kom, kan ons die klomp sotte onttroon.

Peet Schabort ·

Chrisjan, in die 1990’s het ek as nie-lid saam met die Junior Rapportryers ook lisensiegeld weerhou. Hulle het die weerhouding gestaak en ek moes ook hoes toe ek heelwat later agtergekom het van wat aangaan. Dis een van apartheid se wette wat voortbestaan nl. die wegkruip agter daardie wet wat lees dat die Es Ei Bie Sie ‘n openbare uitsaaier is.
Mens moet dus jou bedmaat vertrou met ‘n weerhouding van geld.

Anton Coetzee ·

Goeie idea, as genoeg verbruikers dit doen kry ons dalk iets reg.

J.Z ·

Dit is nie n verrasing nie .ANC en ou JZ hou baie van die soort mense,hulle doen en dink presies soos hulle, een ding is n feit,die ANC en JZ regeer nie die land omdat hulle so slim is nie,maar wel omdat hulle so baie is en korrupheid like.

AmY ·

Die dwaas se dag sal nog kom. Dan sal nie eens sy ma hom kan help nie.

Johann ·

Dit maak nie saak wie wat se nie die dinge het gekom om te bly dit stoomrol en snowball net soos dit wil en die gemors plak net aan en aan, dit word groter en groter todat die mense hulle self gaan toe rol in hulle eie gemors dan lag die laaste ou die lekkerste vir die Hansworse

lizette ·

Ek dink wat in die meeste van ons mense se koppe aangaan is hoe vry en regverdig volgende jaar se verkiesing sal gaan, alles gaan nou vínnig verkeerd, Zuma gee nie eers meer voor om voor te gee nie. Is daar nog enige hoop?

Pieter ·

Vir enige een wat die verhoor op TV gevolg het moes dit duidelik gewees het dat die SABC se regsverteenwoordiger nie net onvoorbereid was nie maar ook onbekwaam. Die Voorsitter moes telkens die vrae wat hy gestel het probeer verduidelik omdat niemand om daardie tafel die arme regsverteenwoordiger se onsamehangende vrae kon verstaan nie. Ek verstaan dat hy eers Sondag aangestel is nadat die eerste regsverteenwoordiger onttrek het. ‘n Strategiese onttrekking? Het die sweep uit Lethuli huis geklap? Met so ‘n patetiese SABC regsverteenwoordiger is ek gladnie verbaas oor die uitslag nie.

Pieter.v ·

Jy kan net nie wen nie ,hulle lieg , bedrieg en ontken alles hulle pleeg bedrog en steel van die belasting betaler ,as jy jouself n vehoging van agthonderd duisend rand gee steel jy.Motsoeneng het het sy onkunde en onnoselheid op” Robinson regstreeks” ten toon gestel waar Tim Du Plesis ook deel geneem het ,Motsoeneng kon net sowel saam met die graad O`s waar hy nie sy matriek sertifikaat gekry het nie gaan speel het.Nog nooit soveel sotheid en onkunde gehoor nie.

jean ·

Dit is hoekom afrika is waar hy is. Jip tv liksens geld betaal vir wat ??sodat narre soos die op die soustrein kan ry…aikona wena voetsek..

anna ·

daardie oe verklap hy is so skelm as wat hulle kom. pas mooi in by die res van die gemors.

Dee ·

Waaroor komkommer julle juself so? Daar is immers wigte en teenwigte op op staat te maak.

Theo ·

Dit het FW ook al in die verlede gese, waar is hy nou???? Dalk Griekeland.

Dan ·

Ja hulle was natuurlik almal sy tjommies, n paar van hulle nogal blankes kan jy glo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.