Moyane loop ʼn bloutjie in grondwethof

Tom Moyane luister na getuienis voor die Nugent-kommissie van ondersoek na die SAID. Foto: ANA

Die konstitusionele hof het Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se aansoek dat die Nugent-kommissie van ondersoek opgeskort word van die hand gewys.

Volgens die uitspraak het Moyane versuim om gronde vas te stel oor hoekom dié hof die aansoek moes aanhoor. Die hof het gesê Moyane het nie ander kanale tot sy beskikking gebruik voor hy die konstitusionele hof genader het nie.

Moyane het die aansoek ingedien dat die kommissie van ondersoek onwettig verklaar moes word nadat pres. Cyril Ramaphosa aanbevelings van die kommissie dat Moyane afgedank moet word, aanvaar het.

Oudpres. Jacob Zuma het Moyane se aansoek gesteun en gesê hy het nooit beoog dat die kommissie van ondersoek indiensnemingskwessies of die dienskontrakte van individuele werknemers moes hanteer nie.

Moyane hou vol dat hy niks verkeerds gedoen het nie en meen hy was die suksesvolste kommissaris in die demokratiese geskiedenis van die land.

Ramaphosa het Moyane begin November in die pad gesteek. Mark Kingon is as waarnemende kommissaris aangestel.

Moyane het intussen al talle kere met regstappe gedreig. Hy het onder meer beswaar gemaak teen die kommissie van ondersoek én ʼn aparte dissiplinêre proses. Hy beweer ook hy word benadeel omdat hy by twee parallelle prosesse ingesleep word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gatvol ·

JZ ondersteun sy aansoek. Hoekom? Ek ruik iets wat nie lekker is nie. Wat wil hulle nie laat openbaar nie.

Cor ·

Wow kry ek sommer nou amper respek vir die grondwet hof. Mnr Monyane het gedink hy is onaantasbaar en grondwet hof sal hom terwille wees as hy ook nog n brief van Zuma saam stuur. Tot die grondwet hof is uitgekuier vir die staatskaapers

Wessel ·

Laat hom al sy streke met hofsake beveg Binnekort sal sy fonteintjie leegloop en niemand sal weer van hom hoor nie

Alida ·

Hopenlik beslis die Hof dat hy sy eie kostes uit sy sak betaal. Vat jou pak soos n man en gaan weg.

Pieterv ·

Dit is nog nie die laaste hoor van díe man nie. Zuma sal al sy voetsoenners so saam met hom sleep van hof tot hof. Tyd is aan hulle kant en solank onse prezzi eenheid binne die All None Compliant bó landbelang stel, sal daar altyd nóg n skuiwergat wees.

Johan H. ·

Die suksesvolste kommisaris hajahahahah. Waar het hulle die hoe dink van hulself gekry. ?? Nes ou rooie oog van julle esybiesie. Bewaar ons.

Petro ·

Boohoo.. Vat jou pie en waai. Hou op ons howe besig hou met nonsens!

Elene ·

Dit is vir my verstommend dat jy weet jy het verkeerde besluite gemaak en die land miljarde rande gekos het maar bly vasbyt dat jy niks verkeerd gedoen het nie. Regtig mnr Mouane!!!?

PJC ·

Ek kon nog nie uitvind of hierdie ou net onnosel of erg arrogant is of dalk beide nie.

Ja Nee ·

Die man is verblind deur al sy dade tot op die plek waar arrogansie deur hom skyn en die lee dop vir ons almal wys vir wie hy werklik is.

Ongeloof ·

Nou sal hy seker wereldhof toe gaan omdat hy nie hier reg kom nie…arrogansie!

Alida ·

Vat jou goed en trek want as jy al die kostes moet betaal gaan jy tuinwerk doen op die end.

Nettie ·

Al wanneer ons finaal van Zuma EN Moyane, asook al die and korrupte ANC-kaders wat nou oor die afgelope jaar so uitgewys word, soos ou Ace Maghashule ook – is wanneer iemand die arme belastingbetaler ‘n gróót guns doen, en dit is om ‘n koeël op sekere strategiese plekke te plaas …………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.