‘Moyane sal na Inkomstediens terugkeer’

Eric Mabuza en Tom Moyane. Foto: ANA

Tom Moyane, die geskorste hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat homself te midde twee ondersoeke bevind, het aangedui hy sal terugkeer na die SAID as hy onskuldig bevind word.

“Hy is ʼn staatsamptenaar en is bereid om te dien. Hy sal na die Inkomstediens terugkeer as hy onskuldig bevind word,” het Eric Mabuza, Moyane se prokureur, Maandag tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg aan verslaggewers gesê.

Mabuza het namens ʼn Moyane, wat tydens die geleentheid nie ʼn woord gesê het nie, die media toegespreek.

Mabuza het gesê sy kliënt was “gelukkig” met die jongste terugvoer van pres. Cyril Ramaphosa rakende Moyane se besware teen die twee ondersoeke. In sy terugvoer het Ramaphosa aan Moyane gesê die president sal wag vir die uitkoms van die tugverhoor, onder voorsitterskap van adv. Azhar Bham, waarin alle besware oor beweerde onbillikheid aandag sal geniet.

“Die president wil die insae van adv. Bham oor die kwessies hê voordat ʼn besluit oor u kliënt se eise gemaak gaan word,” het Ramaphosa skriftelik op Mabuza se besware geantwoord. Mabuza versoek onder meer dat die SAID-ondersoek gestaak moet word.

Mabuza het gesê dié terugvoer is die “mees beslissende ding” wat Ramaphosa in die SAID-sage gedoen het en daar was geen rede om die howe te nader nie.

Mabuza het voorts gesê Moyane betaal sy eie regsonkoste nadat Ramaphosa Moyane se versoek van die hand gewys het om belastingbetalers se geld daarvoor te gebruik.

“Hy staan steeds sterk soos julle kan sien. Hy betaal sy regsonkoste en gaan voort met sy verdediging.”

Moyane se tugverhoor begin op 21 Julie terwyl afgetrede regter Robert Nugent se kommissie van ondersoek oor die administrasie van die SAID sy werk in Augustus voorsit.

Moyane wou nie op vrae reageer oor hoe die voortdurende SAID-sage hom persoonlik raak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vryheid ·

As Tom Moyane onskuldig bevind word – weet ek verseker sonder enige twyfel dat daar geen meer hoop vir SA nie.

Andrea van Vuren ·

Jy praat die waarste waarheid. Moyani gaan ons vernietig!

chris hughes ·

natuurlik sal hy vra dat die ondersoek laat vaar word,SARS het n “onder-wereld”wat ons net die piek van die ysberg sien,moyane sal sy regskoates wel terug kry met n paar rand ekstra vir die ongerief,ons weet al te goed wat gaan gebeur,korupsie,bedrog,onetiese gedrag,omkopery,toe smeerdery seefier.

FPVZ ·

Die grootste diewe maak die meeste geraas. Sy bron van onregmatige inkomste word afgesny. As hy en die ANC weer ons burgers gaan terroriseer in 2019 gaan ek nooit weer sent belasting betaal nie. Wat ek wou se sal dalk nie vir sensitiewe kykers aanvaarbaar wees nie

Verstom ·

En Moyane reken hy sal onskuldig bevind word, ná al die verdoemende getuienisse teen hom. Die land bevind homself in ‘n tsoenami van leuens, bedrog, diefstal en leuens. Gaan dit ooit ophou?

cheryl ·

Wat ‘n sirkus. Of nee, dis nie ‘n sirkus nie want in ‘n regte sirkus weet die narre wat om te doen. Eish! Die wereld lag vir SA.

Wilma ·

Ek sal nooit ongelukkig wees om ondersoek te word en ek weet eks onskuldig ni. Monyane bang vi die waarheid dalk. Hahaha

John ·

Afdreigings is aan die orde van die dag. Oppas waar jy teedrink of jou motor diens… Jy gaan betaal. Zuma het ‘n dik le-er oor al sy maatjies… vreemd dat rekenaars met private inligting van tot regters ingewin is. Deur wie? Miskien moet Tommy ook ‘n snorretjie groei. Dit sal hom soos sy handskoene pas.

Spike ·

Hy sal onskuldig bevind word. Afrika glo nie in rasionaliteit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.