Moyane wil afdanking laat omkeer

Tom Moyane luister na getuienis voor die Nugent-kommissie van ondersoek na die SAID. Foto: ANA

Tom Moyane, voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se regsverteenwoordigers het pres. Cyril Ramaphosa versoek om die besluit om Moyane af te dank om te keer.

Moyane se regsverteenwoordigers het Ramaphosa skriftelik versoek om die besluit teen Vrydag om te keer of regstappe die hoof te bied. In die brief word Ramaphosa versoek om die status quo te herstel, naamlik dat Moyane met volle betaling geskors is hangende die uitkoms van die dissiplinêre ondersoek teen hom.

“Indien u versuim om voor of op Vrydag 9 November om 12:00 hierop te reageer, is ons opdrag om met dringende hofaksie voort te gaan en aansoeke in te dien om onder meer u voormelde gedrag as irrasioneel, onwettig en ongeldig te verklaar.”

Moyane se regsverteenwoordigers dreig ook om ʼn interdik te bekom om Ramaphosa te verhoed om enige aanbevelings van die Nugent-kommissie te ontvang of te aanvaar hangende die uitkoms van ʼn aansoek in die konstitusionele hof.

Ramaphosa word voorts gewaarsku om nie ʼn plaasvervanger vir Moyane aan te stel nie. Die hofaksies tussen Ramaphosa en Moyane het begin nadat die president ʼn kommissie van ondersoek, onder leiding van afgetrede regter Robert Nugent, aangestel het om die SAID se sake te bekyk.

Moyane het beswaar gemaak teen die ondersoek én ʼn aparte dissiplinêre proses, asook beweer hy word benadeel omdat hy by twee parallelle prosesse ingesleep word.

Ramaphosa het in ʼn brief aan Moyane gesê die kommissie se voorlopige verslag skets ʼn kommerwekkende prentjie van die huidige stand van die SAID en die roekelose wanbestuur wat Moyane se ampstermyn as kommissaris gekenmerk het.

Moyane het hom tot die konstitusionele hof gewend om die wettigheid van die Nugent-kommissie teen te staan.

Ramaphosa het Moyane Donderdag afgedank en Mark Kingon is as waarnemende kommissaris aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahahaha….en hier kry ou CR te doen met sy eie “wetgewing”. Weet jy hoekom het hierdie land so ‘n hemelhoë werkloosheids-syfer? Juis hieroor…………jy stel niemand aan nie, want jy kry nie weer van die useless individu ontslae geraak nie. Ek sluit liewer my deure as om “wettig” my besigheid te verloor…………gaan sit op die sypaadjie by die NG Kerk se sopkombuis….

Parlement ·

Die bietjie wat Mark Kingon nou weer reg kry, wil Tommie nou ook weer kom vat.

D B ·

Hierdie liewe mense, is die houding van die meerderheid van die bevolking…”ek is onbevoeg, maak myself skulde aan allerhande ongeoorloofde dinge, maar sal nooit as ter nimmer loop nie, want hierdie is my land en ek het baklei vir hom”.

Wat ‘n grap. Geen wonder die kinders maak en breek soos hulle wil op skool nie, want kyk watse voorbeeld word daar vir hulle gestel…ek is verhewe bo alle geregtigheid, ek dryg selfs die land se president, want hoe meer “skelm” ek is, hoe meer regte het ek…welkom in Afrika.

BJ Vorster ·

Ek stem een honderd persent met jou saam!
Jacob Zuma glo tot vandag toe nog dat hy niks verkeerd gedoen het nie – maar toe hy besef het hy gaan al sy voordele verloor as hy gedurende word, het hy maar blitsig gou bedank!

Andrea van Vuren ·

Dit gaan als oor die vet salaris en magsbeheptheid. Gigaba gaan dieselfde pad loop!

Twakkie ·

Ons realiteit: die staatsdiens is een enorme liefdadigheidsorganisasie vir oud-stryders in die struggle. Geeneen het enige bruikbare kwalifikasies om enige “regte werk” te doen nie. Die miljoene wat elken van hulle “verdien”, hou maandeliks ‘n uitgebreide familie aan die gang. Hulle spaar niks, belê niks, dit word net opgebruik. Stop dit en dis dadelik nag vir die hele familie. Dikvellig om te oorleef. Mens weet nie of jy moet lag of huil nie.

Irma ·

Né ! Nog bietjie “gravy train” ry. Geen trots nie, net geld en mag najaag.

BJ Vorster ·

Ek stem een honderd persent met jou saam!
Jacob Zuma glo tot vandag toe nog dat hy niks verkeerd gedoen het nie – maar toe hy besef het hy gaan al sy voordele verloor as hy gedurende word, het hy maar blitsig gou bedank!

Ralph ·

Watse prokeurfirma kan so naief wees en so ‘ n skêlm wil bevoordeel. Of is dit nou weer n gulsige prokurower?. Wel ek hoop hy sal self vir sy regskoste betaal aangesien hyself die skade gedoen het met sy arrogansie en streke.

Gert ·

Hy jammer gekry word want waar gaan hy nou sy hoe lewenstyl finansier. Hy weet niemand wil hom werk gee nie.

Foxi ·

Hulle sal dit nooit kan aanvaar dat hulle, hul ‘paypackets’ gaan verloor nie! Tot die bittere einde sal hul veg vir hul rykdom en WIE betaal daarvoor? Die man in die straat.

zoom zoom ·

Ai Tommy bedank soos jou vriend Mollefi van eskom en gaan werk dan by die SA Lugmag. Dan kan jy verder plunder en ook kry jy klere verniet. Wat van ‘m generaals pos in die Suid-Afrikaanse Polisie SIRKUS.

ne ·

Kom CR hy daag jou uit. Kyk of julle nog steeds van hom kan ontslae raak. Wys vir ons of jy by jou besluite kan bly. In SA ontken jy net skuld en dan is jy onskuldig! Kyk maar na JZ

PPP ·

Genoeg geld by mekaar gamaak vir die hof geding, o ek is het nie gedink nie die staat gaan vir die hof saak betaal. Hy het mos niks verkeerd gedoen ,was in sy uitvoering van sy pligte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.