Moyane wil Gordhan voor kommissie pak

Tom Moyane (Foto: Sizwe Ndingane/ANA)

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping sal Woensdag ʼn aansoek deur Tom Moyane, die afgedankte hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), aanhoor om Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, te kruisondervra.

Gordhan staan die aansoek teen op grond daarvan dat hy glo Moyane die EFF se politieke veldtog teen hom bevorder.

Gordhan se besluit het wydverspreide kritiek op sosiale media ontlok en die minister word daarvan beskuldig dat hy glo “anders behandel wil word” as die ander getuies wat voor die kommissie verskyn het.

Gordhan en die EFF-leierskap is sedert verlede jaar slaags en het reeds kriminele aanklagte teen mekaar gelê. Dít volg nadat dié party Gordhan van korrupsie beskuldig het.

Die EFF het sy protes teen Gordhan in November verlede jaar na die kommissie van ondersoek na staatskaping geneem. Die party het die minister se bedanking versoek en die EFF-leier, Julius Malema, het selfs so ver gegaan om die minister ’n “hond” in diens van besighede wat in wit besit is, te noem.

Gordhan het in reaksie die gelykheidshof genader om te bepaal of Malema se uitsprake teen hom as haatspraak uitgemaak kon word. Gordhan het ’n verskoning asook skadevergoeding van R150 000 van die EFF-leier asook sy adjunk, Floyd Shivambu, versoek.

Die minister het in sy getuienis aan die Zondo-kommissie gesê dat oudpres. Jacob Zuma destyds vasberade was om vir Moyane as kommissaris van die SAID aan te stel en raad oor beter kandidate vir dié amp bloot geïgnoreer het.

Zuma het Moyane in 2013 aangestel om Oupa Magashula te vervang wat bedank het ná ’n opname aan die lig gekom het waarin hy ’n toppos by die SAID aan ʼn jong vrou belowe het.

Gordhan het aan die kommissie gesê dat Zuma destyds haastig was om dié aanstelling te maak en geen ander kandidate as Moyane oorweeg het nie.

Die Nugent-kommissie wat ondersoek ingestel het na die bestuur- strukturele mislukkings by die SAID verlede jaar, het bevind Moyane was roekeloos in sy bestuur van die Inkomstediens.

Moyane, wat hangende die ondersoek geskors is, is op aanbeveling van die kommissie deur president Cyril Ramaphosa afgedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Skroef ·

Dat n AANGEKLAAGDE kan eis om aanklaers en of getuies te ondervra.

Genieve ·

Is hy dan nie geskors nie wat soek hom nog op die paneel yoh die mense het regtig nie n vel oor hulle gesig nie.

John ·

Ons dog die saak was reeds op appèl maar hierdie karate-skopper wil nou in ‘n bekgeveg betrokke raak. Is dit nou die nuwe manier van boshowe wat in die land oorneem. Tom wil weer ons finansies bestuur… dit was darem net te lekker so in die grot vol skatte en al wat nodig is is ‘sesame’ en daarna skep jy. Die Sonde-kommissie moet nou almal weer seèn en daar gaan ons weer…

Irma ·

Ag siestog Moyane. Lyk of die man met ‘n erge geval van nardisme sukkel. Ek kry eintlik skaam vir sy part. Hoe verhewe dink die man is hy?

John ·

Ons dog die saak was reeds op appèl maar hierdie karate-skopper wil nou in ‘n bekgeveg betrokke raak. Is dit nou die nuwe manier van boshowe wat in die land oorneem. Tom wil weer ons finansies bestuur… dit was darem net te lekker so in die grot vol skatte en al wat nodig is is ‘sesame’ en daarna skep jy. Die Sonde-kommissie moet nou almal weer seèn en daar gaan ons weer…

Robert ·

Koop tog net vir die man ‘n pak tissues en doeke – lekker goedkoop by dischem. Dis al wat hy vra julle verstaan nie mooi nie – ha ha ha :-)

Hasie ·

Moyane het regtig ‘n probleem, moet hy nie dalk verwys word nie, vra maar net.

Johann ·

ANC ZUMAIKIE ARROGANSIE! Jy verwoes RSA sr inkomstedienste, word GEFIRE,en ran wil jy jou gesig by n kommisie wys waar jy NOG meer bllotgestel word oor wanneer jy wat waar gevat en laat vat het? SHAME IN YOU

Johanna Botha ·

O PLEASE GO ! Die man hang rond soos n slegte reuk !

Jurie ·

Dit sal baie interresant wees watse vuil wasgoed hier uitkom,onthou die ANC/kaderontplooiing is hier onder die vergrootglas.

George in Bloem ·

My jinne tog. Ek kan nie glo ‘n hoogs intelligente man soos Mnr Ghordan weet nou nog nie dat die ANC en die EFF maar eintluk voels van enerse vere is nie? Ne?

Dries du Toit ·

Ek wil nie snaaks wees nie maar hoekom lyk party mense baie naby aanmekaar. Moyani, Gigaba en Motsoneng. Is hulle familie

Hennie ·

En weereens bly Zuma onaantasbaar… Wonder nogal hoekom, ou Chirrel?

Riaan ·

Wie ” bankroll” die ou?

Selfs met sy helse salarisse en “ander” inkomste moet iemand help.

Rooi brigade se pressie is nie goedkoop nie!

Gert van Wierdapark ·

Hy was, /is een van die vorige pres se regterhande in die “stryd om alles te kaap wat nie in die Wes-Kaap is nie! Om SARS in n japtrap in die grond in te bestuur, sit nie in elke” Tom, Dick of Harry se broek nie! Die EFF steun hom om hul aandeel in VBS te versag en om min Gordhan te probeer bykom! Gee vir Tom ‘n joppie in die Groot Tent in die Kaap, dalk verras hy vriend en vyand!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.