Mpuma-boer jaag self om hulp te kry ná skietery

Argieffoto

Argieffoto

George Brits (77), ʼn boer van Grootvlei in Mpumalanga, is in die waakeenheid van ʼn hospitaal nadat hy Sondagmiddag deur twee rowers geskiet is.

Brits en sy vrou het met hul bakkie gery om na die skape te gaan omsien. “Twee jong mans, vermoedelik in hul 20’s, het die egpaar by die plaashek ingewag toe hulle teruggekeer het,” het ao. André van der Lith, ʼn woordvoerder van die polisie, Maandag aan Maroela Media gesê.

Die mans het die egpaar met ʼn skroewedraaier gedreig. Brits het sy vuurwapen by hom gehad, maar dit is tydens ʼn struweling by hom afgeneem. Een van die aanvallers het die vrou glo tydens die aanval op haar hand gebyt.

Die mans het geld geëis, maar omdat Brits nie kontant by hom gehad nie, het die aanvallers hom gedwing om na sy plaashuis te ry. Hulle het agterop die bakkie gesit en die vuurwapen op hom gerig gehou.

“Brits het vermoedelik probeer jaag om hulp te ontbied,” het Van der Lith gesê. “Een van die aanvallers het gesien hy ry verby die afdraai na sy plaashuis en het op hom gevuur.” Brits is drie keer getref, maar het steeds bly bestuur. Hy het later spoed verminder toe hy naby die teerpad kom, en die twee mans het van die bakkie af gespring en met sy vuurwapen gevlug.

Brits het na ʼn vriend se huis gejaag waar paramedici hom behandel het. Hy is later na die Unie-hospitaal in Alberton geneem.

Die Grootvlei-polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kelly ·

These attacks are not focused on the farmers alone, but their wives and families as well.
If the wife was carry a firearm, she could have surprised them and in the process helped her husband.
A lot of our farm women are complacent and leave the ‘protection’ to the men. What a HUGE burden!
Get up, wake up and show your spunk. Life expectancy for farmers are measured in days.
Father, forgive them not, for they know what they have done.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.