Mpuma-eenheid binne 5 jaar beskikbaar, sê Eskom

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Eenheid by die Duvha-kragstasie in Mpumalanga wat al sedert Maart 2014 afgeskakel is ná ʼn drukketel oopgebars het, sal in 2019/20 weer beskikbaar wees, het Eskom Saterdag gesê.

Die land se kragnetwerk het ʼn verlies gely ná die voorval, aangesien die eenheid 575 MW tot die nasionale netwerk bygedra het.

“Eskom se herstelprogram duur voort en na verwagting sal Eenheid 3 weer in die 2019/20 finansiële jaar ten volle herstel wees,” het die kragvoorsiener gesê. “Die drukketel moet vervang word, maar tegnologieassessering en onsekerheid oor die koste het vordering verhinder.”

Eskom het gesê meeste van die land se elektrisiteit word deur termiese kragstasies opgewek wat deur steenkool aangedryf word. “Meeste van hierdie steenkoolkragstasies het ses opwekkingseenhede. Elke eenheid het ʼn drukketel, ʼn turbine wat ʼn kragopwekker en beheer- en aanvullende ondersteuningstelsels aandryf. Hierdie drukketels kan tot so hoog wees soos ʼn 35 verdieping hoë kantoorblok. ʼn Voorgestelde belegging- en handelsproses sal aan die Eskom-komitees voorgelê word vir ʼn besluit oor Duvha se Eenheid 3.”

Eskom het bygevoeg die kragnetwerk is tans stabiel en geen beurtkrag word verwag nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek sal graag die verlies aan inkomste vir Eskom wil sien nadat hulle ons gehamer het met beurtkrag weens hul swak bestuur van die besigheid . Duisende Suid Afrikaners het reeds begin om alternatiewe planne met elktrisiteit te maak. Sommiges is totaal af van die grid af en sommiges gedeeltelik.

Peet Schabort ·

Wonder maar net hoe lank dit die Israelies sou gevat het om die spulletjie weer op dreef te kry?

Jaco Grobler ·

Kommerwekkend. Noord-oos van ons bou ‘n land wat byna geen noemenswaardige tegniese opleidings instansies het nie, en vir 15 jaar in oorlog was ‘n kompleet 600MW stasie in 3 jaar…..

christo ·

Volgens stories wat hier in Belhal-Witbank rondloop is die eenheid beskadig omdat die eenheid nie rotine onderhoud gehad het nie en daarom wou die assuransie glo nie die skade vergoed nie ,dus was daar nie geld vir herstelwerk nie en is daarmee nog nie begin nie . Fotos in my besit kan nie na enige Eskom werkers ge e-mail word nie.Daar is glo deur Eskom vsrsending verhoed.Gewoondelik is daar altyd n vuurtjie waar daar n rook trek. Lieg Eskom weer vir die publiek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.