Mpuma-inwoners lank sonder water

Argieffoto

Argieffoto

Inwoners van Kriel in Mpumalanga gaan van Maandag tot 9 Maart sonder water moet klaarkom wee

ns ʼn treinspoor wat vir die Majuba-kragstasie aangelê word.

Inwoners van Thubelihle word ook hierdeur geraak, volgens die plaaslike Emalahleni-munisipaliteit se webwerf.

“Eskom bou ʼn treinspoor tussen Ermelo en die Majuba-kragstasie,” het Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, gesê. “Die spoorlyn steek ʼn waterpyp tussen die Rietspruit-opgaartenk en Davel oor.”

Volgens Ratau sal die pyplyn op daardie punt afgesny en herlei moet word. Dit bied ook die geleentheid om instandhoudingswerk op die pyplyn te doen.

Die munisipaliteit sal die inwoners in kennis stel waar hulle water kan oplaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

HEVW ·

Baie jammer vir julle. Ek weet goed die onsaglike ongerief wat dit sal meebring. Nie net drinkwater nie, maar ook toilette wat nie spoel nie en wasmasjiene wat nie gebruik kan word nie. Vertroetelde plandjies wat sal vrek,ens,ens.

Cindy ·

Lydenburg was verlede week vir 5 dae sonder water, dit is verskriklike wat maak jy nou as jy nie water het om te bad, of drink of toilette te spoel nie…

Danie Meyer ·

Ek sal graag wil weet met wie kan jy praat om agter die waarheid te kom hoekom die sewerage Plant naby Kriel nog nie inwerking is nie. Dit is ons belasting betalers se geld wat hier gemors word.

Hendrik ·

Kom ons kyk na die groter prentjie. ‘n Spoorlyn word gebou na die Majuba kragstasie. Die paaie in die omgewing gaan nou nie uitgetrap word deur die steenkool vragmotors nie met voltooing van die spoorlyn. Dit is vooruitgang.. Ek weet dit is ongerieflik om nie water te kry nie maar daar is ‘n reeling om water te verskaf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.