Mpuma-ma skuldig aan driejarige se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ma van Mpumalanga wat haar driejarige seuntjie só erg aangerand het dat sy lewer gebars het, is Maandag in Nelspruit skuldig bevind aan sy moord.

Mawanda Nokwanda Matsebula (23) van Barberton is skuldig bevind aan kinderverwaarlosing en moord, het ʼn Sapa-korrespondent berig. Sy is in Oktober 2010 in hegtenis geneem ná Siphosethu Mhlanga se dood.

Matsebula het onskuldig gepleit en haar ma Kholiwe Mhlanga, wat in Swaziland bly, en haar verhuurder, Netty Mavuso, beskuldig van die moord.

Regter Peter Mabuse het Maandag gesê die seuntjie is dood as gevolg van bloedverlies weens sy beserings. “Dr. Gantcho Prodanov Gantchev, ʼn staatspatoloog, het getuig dat die kind aan verskeie beserings beswyk het. Hy het skedel- en ribfrakture gehad en breinskade opgedoen tydens die aanranding,” het Mabuse verduidelik. “Dit was óf ʼn skop óf ʼn vuishou wat daartoe gelei het dat sy lewer gebars en hy dood gebloei het.”

Foto’s wat tydens die hofsaak vertoon is, het die skop- en slaanmerke gewys.

Die seuntjie is moontlik ook met ʼn sambok of ʼn tou geslaan.

“Hy sou nie langer as vier ure bly leef het ná die aanval op 6 Oktober 2010 nie.”

Mavuso, wat die kamer aan Matsebula verhuur het, het getuig dat die ma die seuntjie alleen in die huis toegesluit het terwyl sy haar salon in die gebied bedryf het. “Die seuntjie het homself bevuil wanneer hy alleen was, en dit is een van die redes waarom sy hom aangerand het,” het Mavuso gesê. Sy het op die dag van die seuntjie se afsterwe harde musiek uit die kamer gehoor en die beskuldigde het haar later kom roep om te sê die seuntjie gooi op. Hy het op die vloer gelê met ʼn kombers langs hom toe hulle by die kamer aangekom het. ʼn Verpleegster is ontbied en die seuntjie is dood verklaar.

Volgens Matsebula het die seuntjie van ʼn sekuriteitshek afgeval en hy het van Swaziland af teruggekom met die beserings. Mabuse het dié bewerings verwerp.

Matsebula moet weer op 19 Januarie in die hof verskyn vir ʼn voorvonnisverslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

bernard ·

ek hoop sy kry lewenslank tronkstraf en gooi die sleutels weg!

SNEL ·

Dis die persoon wat vir hom moes omgee en versorg, by wie hy moes veilig voel, hoe wreed kan mens wees om dit aan jou eie of enige kind te doen. Daar moet plekke wees waar ouers wat so teen n muur vasgedruk voel hulle kinders kan gaan aflaai, sonder verwyte of enige iets, dit sal baie kinder lewens spaar, en as daar is; weet die mense nie daarvan nie, kry dan advertensieveldtogte aan die gang. Hoeveel kinders kry mens nie op ashope of soos daai ander twee maande oue baba dogtertjie in n emmer water nie, sulke goed kan gekeer word as ouers of n ma wat net nie meer verder kan nie haar kind iewers kan gaan gee en ja, dis nie n rede vir moord nie, maar in meeste van die gevalle is dit net n feit dat hulle nie meer logies dink nie en dinge doen wat hulle nooit sou wou doen of bedoel het nie. Hulle koppe hak uit, en nêrens is daar hulp nie. Die vrou moes ook nooit n ma geword het nie, hoe kan jy so klein kindjie slaan omdat jy hom toesluit die hele dag en omdat hy hom dan “vuil” gemaak het. So kind soek liefde en aandag en iemand om hulle die hele dag. Mens se hart skeur in stukke om te dink die vrees en angs waardeer daardie kindjie moes gaan om nie eers van sy pyn en lyding te praat nie.Tronkstraf is te n maklike uitkoms vir haar.

Leeutjie ·

Snel, ek stem 100%. Die wereld het boos geword en daar wag ‘n baie slegte tyd vir haar as sy haar gesig op straat wys of die “kop” (breinloos) die dag moet neerle! Hierdie tipe dinge wat aan ‘n klein onskuldige kindjie gedoen word is vir my verskriklik… As ek in so ‘n situasie kom waar ‘n kind aangerand of doodgemaak word gaan ek myself verloor en self in die tronk beland vir moord!

Vliegie ·

Weereens gaan dit my verstand te bowe dat daar iemand was wat geweet het die kind word mishandel en daar was niks aan gedoen nie, die huurder moes as medebeskuldigde aangekla gewees het, hoe kan jy toekyk as so iets met n kind gebeur!. Nee wat sit daardie vrou voor n vuurpaleton.

minke ·

watter siek wereld leef ons nie, Hoe ‘n ma so iets kan doen is verby onmenslikheid sy moet behandel word soos sy hom behandel word. sy moet mal wees.

paddatjie ·

ek dink almal mak mistake en dat ons ook as aners uit moet leer want x dink di e babatjie het nog sy toekoms voor hom en sy doen sulke goede dit mak my laat kwaad raak ma x weat almal maak mistake en mag j eendag jw lewe verander god is lief vjw

paddatjie ·

ek dink almal mak mistake en dat ons ook as aners uit moet leer want x dink di e babatjie het nog sy toekoms voor hom en sy doen sulke goede dit mak my laat kwaad raak ma x weat almal maak mistake en mag j eendag jw lewe verander god is lief vjw

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.