Vier persone is dood en vyf is beseer na ʼn trompop botsing op die N11 in Hendrina, Mpumalanga.
“Die ongeluk het sowat 30 km buite Middelburg plaasgevind,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Vier persone was in die wrakke vasgekeer.”
Drie persone, waaronder ʼn kind, het reeds aan hul beserings beswyk.
“Die ander persone is op die toneel ondersoek en behandel voordat hulle na die hospitaal geneem is,” ht Bodasing bygevoeg.
Owerhede was op die toneel.